Nella wrote:Vraag aan julle manne wat so vêr kan skiet/jag
Verkies julle swaar vir kaliber koeëls wat beter dra maar viniger val of liewers n ligter koeël wat se trajek platter is?
Jan het jou klaar die antwoord gegee maar ek het gister gesit en kyk watse geweer ek saam vat na ons volgende jag.
Nou die is vir springbok op verder afstand so n 6mm met n lang koel sal mooi werk en dit is atyd die stouter wat elk geval eerste uit spring as ek die kluis oop maak maar vir n groot bok sal ek n groot koel in 30 verkies, hier van 200gr af.
Nou as jy kyk na die 3 wat ek na gekyk het om saam te vat, kom ons se ons wou weer SWBe skiet of n RHB.
Al 3 op 800y in n 10mph wind uit jou 3uur uit.
6SLR met n 105VLD teen 3155fps
14.2moa op
3.4moa regs vir wind
1001ft-lbs energie op 800y
30.06 met n 215gr Hybrid teen 2600fps
21moa op
3.6moa regs vir wind
1689ft-lbs energie oor op 800y
300WM met n 200gr Hybrid teen 2800fps
18.4moa op
3.5moa regs vir wind
1588ft-lbs energie oor op 800y
Soos Jan ook gese het die elevation pla nie, of jy 1moa of 30moa op moet gaan ons sal elke keer die turret draai so die scope moet net kan stel tot waar jy wil skiet. Wind is daar tussen die 3 niks nie, as die wind konstant waai is dit maklik maar dit gebeur bitter min dat die wind hier by jou en al die pad tot by jou tyken dieselfde waai.
Energie gewys is daar nogals n verskil tussen die 3, as my WM die 215 of 230gr Bergers mooi geskiet het sou ek hulle in hom geskiet het dan sou dit weer bq anders lyk maar vir my is die 6mm se gat net te lig vir Blesbok baie verder as 800y.
Ek en Jacques was voor die naweek op soek na 7mm lope vir 7mm LR jag gewere maar na die naweek wonder ons of 338 en/of iets soos n 300Norma Mag nie maar beter is nie. As jy kyk hoe Cronje se Howa skiet weet mens ook nie of dit regtig die moeite werd is om R40 000+ vir n custom geweer te betaal net om me te jag nie, daar is wel n groot verskil tussen 800y en n 1200y self op staal is dit n hele ander game na n 1000y en dan sal n mens moet kyk wat gaan aan. Vir my is dit dalk beter om net n 30" loop met die regte kamer en twist op my WM te sit maar dit kom weer met sy eie pyne en papiere.

