n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Post by Capt. Yoda »

Nella wrote:Vraag aan julle manne wat so vêr kan skiet/jag
Verkies julle swaar vir kaliber koeëls wat beter dra maar viniger val of liewers n ligter koeël wat se trajek platter is?

Jan het jou klaar die antwoord gegee maar ek het gister gesit en kyk watse geweer ek saam vat na ons volgende jag.
Nou die is vir springbok op verder afstand so n 6mm met n lang koel sal mooi werk en dit is atyd die stouter wat elk geval eerste uit spring as ek die kluis oop maak maar vir n groot bok sal ek n groot koel in 30 verkies, hier van 200gr af.

Nou as jy kyk na die 3 wat ek na gekyk het om saam te vat, kom ons se ons wou weer SWBe skiet of n RHB.
Al 3 op 800y in n 10mph wind uit jou 3uur uit.

6SLR met n 105VLD teen 3155fps
14.2moa op
3.4moa regs vir wind
1001ft-lbs energie op 800y

30.06 met n 215gr Hybrid teen 2600fps
21moa op
3.6moa regs vir wind
1689ft-lbs energie oor op 800y

300WM met n 200gr Hybrid teen 2800fps
18.4moa op
3.5moa regs vir wind
1588ft-lbs energie oor op 800y

Soos Jan ook gese het die elevation pla nie, of jy 1moa of 30moa op moet gaan ons sal elke keer die turret draai so die scope moet net kan stel tot waar jy wil skiet. Wind is daar tussen die 3 niks nie, as die wind konstant waai is dit maklik maar dit gebeur bitter min dat die wind hier by jou en al die pad tot by jou tyken dieselfde waai.

Energie gewys is daar nogals n verskil tussen die 3, as my WM die 215 of 230gr Bergers mooi geskiet het sou ek hulle in hom geskiet het dan sou dit weer bq anders lyk maar vir my is die 6mm se gat net te lig vir Blesbok baie verder as 800y.

Ek en Jacques was voor die naweek op soek na 7mm lope vir 7mm LR jag gewere maar na die naweek wonder ons of 338 en/of iets soos n 300Norma Mag nie maar beter is nie. As jy kyk hoe Cronje se Howa skiet weet mens ook nie of dit regtig die moeite werd is om R40 000+ vir n custom geweer te betaal net om me te jag nie, daar is wel n groot verskil tussen 800y en n 1200y self op staal is dit n hele ander game na n 1000y en dan sal n mens moet kyk wat gaan aan. Vir my is dit dalk beter om net n 30" loop met die regte kamer en twist op my WM te sit maar dit kom weer met sy eie pyne en papiere.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Post by Gian_dP »

Baie lekker om die jagstorie te lees!

Welgedaan aan elkeen van julle, kan net dink hoe lekker dit was om al die harde werk in sukses om te skakel.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Post by Nella »

Dankie julle manne se antwoord maak sin
So lang afstand skiet vat rerig baie toewyding en oefen, jy moet presies jou skieter en die koeël se val ken.
Mooi geskiet daar...julle mag maar.
Just smile and wave boys >:D
GVC86
Full Member
Full Member
Posts: 185
Joined: Tue Jan 13, 2015 9:29 pm

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Post by GVC86 »

Nella wrote:Dankie julle manne se antwoord maak sin
So lang afstand skiet vat rerig baie toewyding en oefen, jy moet presies jou skieter en die koeël se val ken.
Mooi geskiet daar...julle mag maar.
Presies Nella, dit is hoekom ek vies raak vir manne wat sê lang afstand jag is nie jag nie. Seker in die tradisionele "manier" nie. Maar ek weet nie van baie jagters wat soveel tyd, energie, oefening, geld en voorbereiding in sit soos LA jagters om te verseker dat hulle suksesvol is nie. Mens "wing" nie net n 900m skoot en bereik sukses nie.

Goed gedoen manne, kan nie wag om weer voltyds op die LA scene te klim nie en dalk eendag (hopelik binnekort) my eie soortgelyke storie te kom vertel.

Sent from my SM-G610F using Tapatalk
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Post by FHM »

Dit was nou n lekker lees - mooi gedoen Cappie-julle en geluk met daai mooi bokke! ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Post by Capt. Yoda »

Nella wrote:Dankie julle manne se antwoord maak sin
So lang afstand skiet vat rerig baie toewyding en oefen, jy moet presies jou skieter en die koeël se val ken.
Mooi geskiet daar...julle mag maar.

Nella om jou n idee te gee, van ons het laas jaar na die jag op daai selfde plaas besluit om uit en uit te fokus op LR skiet, ons het voor dit ook LR geskiet maar dit was meestal op staal en ek dink ons het dit verkeerd benader veral omdat dit meer n "elke ou doen sy ding op die baan" storie was en alma wou maar net n mooi groep of 2 op 1000m skiet. Nie net vir jag nie maar vir super league en ook Alrha komps maar alles wat ons doen is gemik op jag. Ons skiet tenminste een keer per maand alleen waar ons in verskillinde omstandighede skiet, nie n groep op 1000m op n meter by n meter gong heel op die kant nie maar soos ons sal jag en waar ons een skoot wil gebruik om daai kol waar voor ons mik te tref. So “plot” ons wat gebeur in verskillinde omstandighede en as iets fout is kan mens weer terug gaan deur jou data en kyk.

Party Saterdae skiet ons elk dalk 10 skote van 600y tot 1000y in die wind op verskillinde gonge om daai “first round hit” te oefen en dan skiet ons nog omtrent elke maand n kompetiesie ook. Wind lees vir mekaar is n groot punt wat ook geoefen moet word, ek en Jacques verstaan mekaar mooi en so ook Ben en Cronje. As ons op die baan is probeer ons nou om dit bq te mix en dan sal ek en Cronje vir mekaar kyk en so aan net om te oefen om die ander ou te help.

Dit klink eenvoudig om wind te oefen maar jy leer regtig jou partner na n ruk en hoe hy die wind lees, op n dag soos Saterdag wat daar baie mense is selfs mense wat nie skiet nie en net kyk raak dit ook moeilik tussen almal wat range en wind kyk en bokke nominate maar jy skakel dit vining uit sodra die ou wat altyd saam jou skiet langs jou le en vir se hoe of wat om te doen. Die ou wat skiet en sy geweer is net een deel van die skakel, jou spotter speel n baie groot rol in die maak of breek van n skoot en dit is dan ook lekker om in Super League en Alrha saam daai ou te skiet. Alleen so skoot probeer skiet raak n heel ander storie veral op wild wat heeltyd rond beweeg.

Ek dink Cronje het die 2 weke voor die jag 5 baan sessies saam verskillinde mense in gewerk net om seker te maak daai WM se eerste skoot is raak en waar hy moet wees.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7558
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Post by Wouter Roets »

Geluk manne! Well done!!

Net vir interessantheid manne, hoe ver staan julle van die toilet af as julle pie? ;D

Groetnis
Wout
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Post by Riaan Kriel »

Wouter Roets wrote:Geluk manne! Well done!!

Net vir interessantheid manne, hoe ver staan julle van die toilet af as julle pie? ;D

Groetnis
Wout
Seker ten minste 'n tree terug anders word die "tools" nat >:D ++>:
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Post by Capt. Yoda »

Ons wonder nog wie gebruik n 20moa rail, ek sien Gerhardu bestuur net met een hand....
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Born2Late
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Post by Born2Late »

Daar is wind lees ook belangrik anders is jou skoene nat...
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Post by Geno »

Geluk manne. Bitter mooi geskiet!
Goed, beter, 6millimeter!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7558
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Post by Wouter Roets »

Capt. Oblivious wrote:Ons wonder nog wie gebruik n 20moa rail, ek sien Gerhardu bestuur net met een hand....
;D

Ek sien julle is baie ernstig oor hierdie spotter ding...
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 716
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Post by SakoTrippel2 »

Baie Lekker gelees aan die storie! Mooi geskryf! Baie geluk met almal se bokke en ook aan die Manne wat lang skote gegooi het welgedaan! As mens so in 'n span werk kan alles mos net goed gaan!
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180504/5b7518d174040e29aa427185a6a4a602.jpg
Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
User avatar
Dweetster
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 455
Joined: Mon May 07, 2012 5:34 pm

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Post by Dweetster »

Wow manne dit wil gedoen word. Dankie vir die great storie dit het gevoel of ek deel was.
Post Reply