Watter hout braai die beste?

User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by spekieries »

Die doringhout wat die Kaapse manne van praat, is dit soetdoring of waarvan praat julle?
Krobb
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Krobb »

spekieries wrote:Die doringhout wat die Kaapse manne van praat, is dit soetdoring of waarvan praat julle?
Doringhout in die kaap en karoo is soetdoring.
Treurig op sy beste.
Ek hou van rooibos en sekelbos en my gunsteling natuurlik snuifpeul. Sy naam in die boek is eintlik lekkerruikpeul maar as jy vir n bosvelder sê sal hy jou snaaks aankyk.
Karee is ook baie lekker hout.

Sent from my SM-J105F using Tapatalk
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Watter hout braai die beste?

Post by matewis »

Krobb wrote:Karee is ook baie lekker hout.

Sent from my SM-J105F using Tapatalk
+1
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by spekieries »

Ja, wou ook sê hier agter die boerewors gordyn slaan ons nou nie juis soetgoring hoog aan nie. Ek braai ook maar hier in die stad met sekelbos. Daar waar my mense vandaan kom is maar Sekelbos ,Rooibos wêreld met so hier en daar 'n Hardekool, Apiesdoring en Blinkblaarwag'nbietjie langs die rivier. Voor die berg (Soutpansberg) ken ons nie regtig mopanie nie. Maar ek weet mopanie maak bobaas kole. Hy het ook 'n lekker kenmerkende reuk.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Wouter Roets »

blaser wrote:ek sal graag 66 sakke wil he
ek bly omtrend binne julle yard in irene so ek kan dit daar optel

dankie
Reg so Frans.

Boys die eerste 4000 sakke is al amper klaar. Julle moet skree as julle belang stel om deel te wees van die volgende order. Julle kan maar gaan lees by die kenners se skrywes. Snuifpeul/Lekkerruikpeul word deur die meeste mense as van die beste braaihout aangeskryf.

Groetnis
Wouter
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Carlc »

Dagse Wouter
Ek sal ook 50 neem as jy nog beskikbaar het. Eks lekker naby jou hier in Olifantsfontein. Stuur my n boodskap met die adres dan reel ek om te kom optel. My nommer is 0agt266twee8nul2sewe
Groete
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by 308Win »

Lyk my ons moet meer braai.
Kyk bietjie op die lys hoeveel van die genoemde houte verklaarde bosverdigters is.
JULLE MOET JULLE KANT BRING
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Watter hout braai die beste?

Post by win270 »

Nasionale Braaidag is op Maandag, 24 September. Maak gerus gereed en braai dan dat die rook draai met jou gunsteling hout!!
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by 308Win »

win270 wrote:Nasionale Braaidag is op Maandag, 24 September. Maak gerus gereed en braai dan dat die rook draai met jou gunsteling hout!!
Jy kan maar tot dan wag.
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Carlc »

Eers op die 24ste September. Neewat dan het ek al lankal onttrekkings simptome gekry. Die vuur moet ten minste twee keer n week in my braaier brand dan is ek gelukkig.
User avatar
Louis K
Newbie
Newbie
Posts: 15
Joined: Fri Apr 05, 2013 9:18 am

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Louis K »

Sekelbos of Knoppies doring, lekker warm vuur met 'n koue bier die hele aand.
RSACZECHGBRUSA²
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3969
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by tau »

Ons maak net hout van die bome wat omwaai tydens ons winters. Blackwattel vir braai en Draai Bloekom vir kaggel. Ons bereik nou 'n stadium wat ons Black wattels se hout rooi en hard is, aangesien hulel al ou bome is.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Carl »

Ai manne braai is darem flippen lekker! Mooi storie van Dana, geniet die dag
https://www.netwerk24.com/Weg/Reis/Stor ... k-20170612
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by andre007 »

Die braai pratery laat my nou terugdink aan die worsbraai in n skopgraaf oppie plaas as ons gaan draadmaak het. Daar was altyd genoeg besembos. Ek kan ook nie aan 1 van die braaie dink wat met blits begin was nie!
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Malan123 »

Olienhout
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by sako 30-06 »

Wouter Roets wrote:More Manne

Ons is natuurlik verskriklik geseen met n wye verskeidenheid van hout keuses hier in die noorde van die land. Ons tak bestuurder hier in Irene maak so elke paar maande n bestelling op so tussen sy vriende wat hy dan weer op sy beurt weer by n ou vriend van Tabazimbie plaas. Nou die hout is hoofsaaklik snuifpeul met so hier en daar n paar stukke sekelbos by om basies die snuifpeul aangesteek te kry. Nou kom ek vertel julle dat ek dink dit is seker die lekkerste braaihout daar buite. Ek was so beindruk dat ek n hele interlink van die hout bestel het.

Groetnis
Wouter
Baie dankie vir die hout, ek is nou net spyt dat ek net 100 sakke gevat het.
Dit is verseker die beste hout wat ek al gebruik het, dit brand maklik maar maak tog ongelooflike kole.
Een sak hout was meer as genoeg kole.
Die kole hou ook lank, ek was so beindruk met die hout ek het sommer, Vrydag, Saterdag en Sondag gebraai. ;D
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Carl »

sako 30-06 wrote: Een sak hout was meer as genoeg kole.
Die kole hou ook lank, ek was so beindruk met die hout ek het sommer, Vrydag, Saterdag en Sondag gebraai. ;D
Jy sal moet bestel vir Kersfees! ;D
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Wouter Roets »

Great Tienie

Dankie vir die ondersteuning ou maat! Hoop daai vleisie is met die nodige smeermiddel afgesluk.

Groetnis
Wout
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Watter hout braai die beste?

Post by THOMAST »

Ek dink enige hout wat stadig gegroei het sal lekker braaihout maak.
Suid van Nieuwoudsville op 'n veepos het ons altyd die ou, dooie Protea bome opgesaag en dit het die lekkerste kole gemaak,
Kalaharihunter
Full Member
Full Member
Posts: 183
Joined: Tue Dec 31, 2013 1:36 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Kalaharihunter »

Was nou vir drie weeke in die Caprivi / Botswana / Zim en Zambia. Daai ??hout wat daar lanks die pad en by die lodges verkoop / gebruik word braai darem baie lekker. Is nie seker wat dit is nie?
User avatar
Morkel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Sat Sep 10, 2016 2:45 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Morkel »

Boys die eerste 4000 sakke is al amper klaar. Julle moet skree as julle belang stel om deel te wees van die volgende order. Julle kan maar gaan lees by die kenners se skrywes. Snuifpeul/Lekkerruikpeul word deur die meeste mense as van die beste braaihout aangeskryf.

Groetnis
Wouter[/quote]
Wouter ek sal 100 sakke neem. Ek reken “groot plastiek sakke”sal ek twee bakkie vragte wees?
Laat maar weet waneer ek kan optel. COD?
lgb
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Thu Jul 26, 2018 6:06 am

Re: Watter hout braai die beste?

Post by lgb »

Geelhaak, Swarthaak, Sekelbos is maar die stapel in die bosveld. Hulle is n pes om te saag en die bloed vloei vrylik maar ai, die kole en n vleisie maak op daarvoor!
Last edited by lgb on Sun Sep 09, 2018 6:09 am, edited 1 time in total.
lgb
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Thu Jul 26, 2018 6:06 am

Re: Watter hout braai die beste?

Post by lgb »

Malan123 wrote:Olienhout
:o
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Apie »

Baie goeie keuses hierbo.

Karee maak ook lekker kole wat mens kan rondskuif sonder dat hul wil vrek.

Hy brand ook maklik al is dit effe nat.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Malan123 »

lgb wrote:
Malan123 wrote:Olienhout
:o
Die reuk van olienhout is vir my baie lekker. As hy ordentlik droog is, brand hy baie lekker en maak kole wat lank hou.
Post Reply