Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het 'n .22 rewolwer vir speel.
As ek high velocity ammo skiet dan sukkel die doppies om uit te spring uit die rol uit.
Standard velocity sit nie so erg vas nie. Het 'n boksie fiocchi hollow points gekry en hulle werk lekker.
Ander vriend van my het 'n .22 geweertjie wat dieselfde doen.
Hennie, baie 22 rewolwers is gemaak om slegs "shorts" te skiet (my pa het so Gecado gehad). Kyk mooi of jy nie iets op die romp geskryf sien nie.
Die patrone van veral die ou Swartklip ammunisie was baie dik met was gesmeer. In my Krico maak dit die kamer taai en dan sit die doppies vas. Maak skoon met 'n olielappie en dan kan dit dalk help.
tripodmvr wrote:Hennie, baie 22 rewolwers is gemaak om slegs "shorts" te skiet (my pa het so Gecado gehad). Kyk mooi of jy nie iets op die romp geskryf sien nie.
Die patrone van veral die ou Swartklip ammunisie was baie dik met was gesmeer. In my Krico maak dit die kamer taai en dan sit die doppies vas. Maak skoon met 'n olielappie en dan kan dit dalk help.
Die een is LR en Short. sal hom bietjie skoon maak en met ligte olie lappie by kom en toets.
CCI makes the Stinger, it is a high velocity 22LR.
The 22 Stinger use a slightly longer case with a lighter (32 gr instead of a 36 or 40 gr bullet) but shorter bullet in conjunction with a slower burning powder charge to give better performance in rifles, not so much handguns. The overall length and rim are identical to the standard 22LR.
tripodmvr wrote:
Die patrone van veral die ou Swartklip ammunisie was baie dik met was gesmeer. In my Krico maak dit die kamer taai en dan sit die doppies vas. Maak skoon met 'n olielappie en dan kan dit dalk help.
Ek dink die opmerking slaan die spyker op die kop. Maak die patroontjies se doppe ook maar eers bietjie skoon voor jy hulle skiet. Daai was kan nogal lollerig raak met die tyd saam en lekker taai word.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion) (“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Wanneer daar heelwat shorts geskiet word en dan oorgegaan word na longs kan dit gebeur.
Die short "brand" n carbon ringetjie in die kamer wat dan die long dop effe kan laat vassteek.
Selfde gebeur met 357 rewolwers wanneer 38 spcl daarin geskiet word en dan teruggegaan word na 357.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
In my puntjie-2-2 BSA geweer gebeur dit as ek koelle met n dik waslagie skiet, baie van hulle, die oplossing is maak die loop lekker skoon en hy loop weer oop anders gaan jy en jou knipmes goeie pelle raak!
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
tripodmvr wrote:
Die patrone van veral die ou Swartklip ammunisie was baie dik met was gesmeer. In my Krico maak dit die kamer taai en dan sit die doppies vas. Maak skoon met 'n olielappie en dan kan dit dalk help.
Ek dink die opmerking slaan die spyker op die kop. Maak die patroontjies se doppe ook maar eers bietjie skoon voor jy hulle skiet. Daai was kan nogal lollerig raak met die tyd saam en lekker taai word.
Ek sal bietjie die raat volg. Dink dit is wat gebeur.
Dankie almal.