Waarvoor is jy gatvol?

Post Reply
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by andre007 »

....... om te wag vir S365 ::) Ek hoor hulle het darem Maandag geblik. Hulle het darem die keer 2 batches gemeng. Dit gaan egter eers versend word as S355 gefinaliseer en geblik is :o Dit lyk of dit innie volgende 2 weke kan wees.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Steyr270
Full Member
Full Member
Posts: 233
Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Steyr270 »

Ek is gatvol vir mense wat net eenvoudig altyd beterwetend is.
Gatvol vir mense wat n binnebraai het en my kom vertel dit ruik glad nie na rook of stroois ooit nie....pppfff
Gatvol vir mense wat n ellelange wildsresepu aan my wil 'verkoop'...kwit......as dit so ingewikkeld om iets eetbaar te kry/maak is dan moet jy mos weet die vleis is nie vir menslike gebruik nie.....koop bees lol
.270 Steyr Mannlicher Luxus

Ek weet nie so ek vra maar...
User avatar
Steppenwolf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Steppenwolf »

Gatvol vir: Slegte/swak diens
De M@eR in: Windgatte en idiots wat met hulle "dubbel cabs" en mini busse op my gat ry!
Gatvoel en de M@eR in: mors jorse!
"the more I practice, the luckier I get'
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Swede »

Advertensies wat lei.........whatasppp my vir prentjies!

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Carl »

Steppenwolf wrote:Gatvol vir:De M@eR in: Windgatte en idiots wat met hulle "dubbel cabs"
'n Klip in die bos, het hierdie D/C 'n klomp plastiese aanpaksels wat dit nog groter en "gevaarlik" laat lyk :P ?
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by PWV »

Steppenwolf wrote:Gatvol vir: Slegte/swak diens
De M@eR in: Windgatte en idiots wat met hulle "dubbel cabs" en mini busse op my gat ry!
Gatvoel en de M@eR in: mors jorse!
Smaak my jy is nie eintlik dik van die lag nie! ++>: ++>:
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Wouter Roets »

Carl wrote:
Steppenwolf wrote:Gatvol vir:De M@eR in: Windgatte en idiots wat met hulle "dubbel cabs"
'n Klip in die bos, het hierdie D/C 'n klomp plastiese aanpaksels wat dit nog groter en "gevaarlik" laat lyk :P ?
Charl daai sal net van toepassing in dorpsgebiede wees op daai lorries. Op die langpad sal hulle op geen voertuig se gat kan sit nie, behalwe as hulle gesleep word.

Groetnis
Wout
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Capt. Yoda »

As daai wildtrack sy raptop kit op kry is honde los, kyk en as die man nog n skietrak op sit vir daai een keer n jaar wat hy by die skiet baan uit kom ry daai wae dam nou eers lekker op die N1. Ek het gister langs so nommer by die winkel gestop, die kerel stop somer so skuins oor 2 parkeer plekke maar ek dink dis omdat die trit so klein is dat hy nie eers oor sy dash kan sien nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by jankraay »

Capt. Oblivious wrote:As daai wildtrack sy raptop kit op kry is honde los, kyk en as die man nog n skietrak op sit vir daai een keer n jaar wat hy by die skiet baan uit kom ry daai wae dam nou eers lekker op die N1. Ek het gister langs so nommer by die winkel gestop, die kerel stop somer so skuins oor 2 parkeer plekke maar ek dink dis omdat die trit so klein is dat hy nie eers oor sy dash kan sien nie
ImageImageImageImageImage

Sent from my iPhone using Tapatalk
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Jean Marais »

As ek my eie stel gonge op die 500m skietbaan gaan uitpak, en ten spyte van die feit dat daar ander skietbaan gonge is waarop almal na hartelus kan skiet, sommige manne eie geregtig sonder om te vra op my gonge try skiet, en dan my gongraam moertoe skiet.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1847
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by LoopSoosStroop »

Jean Marais wrote:As ek my eie stel gonge op die 500m skietbaan gaan uitpak, en ten spyte van die feit dat daar ander skietbaan gonge is waarop almal na hartelus kan skiet, sommige manne eie geregtig sonder om te vra op my gonge try skiet, en dan my gongraam moertoe skiet.
Jy moet maar weet as jou gong gehang is en jy terug is by die skietpunt, dan is dit almal se gong daai!
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Jean Marais »

LoopSoosStroop wrote:

Nou hoekom skiet hulle dan nie sommer op my teiken ook nie??
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by jankraay »

Jean Marais wrote:As ek my eie stel gonge op die 500m skietbaan gaan uitpak, en ten spyte van die feit dat daar ander skietbaan gonge is waarop almal na hartelus kan skiet, sommige manne eie geregtig sonder om te vra op my gonge try skiet, en dan my gongraam moertoe skiet.
Dit is nou net daar waar my Hollandse bloed inskop en daai man gaan swaar n skietraam uit sy g@t uit haal.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Gbyleveldt »

Capt. Oblivious wrote:As daai wildtrack sy raptop kit op kry is honde los, kyk en as die man nog n skietrak op sit vir daai een keer n jaar wat hy by die skiet baan uit kom ry daai wae dam nou eers lekker op die N1. Ek het gister langs so nommer by die winkel gestop, die kerel stop somer so skuins oor 2 parkeer plekke maar ek dink dis omdat die trit so klein is dat hy nie eers oor sy dash kan sien nie
Ek is daai ou wat oor twee parkings stop met my Wildtrak. Maar hel hy staan skeef maak nie saak hoeveel keer ek dit probeer fix nie. Nou los ek maar so; dis makliker om te maak of jy boggerall omgee nie as wat dit is om te erken jy weet nie hoe om te parkeer nie.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Wouter Roets »

Gbyleveldt wrote:
Capt. Oblivious wrote:As daai wildtrack sy raptop kit op kry is honde los, kyk en as die man nog n skietrak op sit vir daai een keer n jaar wat hy by die skiet baan uit kom ry daai wae dam nou eers lekker op die N1. Ek het gister langs so nommer by die winkel gestop, die kerel stop somer so skuins oor 2 parkeer plekke maar ek dink dis omdat die trit so klein is dat hy nie eers oor sy dash kan sien nie
Ek is daai ou wat oor twee parkings stop met my Wildtrak. Maar hel hy staan skeef maak nie saak hoeveel keer ek dit probeer fix nie. Nou los ek maar so; dis makliker om te maak of jy boggerall omgee nie as wat dit is om te erken jy weet nie hoe om te parkeer nie.
;D ;D ;D
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Smitstertjies »

Gbyleveldt wrote:
Capt. Oblivious wrote:As daai wildtrack sy raptop kit op kry is honde los, kyk en as die man nog n skietrak op sit vir daai een keer n jaar wat hy by die skiet baan uit kom ry daai wae dam nou eers lekker op die N1. Ek het gister langs so nommer by die winkel gestop, die kerel stop somer so skuins oor 2 parkeer plekke maar ek dink dis omdat die trit so klein is dat hy nie eers oor sy dash kan sien nie
Ek is daai ou wat oor twee parkings stop met my Wildtrak. Maar hel hy staan skeef maak nie saak hoeveel keer ek dit probeer fix nie. Nou los ek maar so; dis makliker om te maak of jy boggerall omgee nie as wat dit is om te erken jy weet nie hoe om te parkeer nie.
Selle hier. Gelukkig kom die 2019 model met automatic parking assist uit. Miskien sal dit dan beter gaan met ons.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2598
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by JohanvB »

LoopSoosStroop wrote:
Jean Marais wrote:As ek my eie stel gonge op die 500m skietbaan gaan uitpak, en ten spyte van die feit dat daar ander skietbaan gonge is waarop almal na hartelus kan skiet, sommige manne eie geregtig sonder om te vra op my gonge try skiet, en dan my gongraam moertoe skiet.
Jy moet maar weet as jou gong gehang is en jy terug is by die skietpunt, dan is dit almal se gong daai!
Dis so waar!!!!
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 553
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Stephan86 »

[/quote]Ek is daai ou wat oor twee parkings stop met my Wildtrak. Maar hel hy staan skeef maak nie saak hoeveel keer ek dit probeer fix nie. Nou los ek maar so; dis makliker om te maak of jy boggerall omgee nie as wat dit is om te erken jy weet nie hoe om te parkeer nie.[/quote]

My vrou het so 'n oulike gesegde "If you can't park it don't drive it" ;)
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Jean Marais »

JohanvB wrote:
LoopSoosStroop wrote:
Jean Marais wrote:As ek my eie stel gonge op die 500m skietbaan gaan uitpak, en ten spyte van die feit dat daar ander skietbaan gonge is waarop almal na hartelus kan skiet, sommige manne eie geregtig sonder om te vra op my gonge try skiet, en dan my gongraam moertoe skiet.
Jy moet maar weet as jou gong gehang is en jy terug is by die skietpunt, dan is dit almal se gong daai!
Dis so waar!!!!
Ek besef dit, maar dan moet die ou minstens KAN skiet. Die gong kan die houe vat - die gongraam is 'n ander storie...
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3999
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by tau »

Werk.

ONs almal het talente, myne is toer en vakansie hou. hierdie maak of werk lekker is en of jy trots is omelkedag vroeg optestaan om jou dag om te werk!!!!

EK stem vir kommunisme, maar die tipe waar ek die bra met die laaaaang slap kar met die vlaggies op die nuus is. Dalk so snaakse wyf of salueer ontwikkel en so paar (soos in letterlik 2) Jaracal lede aanstel in my kabinet om te besluit wie kry wat en dan toer ek net na my buur state om diplomatiese besoeke te doen.

My week sal wees.
1. Mosambbiek - Save vallei
2. Namibie - Kunene en Koakoland.
3. Angola - Namibe area
4. Malawi meer huisboot ontwikkeling.

EK sal nie so fancy jet vlieg nie, maar so lekker STOL aaerie en ek sal grassrootslevel-develop-munt doen orals en net vanaf vure ete en vleis braai en uit blikkies drink.

Shucks nou voel ek beter, en moet nou nie een van julle my planne kom steel nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Koos Barnard »

Hel Tau, jy skryf goeie stories. Wat van 'n artikel vir 'n slag? Of wag jy eers om meer info te kry met die diplomatiese besoek aan die Save en Kaokoland? He-he!!
Mooi loop
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Jean Marais »

tau wrote:Werk.

ONs almal het talente, myne is toer en vakansie hou. hierdie maak of werk lekker is en of jy trots is omelkedag vroeg optestaan om jou dag om te werk!!!!

EK stem vir kommunisme, maar die tipe waar ek die bra met die laaaaang slap kar met die vlaggies op die nuus is. Dalk so snaakse wyf of salueer ontwikkel en so paar (soos in letterlik 2) Jaracal lede aanstel in my kabinet om te besluit wie kry wat en dan toer ek net na my buur state om diplomatiese besoeke te doen.

My week sal wees.
1. Mosambbiek - Save vallei
2. Namibie - Kunene en Koakoland.
3. Angola - Namibe area
4. Malawi meer huisboot ontwikkeling.

EK sal nie so fancy jet vlieg nie, maar so lekker STOL aaerie en ek sal grassrootslevel-develop-munt doen orals en net vanaf vure ete en vleis braai en uit blikkies drink.

Shucks nou voel ek beter, en moet nou nie een van julle my planne kom steel nie.
Ek deel daai ene Tau.
Jy kry vir jou so 'n STOL:

Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3999
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by tau »

Jean Marais wrote:
Ek deel daai ene Tau.
Jy kry vir jou so 'n STOL:

[/quote]

Ek het die hele bou van daardie aerie gevolg. Daai man se energie is skokkend. Hy drink iets onwettig. Hy is wel vrek talentvol. Amper soos ek en toer.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3999
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by tau »

Koos Barnard wrote:Hel Tau, jy skryf goeie stories. Wat van 'n artikel vir 'n slag? Of wag jy eers om meer info te kry met die diplomatiese besoek aan die Save en Kaokoland? He-he!!
Mooi loop
Daar is 2 halfgeskryf op my desktop, maar soos julle weet dit is werk en ek en werk is nie tjommies nie. ::)
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Harambe »

Daar is 'n ou gesegde wat lui "As hy parkeer soos 'n ****, dan bestuur hy soos 'n ****"
Of so iets
Post Reply