Inbreker, amper moeilikheid

Post Reply
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Inbreker, amper moeilikheid

Post by Cor Jacobs »

Nou ja, so sit en lees ek ook elke dag die forum, en n mens hoop van die dinge gebeur nooit met jou nie. Tot ek die nuus vandag kry.



http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... ER#p719229

My Ma wat 89 jaar oud is en my een suster, self al 62, bly alleen saam daar in Louis Trichardt.
Hierdie is hulle weergawe:
Gisteraand besluit een of ander vooraf benadeelde om te kyk waaraan hy homself kan help. Die buitenste traliehek by die agterdeur word oop gebreek, die deur oopgebreek, en Ta is binnekant. Sluip tot in my Ma se kamer waar sy gelukkig/ongelukkig wakker word. Hy beduie vir haar om stil te wees met n mes, maar in haar woorde se sy, sy gaan nie stil na die hiernamaals op so manier nie. Haar gillery maak my suster wakker wat kom ondersoek instel, sy begin self gil wat seker toe vir Ta ontsenu en hy slaan op die vlug.

Ek is nou baie dankbaar dat dit so uitgedraai het en nie baie ernstiger nie. Dank die Vader Sy hand was oor hulle, dit kon maklik ook n baie lelike storie wees die.

n Mens voel maar magteloos hier waar ek so ver van hulle af bly, gelukkig is my broer en ander susters darem in dieselfde dorp om daar om te sien.

Rede hoekom ek die ander topic aanhaal is omdat mens so maklik dink die goed gebeur net met ander mense, vandag is daai ander mense vir my baie na aan die hart.

Ander rede hoekom ek hierdie storie hier post is maar net vir die terapeutiese waarde daarvan, ek drink nie by die werk nie. >:D
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Inbreker, amper moeilikheid

Post by Harambe »

Ek is bly vir julle. Ek het ook gedink goed gebeur net met ander mense, maar het intussen al vier maal deurgeloop. Gelukkig nooit seergekry nie. Nou dra ons maar 24/7 'n vuurwapen.
Of so iets
User avatar
avo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 79
Joined: Wed May 03, 2017 3:52 pm

Re: Inbreker, amper moeilikheid

Post by avo »

jammer om te hoor van die slegte ding

Twee vroue alleen is n sagte teiken vir hulle..
Sorg dat hulle n hond kry wat IN die huis slaap snags..bv jack russel of so
Hy sal hulle /jou wakker maak Voor ta in die huis is, wat jou daardie bietjie ekstra tyd gee om reg te wees vir wie/wat ookal by die deur inkom.
My Oupa het altyd gese daar is nie nie beter alarm in jou huis as n stoepk@kertjie nie.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Inbreker, amper moeilikheid

Post by NicoSmit »

My 86 jarige tannie wat in PE bly is gistermiddag in haar huis aangeval en vir dood agter gelaat gelukkig is sy vinnig gehelp en is in die hospitaal 2 wetters van Gam het haar met 'n hammer aangeval toe sy 'n geraas in haar huis gehoor het gelukkig het my neef wat effens verstandelik gestrem is wat ook daar bly alarm gemaak.
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 757
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: Inbreker, amper moeilikheid

Post by Springkudu »

Baie jammer om te hoor vsn jou familie Cor, kan nie indink hoe dit moet voel om wakker te word en hier staan iemand voor jou nie.

Ek het laasweek ook met iemand gepraat waar 5 manne by hulle ingebreek het. Hulle het deur die voordeur gekom wat regtig 'n stewige hek op gehad het, hulle het deur die hek gebreek plus die voordeur in minder as 40 sekondes. Wys jou net, omdat jy dink jy het 'n hek is nie altyd goed genoeg, mens sal maar moet begin kyk na ordentlike stewige hekke.

@Nico - Jammer om te hoor van jou tannie. Ek is ook van PE en my ma hulle woon steeds daar, dinge gaan nou maar rof in die area waar ek groot geword het (Westering), wel nie net daar maar oral.
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Inbreker, amper moeilikheid

Post by Harambe »

Hekke en goeters moet gesien word as "'n ekstra paar sekondes om die geweer te gryp". Net soos honde wat blaf. Jy kan nie honderde duisende rande spandeer aan kluisdeure en goeters nie, want dan kom hulle net deur die dak in. Mens moet maar gewoond raak aan die idee dat JY die laaste linie is.
Of so iets
Post Reply