Vrot loop
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: Vrot loop
Gawie as ek hier mag in chip. As ek nou Rigby se stelling moet verduidelik sal dit wees dat bv n 22250 en 223 wat beide teen bv 56k psi geskiet word nie dieselfde loop lewe gaan hê nie. Dis kom maar terug na diameter van die koeel en die hoeveelheid kruit wat agter gebrand word.
-
470rigby
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am
Re: Vrot loop
Hi GawieGawie(13mm) wrote:Lees asseblief hard op jou stelling in rooi belig.470rigby wrote:Gawie, dis nie matige drukvlakke nie, die twee se lang looplewe is agv die feit dat hulle relatief min dryfmiddel verbrand relatief tot hulle kaliber se frontale oppervlak.
Verduidelik dan aan my in leke taal wat ek kan verstaan; lei die twee faktore wat jy noem nie direk by tot 'n laer druk as teenoor 'n hoë kruit volume, relatief tot 'n klein frontale oppervlak nie?
Hoër druk is direk eweredig aan hoër spoed in die meeste gevalle en dit lei tot vinniger erosie. Ek erken dat dit nie die enigste faktor is wat 'n loop vinniger laat "groet" nie, maar dit is beskuldigde nommer een.
Ek argimenteer nie met jou nie, ek wil net graag weet hoekom my stelling verkeerd is?
Ek het nie nou 'n handleiding hier by my wat SAAAMI of CPI werksdrukke vir verskillende kalibers aandui nie, maar ek dink dis veilig om aan te neem dat die 223 en die 26-06 min of meer dieselfde drukvlakke het. Die 25-06 brand egter ongeveer 50gr dryfmiddel, teenoor die 223 se 25 grein. Dis dan ook algemeen bekend dat die 25-06 se looplewe drasties korter is as 'n 223 s'n. Die bekende ballistikus PO Ackley het baie hieroor geskryf in sy klasiekke twee boeke Handbook for Shooters and Reloaders, Volume 1 & 2. Die dryfmiddel bevat 'n sekere energie per gewig (rofweg 177 ft-lb per grein vir stafie tipe) wat met 'n goeie lading alles moet uitwoed binne in die loop. Hoe minder plek daar binne in die loop is, (kleiner kaliber) hoe meer skade aan die binnekant van die loop
'n Ander goeie voorbeeld is die 223 vs 22-250. Teen dieselfde druk het die 223 'n langer looplewe, want dis 25gr vs 40gr in dieselfde loopvolume
-
470rigby
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am
Re: Vrot loop
Skuus, ek sien Savage het my voorgespring!
