Wat maak 'n scope goed?

User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Wat maak 'n scope goed?

Post by Pvdw »

Hi Manne.

Ek wil so bietjie duiwels advokaat speel vandag.

Ek sal sodra my geldjies inkom moet kyk vir 'n scope. Ek het reeds 'n opsie of 2.

'n Vraag wat by my opgekom het is "Wat maak 'n scope goed"

Met al die tegnologie wat vandag so vrylik beskikbaar is en kompetisie wat so straf is, kan 'n maatskapy nog bekostig om 'n swak scope te bou?

Is vandag se swakker/goedkoper scope nie dalk gister se duur scope gewees nie?

Ek doen airconditioning deeltyds en ek moet s? dat van die goedkoper eenhede baie keer langer hou as die duurder eenhede. Die installasie van so eenheid is meestal meer belangrik as die eenheid self.

Gister kom jy 'n IM6 grafiet stok langs die water gehad het en br?e bors staan het, vandag skaam mense hulle vrek om lang iemand met so stok te staan. Gister se oom het net so baie vis gevang, indien nie meer nie ;) ;) So kan ek aan gaan.

Wat ek egter wil weet is of daai Onder R2000-R2500 scope regtig so dof/swak  as wat ges? word of is dit net die boonste reeks wat soveel beter geword het as die ou scopes waarmee meeste van ons 15-20 jaar terug mee geskiet het.


Sal graag wil hoor hoe julle daaroor voel?
Work to live, don"t live to work
KLASIE
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 67
Joined: Wed Sep 16, 2009 3:08 pm

Re: Wat maak 'n scope goed?

Post by KLASIE »

Ek moet se ek dink die duurder goed soos swarovski en zeis en die ander ,is die grootste verskil wat ek kon sien is die egtheid van die verstellings van die duurder scopes as ek bv my ou links 8x56(baie lief vi hom) stel se ma 4 cliks vir duim op 100m dan setle hy eers na die 2de skoot en dan moet ek hom tik nadat ek gestel het ,en dit vir my die en grootste verskil as ek die swartos 4 cliks stel op 100m dan het die scope die duim gestel en ek hoef nie bekommerd te wees nie, skiet daar waarheen ek hom gestel het. Die ander ding wat opvallend verskil vir my is wanneer ek in skemerskiet dan kom die duurder scope se beter lens kwaliteit baie strerk na vore , so indien n mens die geld het koop eerder die duurder een. Ek se nie hierdeur dat goedkoper scopes sleg is nie soos tereg opgemerk hulle kan seker nie swk produk in die mark sit nie. Maarr soos dit indie lewe werk betaal vir merc en kry een betaal vir mini en kry een  :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Wat maak 'n scope goed?

Post by Stefan764 »

Klasie,

baie goed kort en kragtig opgesom mater....

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Wat maak 'n scope goed?

Post by spekieries »

Ons praat ander dag oor dieselfde ding. Ek wil ook met NF en Z en SWA en S&B skiet. Maar ek kan dit doodeenvoudig nie regverdig as ek my salaris in ag neem nie. Ek jag 3keer, as ek gelukkig is 4 keer 'n jaar. Ek skiet jagtersvereniging tabelle en my relatief goedkoop scopes het my nog nie gedrop nie.   

Ek aanvaar dat die name bo, beter optika is. Iemand, ek dink dit is Koos B het ook opgemerk dat om 'n Scope 10% beter te kry as die huidiges op die mark moet baie geld geinvesteer word. Dus moet so teleskoop duurder wees.

As skiet my lewe was, dink ek sou ek anders daaroor geredeneer het. Maar nou hou ek maar by die Redfiels, die VX1's die Lynx ens. Gelukkig bring hulle vir my die vleis huistoe, en die geld in die veld "Kwesbokke" was die operator se eie skuld en nie die toerusting s'n nie.

Groete manne
Lekker jag 
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Wat maak 'n scope goed?

Post by .::Alwyn-U::. »

Vx1 - baie lekker!
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Wat maak 'n scope goed?

Post by klipspringer »

Pvdw

Ek reken Klasie het 'n goeie opsomming daar gegee. Net nog iets wat ek opgemerk het is dat sekere teleskope sekere goeie punte het. Net as voorbeeld, ek tel die ander dag 'n Bushnell Elite 4200 2.5-10x50 op. Met die optelslag was die hele oogstuk meteens ten volle met lig gevul en die optiese kwaliteit was baie goed. Dit sou my 'n sekonde of twee spaar wanneer ek op 'n teiken aanle.

Groete

Jan
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 544
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Re: Wat maak 'n scope goed?

Post by PRIVATE RYAN »

Prys
Danie Lombard .243

Re: Wat maak 'n scope goed?

Post by Danie Lombard .243 »

Maters



Die tiepe gesprek word baie bespreek tussen skuts en jagters. Meeste keure wil dit vir my voorkom dat dit meer 'n ding is van kyk na myne en dan wys jy vir my joune want myne is beter as joune want myne is duurder as joune. Wat kos joune? Myne is DUUR!!!

Daar is baie kriteria om 'n scope teen te meet en te evalueer. Lens kwaliteit ens. ens. ens.  Laat my nou dink aan ou Koos wat by die oog dokter opdaag en kla oor sy sig vermoe, Koos se hy kan nie meer mooi sien oor ver afstande nie. Dok vat die ou na buite en wys met sy indeks vinger na die son en vra vir Koos wat is daai rooi geel helder bol? Koos se dit is die son man. Dok vra  Nou hoe ver wil jy dan kan sien?

Die mees belangrikste eienskap van 'n scope is hy moet sy zero behou en nie uitstel nie. Dit is die belangrikste punt. En as jy kan sien wat jy op aanle, en met die scope kan akkuraat skiet is die scope reg. Wat sy naam is en wat hy kos is irrelevant.

Daar is maar erge power swak goedkoop scopes, en dan is daar egre duur scope wat my en ander teleurstel en veels te goed en te hoog geag word.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Wat maak 'n scope goed?

Post by JACQUES BOTHA »

MANNE EN MANINNE

N SCOPE WAT WERK IS DIE EEN WAT GOED IS VIR JOU.
PRYS IS N AANDUIDER MAAR DAAR IS AL BAIE MANNE WAT DUUR SCOPES AFGEHAAL HET EN GOEDKOPER OPGESIT HET MET  GROOT SUKSES..
AS JOUNE WWERK VIR JOU EN HY SKIET WAR JY MIK IS HY GOED VIR JOU.. N ISUZU IS GOED GENOEG VIR MY VIR N ANDER OU IS N CRUISER N BOLLIE WOEFIE POEFIE.. SO IS SCOPES MOET NIE JOU LAAT LEI DEUR DUUR SCOPES OMDAT MY VRIEND EEN HET WIL EK OOK EEN HE... SOOS DANIE SE WYS MY JOUNE EN EK WYS JOU MYNE... ASJY N JAGTER IS MOET JOU SCOPE VIR JOU PLESIER GEE EN MOET NOOIT DAT JOU AS JAGTER SE PLESIER N TOERUSTING OF UITRUSTING RESIES WORD NIE... MOET OOK NIE DAT JOU SKIET SPORT AKRIWITEIT VIR JOU N EQUIPMENT RACE WORD NIE.. HOU JOU GOED BEKOSTIGBAAR VIR JOU EN AS JY DIT KNA BEKOSTIG DAT N R30000 SE SCOPE OP N R50000 SE GEWEER IN DIE KLUIS STAAN VIR JOU EEN OF 5 KEER SE GEBRUIK N JAAR -- GOED VIR JOU EK KAN NIE...NIE BEKOSTIG NIE ....MIN JAGTERS SKIET REGTIG VERDER AS 300 METER ..
DIE DOELHEILIG ALTYD DIE MIDDELE ... SO MEET JOU AAN JOUSELF  EN AS JY WIL AAND IE STANDAARDE WAT JY STEL---EK WEET DAR IS MINIMUM STANDAARDE IN ELKE INDISTRU MAAR BESLUIT SELF WAT JY WIL HE EN WAARVOOR JY JOU SCOPE WIL GEBRUIK...
DIE EEN WAT OP JOU ROER IS EN WERK VIR JOU---HY IS N GOEIE SCOPE.....EN DIT MAAK HOM GOED VIR JOU..
GROETNIS
JACQUES
Shoot straight and tell the truth!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat maak 'n scope goed?

Post by Louis102 »

Danie .243 wrote: .... en dan is daar egre duur scope wat my en ander teleurstel en veels te goed en te hoog geag word .....
Danie, noem bietjie die name waarvan jy hierbo praat, laat ons hoor....
Goeie dade oortref goeie woorde.
Danie Lombard .243

Re: Wat maak 'n scope goed?

Post by Danie Lombard .243 »

Sjoe  Louis,  jy wil my nou in die sop laat beland ???


Ek het al vroeer gese/ge tik in vorige posts dat en nie baie beindruk is met 'n Leopold nie, my opinie, volgens my overrated. Night Force, puik scope, sterk en alles maar die  "field of view" is nie vir my nie. Vole vir my ek loer deur 'n kykie pypie.

Slegs my opinie.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Wat maak 'n scope goed?

Post by Monrique (SJ) »

Danie

Wat sal jy se is n goeie scope, vir n billike prys en kyk sommer mooi?

Groetnis
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat maak 'n scope goed?

Post by Louis102 »

Danie .243 wrote: ... Sjoe  Louis,  jy wil my nou in die sop laat beland ???  ...
:laugh:  Nooit, hoe ken jy my?  :laugh:  .... Maar jy kan darem nie hier sommer sulke wye veralgemeende stellings maak, sonder om bietjie verby te kom nie?
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Wat maak 'n scope goed?

Post by Pvdw »

Manne ek het vandag daar by Stephan gaan inloer waar hy die scopes so lekker aan almal smous. Het hom vertel my budget is nie van so aard dat hy moet opgewonde raak nie maar ek wil graag kyk vir 'n 50mm lens.

Hy draai toe om en bring die NIKON BUCKMASTER 4-12X50 na vore, net daar en dan gaan hy die rekenaar na en vertel my daai scope kos R3200.00. Wel ek het so bietjie met hom gekyk daar by die venster uit(ongelukkig deur glas) en ek het geen "edge distortion" gesien nie, die oogstuk word ook sommer maklik skoon sonder enige skaduus in die oogstuk. Laaste ding wat ek na gekyk het is die kleur wat jy sien deur die scope op 4X dan 8X en laastens 12X. Elke keer kon ek sien dat die kleur van die items waarna ek gekyk het mooi vergelyk het met die van die blote oog, selfs op 12X kon ek geen kleur verandering waarneem nie.

Lyk vir my persoonlik na 'n nice scope wat nie die bank sal breek nie maar tog goeie optika het. Ek het egter glad nie na die turrets gekyk nie en weet nie hou hy verstel nie. Sal volgende keer daarna loer.

Peet
Last edited by Pvdw on Fri Jun 24, 2011 8:57 pm, edited 1 time in total.
Work to live, don"t live to work
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Wat maak 'n scope goed?

Post by DSBW »

Ou Danie .243, nu gaaan ek ok maar 'n klippie in jou bos gooi. Laat ek net s? ek stem hoofsaaklik saam met jou siening, maar nie heeltemal nie. Warren Buffet het eenkeer ges? die twee belangrikste dinge waarsonder jy nie moet wees nie is gesondheid en perspektief.

Hier is my perspektief: 90% van ons koop 'n "scope" na gelang van ons definisie van die "waarde vir geld" beginsel.Die ander 10% is presies soos jy hul beskryf, manne met genoeg geld om te koop wat geld kan koop. Dis ook reg, die manne werk vir hul geld, laat hulle daarmee maak wat hulle wil.

My spesifieke behoefte stem waarskynlik ooreen met baie ander ouens s'n, maar my ervaring met 'n paar "scopes" mag dalk anders wees. Hoofsaaklik is dit 'n "scope" wat nooit uitstel nie, selfs met redelike hardhandige hantering, eenvoudige werking, goeie beeld, geen fieterjasies ens. Nou het ek al 'n paar probeer, Nikon, Leupoldt, Kahles, Zeiss, Nightforce. Almal was goed met die meeste vereistes, maar het tekort geskiet in een of twee areas.

Mens leer egter, en een van die dinge wat ek geleer het, is dat die twee Europese "scopes" hierbo genoem, by verre oor tyd (15 jaar) die beste presteer het, al was altwee 8x56 "fixed" vergrotings. Dus, my "waarde vir geld" definisie het oor tyd verander (my o? ook), en dit bepaal nou dat ek moet die beste koop wat die bank bestuurder my toelaat, en klaar koop, en dit moet verkieslik 'n Zeiss, Swaro of S&B wees.

Soos al hoevele kere ges? is, die een wat vir jou die ding doen, hy's die regte een. Sommer net my Vrydag aand nikssegende bydrae.

Dawie
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Wat maak 'n scope goed?

Post by Hein M. »

Pvdw wrote: Manne ek het vandag daar by Stephan gaan inloer waar hy die scopes so lekker aan almal smous. Het hom vertel my budget is nie van so aard dat hy moet opgewonde raak nie maar ek wil graag kyk vir 'n 50mm lens.

Hy draai toe om en bring die NIKON FIELDMASTER 4-12X50 na vore, net daar en dan gaan hy die rekenaar na en vertel my daai scope kos R3200.00. Wel ek het so bietjie met hom gekyk daar by die venster uit(ongelukkig deur glas) en ek het geen "edge distortion" gesien nie, die oogstuk word ook sommer maklik skoon sonder enige skaduus in die oogstuk. Laaste ding wat ek na gekyk het is die kleur wat jy sien deur die scope op 4X dan 8X en laastens 12X. Elke keer kon ek sien dat die kleur van die items waarna ek gekyk het mooi vergelyk het met die van die blote oog, selfs op 12X kon ek geen kleur verandering waarneem nie.

Lyk vir my persoonlik na 'n nice scope wat nie die bank sal breek nie maar tog goeie optika het. Ek het egter glad nie na die turrets gekyk nie en weet nie hou hy verstel nie. Sal volgende keer daarna loer.

Peet
Peet

My broer het 'n Fieldmaster 12 x 40 BDC op sy 243 en hy is baie tevrede.  Die scope is mooi helder, die verstellings is positief, hy hou sy zero en die lysie gaan aan.  Goeie prys en goeie waarborg.

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Danie Lombard .243

Re: Wat maak 'n scope goed?

Post by Danie Lombard .243 »

SJ

Ek is sommer erg lief vir 'n Zeis scope en selfs die Leica. Tog is hulle duur, maar kwaliteit is duur. Waarde vir geld, dit wat jy kry vir dit wat jy betaal is 'n Lynx altyd 'n wenner. Maar tog is Lynx lank nie meer 'n goedkoop scope nie. Burris is ook baie goed interme van beeld en kwaliteit vir nie te veel geld nie.

Ek is 'n suinige kalant. Plaas bakkie, rof ry, jakkals jag en duur sopes werk nie so mooi saam nie. Ek huil hard as my Lynx scope ingee saam met die boerdery bakkie werk, maar ek sal hartverskeurend huil as dit 'n duur europese scope is wat breek in die boer bakkie. Tog sal ek graag al my gewere wil toerus met Zeis scopes. Moet dalk my twak laatstaan en dit doen.

Tans doen Lynx en Burris vir my die ding, en hul werk tog te mooi.

Dawie,  ek stem saam met jou veral die ding wat jy noem, die ouderdom wat aanstap en die oe se vermoe wat nie meer so lekker is nie. Soos ek al in ander plasings gese het, ek het erge astigmatisme in my regter oog en is by siende, ek dra 'n bril. My oe is swak. (wens dit was goed gewees)  Skiet ook met die kyk yster. So m.a.w. ek het swak oe in vergeleke met ander normale persone. So sien ek gou of 'n scope vir my werk of nie werk nie, veral in die nag met die ongedierte jag. Het al die voorreg gehad om deur verskeie scopes te loer, baie soorte en vergrotings, en nie in die winkel nie, op die skietbaan en snags tydens jag, al die soorte. Party is net nie vir my nie.

Beste nag scope wat ek al deur geloer het was 'n Kahles Heila 8X56,  het dit vergelyk met my 8X56 Lynx. Hul was vir my so na aan mekaar, die Lynx en die Kahles. Die Kahles se fokus was net so 'n knerts beter gewees.

Ek eindig voor ek weer 'n vreeslike lang storie tik. Koop die beste wat jy kan bekostig, MAAR moenie twak koop nie. Moet ook nie sommer 'n scope koop omdat die of daai ene se dit is so goed nie, toets die scope, kyk deur 'n vriend of persoon se scope, toets dit op die skietbaan, dit moet vir jou werk, nie vir jou maat of wie ookal nie. Net vir jou. 
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Wat maak 'n scope goed?

Post by Monrique (SJ) »

Danie

Ek stem saam met jou. Ek moet se dat ek baie gelukkig is met my 3x Burris scope, my 3-9x40 se beeld is beter as my 3-9x42 Lynx wat ek op daardie geweer gehad het.

Splank ek nog nie n Zeiss en daai scopes kan bekostig koop ek net Burris.

Groetnis
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Wat maak 'n scope goed?

Post by DawieKotze »

SJ - ek het ook so 'n 3-9x42 Lynx. Ek is nie 'n nag- en v?rskieter nie. Nou ek verstaan dat parralaks probleme tel mens eers op hier van 10x vergroting af. As ek op 9x vergroting deur die Lynx na die teiken op 100m kyk en my kop beweeg, dan skuif die kruishaar met so 'n duim of 2. Verstaan ek dit reg dat dit 'n parralaks fout is? En hoekom kry ek dit op 9x vergroting?

Verder kon ek nog glad nie kla oor die Lynx nie  - hy het al baie sy kant gebring.

Ek het gevind dat om na skaduwees (onder bome in digte bosse of 3 strate verder by huis se venster in) te kyk, vir my baie goeie aanduiding van die helderheid van scope of verkyker gee.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Wat maak 'n scope goed?

Post by JACQUES BOTHA »

KOM ONS MAAK ONS EIE SCOPE..
ZWARUSKI.. 6 - 18 BY 56 MET BENCHREST RECTICKLE
ONS KRY 400 MANNE EN MANINNE OF DIE FORUM  EN MAAK SOOS RODOLF EN LAAT BOU N HEBRIED MENGSEL MET DIE BESTE VAN ZEIS EN SWAROVSKI  TEEN N BURRIS SE PRYS.
ONS ONDERHANDEL VIR DIE PRYS EN DIE KWALITEIT EN SIT DAN ONS EIE NAAM DAAROP TEEN N  FRAKSIE VAN DIE PRYS.
WAT SE KOOS BARNARD AS ONS 400 Z6 SCOPES KOOP ....ONS SAL SEKER N GOEIE PRYS KRY..
O JA EN STEFAN WAT IS DIE PRYSE BY SAFARI AS ONS SO 400 SCOPES OP 1 SLAG KOOP,
EK BEDOEL OOM AMBESSA GAAN SEKER OOK N DEEL INSTOOR VAN DIE R140 MILJOEN......
AL DIE JAGTERS WAT NOG NIE Z6 6 -18 OPHET NIE KAN DAN MOS EEN KRY..
HEY EK MOET WERK ES BESIG OM ERGE  BREINFLOUTES TE ONTWIKKEL
NET DIE EERSTE 400 KAN GEHELP WORD
GROETNIS
JACQUES
Shoot straight and tell the truth!
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Wat maak 'n scope goed?

Post by klipspringer »

Hello Manne

Na my beskeie mening is hoofsaaklik die volgende belangrik:

1. Beelddefinisiie
2. Ligdeurlating
3. Regte kruishaar vir aanwending
4. Konstante verstelling
5. Herhaalbaarheid
6. Gepaste vergrotingsreeks
7. Genoeg "eye relief" in geval van erge terugskop
8. Vinnige en maklike fokus
9. Objektiefgrootte gepas vir aanwending
10. Geen parallaksverstelling behalwe op hoe-vergroting teleskope
11. Goeie konstruksie om terugskop en stampe en stote te kan hanteer

Ek kon nog nie in praktyk die voordeel van 'n dikker buis sien nie.

Die montering van die teleskoop is waarskynlik die belangrikste van alles.

Ek sal graag die gesoute jagters se menings wil hoor.

Groete

Jan
Rfourie
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Sun Dec 05, 2010 10:52 pm

Re: Wat maak 'n scope goed?

Post by Rfourie »

Al weerndieselfde topic oor en oor, hoeveel keer het julle nou al gelees dat JY KRY WAT JY BETAAL. ASB!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Wat maak 'n scope goed?

Post by Pvdw »

SMK jy reken als wat duurder is, is beter ???

Ek het al paar keer in my lewe beleef hoe daai plakkertjie op 'n item hom 2X duurde maak al is dit dieselfde produk.

1 voorbeeld:

HOWA .223 Swart Hogue kolf prys R5500-R6500

Weatherby Vanguard selfde geweer ander plakker R9000-R10000

Ek koop eerder vir R6000 ;) ;) ;)

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Wat maak 'n scope goed?

Post by spekieries »

SMK

Dit lyk nie of jy heeltemal gelees het  wat geskryf is nie. Dit klink eerder of die meerderheid manne voel wat vir jou werk en wat jou behoefte is, is wat jy koop en dit hoef nie slegs aan prys gekoppel te wees nie.

Groete
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Wat maak 'n scope goed?

Post by GERT vd M »

My ondervinding is dat die beste scope die een is wat die handelaar op daardie oomblik nog in vooraad het, want hy het hom gekoop en moet hom ten alle koste weer teen n wins verkoop.......goed of sleg
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
Post Reply