Haelgeweer advies.

User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Haelgeweer advies.

Post by sako 30-06 »

Ek het gister my haelgeweer gekry, dis darem maar n lekker gevoel om n nuwe speelding te he.

As enige iemand raad het sal ek dit waardeer. As daar enige belangrike stappe om te neem voor ek die eerste skoot
skiet ten opsigte van die geweer skoonmaak ens.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 620
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: Haelgeweer advies.

Post by Johan van Wyk »

Koop vir jou `n bore-snake. Dit werk wonderlik en ek maak geen haelgeweer meer as een keer per jaar met iets meer as `n bore-snake skoon nie - dis nie nodig as jy die bore-snake na jy geskiet het deur die lope trek nie. As jy die bore-snake klaar deur elke loop getrek het, vat `n stukkie lap groot genoeg om om jou pinkie te pas, maak dit nat met `n goeie olie soos Ballistol en vee die kamers daarmee af. Mens vat aan die patrone met sweterige hande en druk hulle dan in die kamers. Hierdie is die nommer een oorsaak van korrosie by haelgewere en is maklik om te voorkom met `n eenvoudige olie lappie.

Kry `n ligte ghries van soorte en sit dit op die "trunnions" (dis die twee knoppe wwerskante van die Beretta se kamers waarop die lope skanier) en sorg dat die twee trunnions permanent `n ligte lagie van die ghries op het.

Ditto vir die chokes. Ligte ghries en haal hulle elke dan en wan uit, maak skoon, sit nuwe ghries op en draai terug. Die ghries word hard met tyd - vra my, ek is die ekspert om chokes wat vas sit te moet uithaal...

Leer sommer van die begin af die gewoonte aan om die haelgeweer so saggies as moontlik toe te maak ook. Dis `n baie slegte idee om `n haelgeweer met geweld toe te maak.

Laastens, stoor die geweer onderstebo in jou kluis. Dit voorkom dat enige oortolige olie in die kolf in week deur die aksie. Dit lyk snaaks maar is baie goedkoper as `n nuwe Beretta kolf.
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1864
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Haelgeweer advies.

Post by Rudi Fischer »

Hi Johan

Net vir nuuskierigheid ... hoeveel skote skiet jy in n jaar deur jou haelgeweer ?
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 620
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: Haelgeweer advies.

Post by Johan van Wyk »

Rudi,

Ek het meer as een haelgeweer so dis moeilik om presies te wees. Deur my OU Browning, wat ek meestal kleie en duiwe mee skiet, maklik so 2-3 000 per jaar, en soms HEELWAT meer. My s/s haelgewere doen minder diens, seker so twee kaste per jaar saam.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Haelgeweer advies.

Post by sako 30-06 »

Baie dankie vir die advies.

Dit help regtig baie. Is daar n spesifieke ghries wat jy sal voorstel?
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 620
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: Haelgeweer advies.

Post by Johan van Wyk »

Ek gebruik `n buisie Hoppes Gun Grease. Dit hou my al tien jaar en is nog so half, so dit behoort jou `n goeie idee te gee van hoeveel om te gebruik - net genoeg. Ek is nie heeltemal op hoogte van wat beskikbaar is vandag nie maar enige dunnerige (by gebrek aan `n ander beskrywing) ghries sal wek.

`n Vriend van my gebruik wat hy noem "axle ghreese" op sy haelgewere. Dis so nare pers kleur maar dit werk baie goed.

Soos genoem, vermy dit om olie op enigiets in of om die aksie te spuit want dit week eventueel in die hout in. Ek vee die roet af met `n olielappie na ek geskiet het en dis genoeg. Na tien jaar se getroue diens is my Browning nog mooi roesvry. As jy regtig wil kan jy Eez-Ox (nie seker van die spelling nie - sal gaan kyk) aan die buitekant van die lope en aksie smeer en laat droog word. Dis `n fantastiese produk wat deur Hailstorm in Pretoria ingevoer word. Dis nie `n smeermilddel nie maar dis uiters roeswerend. Ek het al `n keer of wat natgereen met my roere en dan is hierdie die roete wat ek volg om roes te vermy. Dit werk soos `n bom.
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Haelgeweer advies.

Post by Harambe »

Ek gebruik al 'n ruk lank 'n klein botteltjie Castrol Edge 5w40 sintetiese olie. Dis dieselfde wat ek in my kar gebruik. En 'n pot ghries wat ek in 2012 gekoop het toe ek my ou Corsa Lite se "wheelbearings" vervang het. Beide werk goed vir my. En die ouens daar anderkant kan my maar noem wat hulle wil, maar my gewere loop mooi en daar is geen roes op hulle nie.
Of so iets
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Haelgeweer advies.

Post by Supacow »

Gelukkig is hier nie n loopinbreekvolgenshowasewebtuiste van toepassing
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 620
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: Haelgeweer advies.

Post by Johan van Wyk »

Harambe wrote:Ek gebruik al 'n ruk lank 'n klein botteltjie Castrol Edge 5w40 sintetiese olie. Dis dieselfde wat ek in my kar gebruik. En 'n pot ghries wat ek in 2012 gekoop het toe ek my ou Corsa Lite se "wheelbearings" vervang het. Beide werk goed vir my. En die ouens daar anderkant kan my maar noem wat hulle wil, maar my gewere loop mooi en daar is geen roes op hulle nie.
Mens sien te veel ouens wat die aksie natspuit met Trisol of Ballistol uit `n spuitkannetjie of so iets. Op die manier eindig meeste van die olie op presies waar dit nie moet wees nie. Dis eintlik die ding om te vermy in my opinie, nie selektiewe toediening waar en wanneer nodig nie. Matigheid is soms `n goeie ding.
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 620
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: Haelgeweer advies.

Post by Johan van Wyk »

Supacow wrote:Gelukkig is hier nie n loopinbreekvolgenshowasewebtuiste van toepassing
Niks geinskiet-inskiet vir my as dit by haelgewere kom nie! Hoe skiet mens in ieder geval `n ou Engelse side-by-side wat 120 jaar oud is in? Of selfs `n nuwe Beretta? Alhoewel iemand seker nou reeds besig is om te tik en vir ons te vertel hoe om dit te doen...
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: Haelgeweer advies.

Post by Joe13 »

Hierdie is n netjiese speelding, ek lief mos 'n OU!
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Haelgeweer advies.

Post by Geno »

Joe13 wrote:ek lief mos 'n OU!
Aitsa...
Goed, beter, 6millimeter!
marthinus100
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Fri Jan 04, 2013 7:46 am

Re: Haelgeweer advies.

Post by marthinus100 »

Ai man verlang ek nou na my silver pigeon. Een van die dae weer n O/U aanskaf, dis net n moet in die kluis. Daai 690 black doen dit net vir my.
Glock 17 Gen4
Beretta 1301 comp 24"
Daniel Defense DDM4 V7 Pro
Brno Mod 2e
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: Haelgeweer advies.

Post by Joe13 »

Geno wrote:
Joe13 wrote:ek lief mos 'n O/U!
Aitsa...
Beter?
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Haelgeweer advies.

Post by Harambe »

baie
Of so iets
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Haelgeweer advies.

Post by sako 30-06 »

Joe13 wrote:
Geno wrote:
Joe13 wrote:ek lief mos 'n O/U!
Aitsa...
Beter?
Ek het nou lekker gelag, mense hier in die hospitaal kyk my snaaks aan. ;D
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: Haelgeweer advies.

Post by naas222 »

Geluk met jou mooi geweer.. dit lyk sommer spoggerig

Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
koos 2
Hero Member
Hero Member
Posts: 734
Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm

Re: Haelgeweer advies.

Post by koos 2 »

Pragtige geweer, baie geluk.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Haelgeweer advies.

Post by tripodmvr »

Vaseline is 'n "ligte ghries" en werk heel goed in my haelgewere. Prys en beskikbaarheid is ook groot voordele.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Haelgeweer advies.

Post by Harambe »

tripodmvr wrote:Vaseline is 'n "ligte ghries" en werk heel goed in my haelgewere. Prys en beskikbaarheid is ook groot voordele.
Dit werk ook vir as jou bene begin skaaf in die veld as jy ver loop agter 'n bok aan.
Of so iets
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Haelgeweer advies.

Post by sako 30-06 »

Ek het die naweek so bietjie gaan speel.

Moer maar dit is darem maar lekker. Nou gaan ek moet oefen, oefen en nog bietjie oefen.
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Haelgeweer advies.

Post by Harambe »

Probeer altyd so meter voor die klei mik.
Of so iets
johannvdg
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 73
Joined: Mon May 04, 2015 11:35 am

Re: Haelgeweer advies.

Post by johannvdg »

Harambe wrote:Probeer altyd so meter voor die klei mik.
Ek is jammer, maar hierdie is nou een van die slegste stukkies advies wat ek al ooit gesien het, wanneer dit by haelgeweer skiet kom.

Sent from my SM-P605 using Tapatalk
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Haelgeweer advies.

Post by Harambe »

johannvdg wrote:
Harambe wrote:Probeer altyd so meter voor die klei mik.
Ek is jammer, maar hierdie is nou een van die slegste stukkies advies wat ek al ooit gesien het, wanneer dit by haelgeweer skiet kom.

Sent from my SM-P605 using Tapatalk
Dalk kyk jy net verkeerd daarna. Wanner die ding weg van jou af beweeg, dan mik jy mos skrams verby hom aan die kant waarna toe hy beweeg. In effek mik jy 'n meter voor die klei. Maar die voorkant is mos daar waar hy heen beweeg. So jy mik seker 10cm tot 20cm links of regs van hom. Maar die punt waar jou visier heen wys is omtrent 'n meter voor die klei.
Of so iets
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 620
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: Haelgeweer advies.

Post by Johan van Wyk »

Harambe wrote:
johannvdg wrote:
Harambe wrote:Probeer altyd so meter voor die klei mik.
Ek is jammer, maar hierdie is nou een van die slegste stukkies advies wat ek al ooit gesien het, wanneer dit by haelgeweer skiet kom.

Sent from my SM-P605 using Tapatalk
Dalk kyk jy net verkeerd daarna. Wanner die ding weg van jou af beweeg, dan mik jy mos skrams verby hom aan die kant waarna toe hy beweeg. In effek mik jy 'n meter voor die klei. Maar die voorkant is mos daar waar hy heen beweeg. So jy mik seker 10cm tot 20cm links of regs van hom. Maar die punt waar jou visier heen wys is omtrent 'n meter voor die klei.
Daar kan net nooit so ding wees soos om konstant 'n meter of so voor elke klei te skiet. Party kleie op die kompetisiebane vereis som METERS se lead, andere feitlik geen.

Ek dink ook met respek jy verstaan die haelgeweer mik ding nie mooi nie. Met 'n haelgeweer is jou skiet oog die visier. Hy gaan dus nooit 'n meter voor enigiets wees nie maar eerder so net vokant die kam van die kolf.

Maar wie weet, dalk verstaan ek ook verkeerd wat jy bedoel. Verduidelik weer dan probeer ek weer verstaan.
Post Reply