Ek wil so bietjie duiwels advokaat speel vandag.
Ek sal sodra my geldjies inkom moet kyk vir 'n scope. Ek het reeds 'n opsie of 2.
'n Vraag wat by my opgekom het is "Wat maak 'n scope goed"
Met al die tegnologie wat vandag so vrylik beskikbaar is en kompetisie wat so straf is, kan 'n maatskapy nog bekostig om 'n swak scope te bou?
Is vandag se swakker/goedkoper scope nie dalk gister se duur scope gewees nie?
Ek doen airconditioning deeltyds en ek moet s? dat van die goedkoper eenhede baie keer langer hou as die duurder eenhede. Die installasie van so eenheid is meestal meer belangrik as die eenheid self.
Gister kom jy 'n IM6 grafiet stok langs die water gehad het en br?e bors staan het, vandag skaam mense hulle vrek om lang iemand met so stok te staan. Gister se oom het net so baie vis gevang, indien nie meer nie
Wat ek egter wil weet is of daai Onder R2000-R2500 scope regtig so dof/swak as wat ges? word of is dit net die boonste reeks wat soveel beter geword het as die ou scopes waarmee meeste van ons 15-20 jaar terug mee geskiet het.
Sal graag wil hoor hoe julle daaroor voel?



