http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... ER#p719229
My Ma wat 89 jaar oud is en my een suster, self al 62, bly alleen saam daar in Louis Trichardt.
Hierdie is hulle weergawe:
Gisteraand besluit een of ander vooraf benadeelde om te kyk waaraan hy homself kan help. Die buitenste traliehek by die agterdeur word oop gebreek, die deur oopgebreek, en Ta is binnekant. Sluip tot in my Ma se kamer waar sy gelukkig/ongelukkig wakker word. Hy beduie vir haar om stil te wees met n mes, maar in haar woorde se sy, sy gaan nie stil na die hiernamaals op so manier nie. Haar gillery maak my suster wakker wat kom ondersoek instel, sy begin self gil wat seker toe vir Ta ontsenu en hy slaan op die vlug.
Ek is nou baie dankbaar dat dit so uitgedraai het en nie baie ernstiger nie. Dank die Vader Sy hand was oor hulle, dit kon maklik ook n baie lelike storie wees die.
n Mens voel maar magteloos hier waar ek so ver van hulle af bly, gelukkig is my broer en ander susters darem in dieselfde dorp om daar om te sien.
Rede hoekom ek die ander topic aanhaal is omdat mens so maklik dink die goed gebeur net met ander mense, vandag is daai ander mense vir my baie na aan die hart.
Ander rede hoekom ek hierdie storie hier post is maar net vir die terapeutiese waarde daarvan, ek drink nie by die werk nie.

