Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Geno wrote:
90% van die maergatte kan gerus saam my kom stap op 'n jag dan kyk ons wie se asem raak eerste op. Hierdie vetseun se pens is 'n long range tank...
Jy weet Geno
Toe ek jonger was sou ek jou opgevat het vir daai aanbod, moet sê ek sou sommer enige dik ou agter op 'n bakkie gesê het om met sy lui gat af te klim en saam my te kom loop.
En hy sou sy gat sien, as hy dit oorleef het.
Maar, en hier is die maar nie die maer in die verhaal nie.
Nou dat ek ouer raak kom ek agter mense verskil en het ander behoeftes, dis nie nodig vir my om sy gewoontes uit te wys nie en ek hoef nie altyd anders teen myself te probeer meet nie. N Mens moet hanteer word soos wat hy homself behandel(lees optree) in die lewe, 'n duk gat kan 'n gentlemen wees(met stamina) en 'n maergat kan 'n a-hole wees met min stamina.
N Mens moet hanteer word soos wat hy homself behandel(lees optree) in die lewe, 'n duk gat kan 'n gentlemen wees(met stamina) en 'n maergat kan 'n a-hole wees met min stamina.
Hier in le n groot les.
Ek trap self die skaal so kort voor 130kg, maar bring it on!
En dis tog hoekom Cruisers gebou is, om my duk gat te kan hanteer
Rudie.
Sent from my SM-G800F using Tapatalk
30 06 Marlin XL7
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi
The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
Nou dat ek ouer raak kom ek agter mense verskil en het ander behoeftes,
As mens die feit besef en daarmee vrede maak, maak dit groot verskil in jou eie lewe en jou houding teenoor ander. Dan word die dinge wat ander mens doen wat anders as jou manier is minder belangrik.
Op so manier aanvaar en verdra jy ander mense se reg om anders te wees net soos jy vir hulle anders is. Skielik word jou gatvol lysie korter en jou bloeddruk laer oor iets wat niemand iets aan kan verander nie.
Ons almal skiet so nou en dan sleg, daarom oefen ons en neem aan so veel moondlikke kompetisies deel. Maar die eier wat nie mans genoeg is om te erken hy het aangejaag nie is my dood.
Dis altyd die scope of ander ladings of die seer nek en elmboog.. Nee mnr ek het die sneller gepullstart...
Mense wat glo n geweer kan net skiet as hy deur quickload die go-ahead gegee is. Fokvir Joyce Hornady, Vernon Speer, Fred Huntington, Graeme Wright, en elke old timer wat n boek met veilige data publiseer het om mee te laai.
Mense wat van n jagforum n kermforum maak, asof dit facebook is. Praat gewere, jag, jakkalse, herlaai ( sonder dat jou eerste post QL raad is) hou op moan oor wildspryse, skietkompetisie pryse of gaan skaf n pakkie Tampax en hiervan aan:
Elke dag se roetine... Smaak my dit raak by die dag erger. Dit word vererger deur die feit dat my werk nie meer my passie is, soos 20 jaar gelede nie...
[quote="Steyr270"]Sjoe Kolhasie, jy klink bietjie negatief oor die land, dalk tyd vir trek?
Hahaha as dit nie vir die boerdery was nie sou ek so iets oorweeg het
Mense met rympies - Hello hoe gaan dit, jy wil nie regtig weet nie.
Ek soek dryfmiddel, as ek winkel toe gaan wil ek nie lee hande daar uit nie.
Mense wat spog hulle kan 100km loop sonder stories dan ander oordeel - Baie jagters is kantoor mense, wat badkamer toe loop en weer terug tafel toe. Glad nie aktief na werks ure nie. (Ek het altyd die manne oordeel omdat hulle nie kan by bly nie) Ons moet almal se posisie en omstandighede verstaan.) Nie almal is fiks nie
Drank misbruik by jag geleenthede
Dit is baie snaaks om te sien hoe die manne dress vir die okasie, ons gaan more Safari & Outdoor toe, stof af die camos en khaki, daar kom noudie dag sommer n perd in met sy gators aan. lol.
Jy, wat dink jy is die slimste, kan snipe met 'n red dot oor 1km
Mense wat hulp aanbied maar nie wil help as daar gevra word nie
Slapgatte
Die manne wat n probleem het omdat ek my steak gaar eet en nie pienk nie, pienk is nie gaar nie.
'n donnerse taxi - ek kan die rubbish nie hanteer nie
Dik ouens is soos kamele: ons kan langer in die woestyn oorleef. Nee, rerig. Dis wetenskaplik bewys.
Wat my pla is wanneer ouens op 'n forum begin mislik raak met 'n arme nuweling wat per ongeluk een van die honderde sondes pleeg wat hy nie eens geweet het 'n sonde is nie. En dan wonder ons hoekom dit moeilik is om nuwe lede te trek na die skietbaan.
naas222 wrote:van topic af... hare op n koekie seep...
maak my gek mal
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
Dit pla my meer op gesigseep.
Wat my gatvol maak is:
- Die ou wat nie bereid is om sy eie foute te erken nie en die skuld vir mislukkings altyd op iemand/iets anders pak
- Die ou wat altyd net kerm en die slegte kant in alles sien
- Die ou wat kerm oor alles maar nie bereid is om sy hande uit sy moue te steek en iets self te doen of hulp aan te bied nie
- Laastens die persoon wat iets kom LEEN, op so langtermynbasis dat jy later self jou eie goed moet gaan terugleen by hom
Harambe wrote:Dik ouens is soos kamele: ons kan langer in die woestyn oorleef.....
Harambe hierdie klomp maer manne is net te lui om te kou! Hierdie ronde gesig van my is nie vet nie ...dis kou spiere
Wag vir daai sewe maer jare..Dan praat ons weer