Bobbejaan beheer

Post Reply
GVC86
Full Member
Full Member
Posts: 185
Joined: Tue Jan 13, 2015 9:29 pm

Bobbejaan beheer

Post by GVC86 »

More manne,

Het bietjie raad nodig.

Die Oom (boer) op wie se plaas ons skiet baan is het my gevra om te help met die beheer van bobbejane op sy plaas.

Hulle maak groot skade en dis ook n guldige geleentheid om n paar randjies te maak, en meer "shares" in die Oom se goeie boekies te kry.

Ek het hulle al ietwat bestudeer en weet min of meer wat hul roetine is.

Nou, wat is die wetlike aspek hieraan verbonde? Ek het die limpopo en mpumalanga proklamasies vanaf die natshoot site gekry maar is nogsteeds nie seker nie. Die plaas is in mpumalanga maar grens aan limpopo, naby loskop dam.

Watse lisensies/permitte/ens. het mens nodig om bobbejane as varmints te jag?

Verals as mens die bobbejane wil verkoop aan taxidermists etc.

Groete
George

Sent from my SM-G610F using Tapatalk
User avatar
Dweetster
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 455
Joined: Mon May 07, 2012 5:34 pm

Re: Bobbejaan beheer

Post by Dweetster »

GVC 86
Ek is seker as jy parkeraat skakel en vra, sal jy skade permit kan kry. Die eienaar moet dalk net n aanduiding van die skade met adres vir jou gee.
Hulle ondersoek die probleem (somtyds) maar behoord vir jou n pirmit uit te gee vir n aantal manlikke of vroulike diere.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Bobbejaan beheer

Post by OosKaapJagter »

Hier is so paar kontaknommers:
http://www.mtpa.co.za/index.php?biodiversity+1926

Ek sien in artikel 44 gelees met bylae 8, van die Mpumalanga Natuurbewaringswet 10 van 1998, dat bobbejane nie outomaties as probleemdiere beskou word nie.
GVC86
Full Member
Full Member
Posts: 185
Joined: Tue Jan 13, 2015 9:29 pm

Re: Bobbejaan beheer

Post by GVC86 »

Dankie vir almal se insette.

Die oom gaan aansoek doen vir n permit, sodra hy die verkry het dal ons begin werk aan die beheer van die getalle.

Sent from my SM-G610F using Tapatalk
Post Reply