Haelgeweer advies.
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Haelgeweer advies.
Ek het gister my haelgeweer gekry, dis darem maar n lekker gevoel om n nuwe speelding te he.
As enige iemand raad het sal ek dit waardeer. As daar enige belangrike stappe om te neem voor ek die eerste skoot
skiet ten opsigte van die geweer skoonmaak ens.
As enige iemand raad het sal ek dit waardeer. As daar enige belangrike stappe om te neem voor ek die eerste skoot
skiet ten opsigte van die geweer skoonmaak ens.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 620
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Haelgeweer advies.
Koop vir jou `n bore-snake. Dit werk wonderlik en ek maak geen haelgeweer meer as een keer per jaar met iets meer as `n bore-snake skoon nie - dis nie nodig as jy die bore-snake na jy geskiet het deur die lope trek nie. As jy die bore-snake klaar deur elke loop getrek het, vat `n stukkie lap groot genoeg om om jou pinkie te pas, maak dit nat met `n goeie olie soos Ballistol en vee die kamers daarmee af. Mens vat aan die patrone met sweterige hande en druk hulle dan in die kamers. Hierdie is die nommer een oorsaak van korrosie by haelgewere en is maklik om te voorkom met `n eenvoudige olie lappie.
Kry `n ligte ghries van soorte en sit dit op die "trunnions" (dis die twee knoppe wwerskante van die Beretta se kamers waarop die lope skanier) en sorg dat die twee trunnions permanent `n ligte lagie van die ghries op het.
Ditto vir die chokes. Ligte ghries en haal hulle elke dan en wan uit, maak skoon, sit nuwe ghries op en draai terug. Die ghries word hard met tyd - vra my, ek is die ekspert om chokes wat vas sit te moet uithaal...
Leer sommer van die begin af die gewoonte aan om die haelgeweer so saggies as moontlik toe te maak ook. Dis `n baie slegte idee om `n haelgeweer met geweld toe te maak.
Laastens, stoor die geweer onderstebo in jou kluis. Dit voorkom dat enige oortolige olie in die kolf in week deur die aksie. Dit lyk snaaks maar is baie goedkoper as `n nuwe Beretta kolf.

- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1864
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Haelgeweer advies.
Hi Johan
Net vir nuuskierigheid ... hoeveel skote skiet jy in n jaar deur jou haelgeweer ?
Net vir nuuskierigheid ... hoeveel skote skiet jy in n jaar deur jou haelgeweer ?
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 620
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Haelgeweer advies.
Rudi,
Ek het meer as een haelgeweer so dis moeilik om presies te wees. Deur my OU Browning, wat ek meestal kleie en duiwe mee skiet, maklik so 2-3 000 per jaar, en soms HEELWAT meer. My s/s haelgewere doen minder diens, seker so twee kaste per jaar saam.
Ek het meer as een haelgeweer so dis moeilik om presies te wees. Deur my OU Browning, wat ek meestal kleie en duiwe mee skiet, maklik so 2-3 000 per jaar, en soms HEELWAT meer. My s/s haelgewere doen minder diens, seker so twee kaste per jaar saam.
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Haelgeweer advies.
Baie dankie vir die advies.
Dit help regtig baie. Is daar n spesifieke ghries wat jy sal voorstel?
Dit help regtig baie. Is daar n spesifieke ghries wat jy sal voorstel?
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 620
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Haelgeweer advies.
Ek gebruik `n buisie Hoppes Gun Grease. Dit hou my al tien jaar en is nog so half, so dit behoort jou `n goeie idee te gee van hoeveel om te gebruik - net genoeg. Ek is nie heeltemal op hoogte van wat beskikbaar is vandag nie maar enige dunnerige (by gebrek aan `n ander beskrywing) ghries sal wek.
`n Vriend van my gebruik wat hy noem "axle ghreese" op sy haelgewere. Dis so nare pers kleur maar dit werk baie goed.
Soos genoem, vermy dit om olie op enigiets in of om die aksie te spuit want dit week eventueel in die hout in. Ek vee die roet af met `n olielappie na ek geskiet het en dis genoeg. Na tien jaar se getroue diens is my Browning nog mooi roesvry. As jy regtig wil kan jy Eez-Ox (nie seker van die spelling nie - sal gaan kyk) aan die buitekant van die lope en aksie smeer en laat droog word. Dis `n fantastiese produk wat deur Hailstorm in Pretoria ingevoer word. Dis nie `n smeermilddel nie maar dis uiters roeswerend. Ek het al `n keer of wat natgereen met my roere en dan is hierdie die roete wat ek volg om roes te vermy. Dit werk soos `n bom.

Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Haelgeweer advies.
Ek gebruik al 'n ruk lank 'n klein botteltjie Castrol Edge 5w40 sintetiese olie. Dis dieselfde wat ek in my kar gebruik. En 'n pot ghries wat ek in 2012 gekoop het toe ek my ou Corsa Lite se "wheelbearings" vervang het. Beide werk goed vir my. En die ouens daar anderkant kan my maar noem wat hulle wil, maar my gewere loop mooi en daar is geen roes op hulle nie.
Of so iets
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Haelgeweer advies.
Gelukkig is hier nie n loopinbreekvolgenshowasewebtuiste van toepassing
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 620
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Haelgeweer advies.
Mens sien te veel ouens wat die aksie natspuit met Trisol of Ballistol uit `n spuitkannetjie of so iets. Op die manier eindig meeste van die olie op presies waar dit nie moet wees nie. Dis eintlik die ding om te vermy in my opinie, nie selektiewe toediening waar en wanneer nodig nie. Matigheid is soms `n goeie ding.Harambe wrote:Ek gebruik al 'n ruk lank 'n klein botteltjie Castrol Edge 5w40 sintetiese olie. Dis dieselfde wat ek in my kar gebruik. En 'n pot ghries wat ek in 2012 gekoop het toe ek my ou Corsa Lite se "wheelbearings" vervang het. Beide werk goed vir my. En die ouens daar anderkant kan my maar noem wat hulle wil, maar my gewere loop mooi en daar is geen roes op hulle nie.
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 620
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Haelgeweer advies.
Niks geinskiet-inskiet vir my as dit by haelgewere kom nie! Hoe skiet mens in ieder geval `n ou Engelse side-by-side wat 120 jaar oud is in? Of selfs `n nuwe Beretta? Alhoewel iemand seker nou reeds besig is om te tik en vir ons te vertel hoe om dit te doen...Supacow wrote:Gelukkig is hier nie n loopinbreekvolgenshowasewebtuiste van toepassing
-
Joe13
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am
Re: Haelgeweer advies.
Hierdie is n netjiese speelding, ek lief mos 'n OU!
Johann...
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
- Geno
- Administrator

- Posts: 13644
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
-
marthinus100
- Full Member

- Posts: 217
- Joined: Fri Jan 04, 2013 7:46 am
Re: Haelgeweer advies.
Ai man verlang ek nou na my silver pigeon. Een van die dae weer n O/U aanskaf, dis net n moet in die kluis. Daai 690 black doen dit net vir my.
Glock 17 Gen4
Beretta 1301 comp 24"
Daniel Defense DDM4 V7 Pro
Brno Mod 2e
Beretta 1301 comp 24"
Daniel Defense DDM4 V7 Pro
Brno Mod 2e
-
Joe13
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am
Re: Haelgeweer advies.
Beter?Geno wrote:Aitsa...Joe13 wrote:ek lief mos 'n O/U!
Johann...
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Haelgeweer advies.
Ek het nou lekker gelag, mense hier in die hospitaal kyk my snaaks aan.Joe13 wrote:Beter?Geno wrote:Aitsa...Joe13 wrote:ek lief mos 'n O/U!
- naas222
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am
Re: Haelgeweer advies.
Geluk met jou mooi geweer.. dit lyk sommer spoggerig
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
-
koos 2
- Hero Member

- Posts: 734
- Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm
Re: Haelgeweer advies.
Pragtige geweer, baie geluk.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Haelgeweer advies.
Vaseline is 'n "ligte ghries" en werk heel goed in my haelgewere. Prys en beskikbaarheid is ook groot voordele.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Haelgeweer advies.
Dit werk ook vir as jou bene begin skaaf in die veld as jy ver loop agter 'n bok aan.tripodmvr wrote:Vaseline is 'n "ligte ghries" en werk heel goed in my haelgewere. Prys en beskikbaarheid is ook groot voordele.
Of so iets
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Haelgeweer advies.
Ek het die naweek so bietjie gaan speel.
Moer maar dit is darem maar lekker. Nou gaan ek moet oefen, oefen en nog bietjie oefen.
Moer maar dit is darem maar lekker. Nou gaan ek moet oefen, oefen en nog bietjie oefen.
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
-
johannvdg
- Jr. Member

- Posts: 73
- Joined: Mon May 04, 2015 11:35 am
Re: Haelgeweer advies.
Ek is jammer, maar hierdie is nou een van die slegste stukkies advies wat ek al ooit gesien het, wanneer dit by haelgeweer skiet kom.Harambe wrote:Probeer altyd so meter voor die klei mik.
Sent from my SM-P605 using Tapatalk
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Haelgeweer advies.
Dalk kyk jy net verkeerd daarna. Wanner die ding weg van jou af beweeg, dan mik jy mos skrams verby hom aan die kant waarna toe hy beweeg. In effek mik jy 'n meter voor die klei. Maar die voorkant is mos daar waar hy heen beweeg. So jy mik seker 10cm tot 20cm links of regs van hom. Maar die punt waar jou visier heen wys is omtrent 'n meter voor die klei.johannvdg wrote:Ek is jammer, maar hierdie is nou een van die slegste stukkies advies wat ek al ooit gesien het, wanneer dit by haelgeweer skiet kom.Harambe wrote:Probeer altyd so meter voor die klei mik.
Sent from my SM-P605 using Tapatalk
Of so iets
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 620
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Haelgeweer advies.
Daar kan net nooit so ding wees soos om konstant 'n meter of so voor elke klei te skiet. Party kleie op die kompetisiebane vereis som METERS se lead, andere feitlik geen.Harambe wrote:Dalk kyk jy net verkeerd daarna. Wanner die ding weg van jou af beweeg, dan mik jy mos skrams verby hom aan die kant waarna toe hy beweeg. In effek mik jy 'n meter voor die klei. Maar die voorkant is mos daar waar hy heen beweeg. So jy mik seker 10cm tot 20cm links of regs van hom. Maar die punt waar jou visier heen wys is omtrent 'n meter voor die klei.johannvdg wrote:Ek is jammer, maar hierdie is nou een van die slegste stukkies advies wat ek al ooit gesien het, wanneer dit by haelgeweer skiet kom.Harambe wrote:Probeer altyd so meter voor die klei mik.
Sent from my SM-P605 using Tapatalk
Ek dink ook met respek jy verstaan die haelgeweer mik ding nie mooi nie. Met 'n haelgeweer is jou skiet oog die visier. Hy gaan dus nooit 'n meter voor enigiets wees nie maar eerder so net vokant die kam van die kolf.
Maar wie weet, dalk verstaan ek ook verkeerd wat jy bedoel. Verduidelik weer dan probeer ek weer verstaan.