Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post Reply
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Biker »

WILLEBLIKSEM MY OU MATER Taffie
Jy is nou amptelik n rekord houer. Nee wat ou Louis los daai getoetsery wat jy voorstel ,ek sien die toets is al klaar gedoen ;)
Nou wonder ek of ek my ou S. Habicht kan inruil op so nuwe modelletjie. Taffie jy het nou nagskiet n ander dimensie gegee en ek is moerse be-indruk met daai478m So moet dit mos gewys word!
Groete Biker
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Francois Marais »

Taffie

Mooi gegooi my ou maat, moet ook net hier uitwys dat dit nie NET die scope is wat sulke skote kan skiet nie, man se alle equipment moet in tip-top kondisie wees......veral daai moer agter die roer....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Jaco Swart »

Taffie.

Ek dra nie eers bril nie , en kan ook nie eers so ver sien in die dag nie. Daai is voorwaardelik mooi gegooi.

Watter lig gebruik jy om so ver te kan skiet?

Groetnis
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Freddie101 »

Liewe Magtag Taffie
Na daai skoot moet ek ook iets se. Geluk man. wat kos daai scope?

Koos
Maak swarofski n rangefinder scope ook?

Freddie
yol bolsun
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Koos Barnard »

Freddie
Nee, Swarovski maak nie 'n rangefinder scope nie. Hulle het oorspronklik die eerstes uitgebring in die laat 1990s. Daarna egter die tegnologie aan ander verkoop wat nou sulke scopes maak. Ek het die Bushnell en Zeiss onder o? gehad en die Bushnell getoets maar was nie beindruk nie. Die Bushnell se kruishaar met die afmikpunte is so dik dit maak 'n vierduim kol toe op 200m.
Groetnis
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Doepie01 »

Taffie

My bewondering en respek vir jou het nou nog n paar clicks geklim. Baie geluk. Hel dis ongelooflik om n jak op daai afstand te skiet en dan nog in die nag en van n stoel af. Baie goeie scope daai maar die man agter die scope...... dis wat tel aan die einde van die dag.

Bevange!!!!!!

Doepie
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by tafjak »

Freddie

Ja, die range finder ding is natuurlik nou van aller grootste belang. Ek het 'n Nikon 550(baie goed gewerk toe ek nog nie kans gesien het vir langer skote nie) en die ou gee die gees hier op 450meter +. Sit reeds nou en range ape hier by my, 404m is naaste wat ek aan korrek kan kom met die ding en soek nou naarstigtelik vir iets beters en verder. Die langskoot-ding het my nou beetgepak en moet ongelukkig alle skuld aan Swarovski  se voete l?. Die Z6 met sy kruishaar en bykomstige voordele maak net sulke skote moontlik.

Ek beplan om die range finder koaksiaal te monteer op die stoel om tyd te spaar met die metery. Nuwe w?relde gaan oop vir my en hou die jakkalsjag interresant in tye wanneer dit moeilik gaan en die lus en dryf so bietjie afplat.

Doepie

Ek glo nie dat ek 'n rekordhouer is nie, het al iewers gehoor van 500meter skoot met 270(moet tog nie dat Raynie dit sien nie) en sal ook nie my eie persoonlike onderving hiervan as die standaard te reken nie, maar eerder dat as alles reg is, is sulke skote haalbaar. Heinrich het dit vir ons bewys op Video en ek reken dat my skoot 'n makliker een was. Toevallig het ek so dag of 2 voor die voorval(hoe noem mens dit) so paar skote op verskillende afstande gaan skiet om die kruishaar te toets(die roer het homself al bewys) en met behulp van Ballistiese program het ek gesien dat as ek 6duim(toevallig is my geweer 33mm/1.25duim hoog op 100 en die afmikmerk onder hoofkruis is 3duim, 2de merk is 'n verdere 40mm-1.5duim en die som gee baie naby aan 6duim) hoog op 100m is, is ek nagenoeg in die kol op 430 meter.

Ek moet nou net nog so 2 sulke skote skiet om myself wakker te maak en die vertroue "file" te laat vet word.

Mooiloop

Ps. Oefen intussen so op die ape in darie range
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Freddie101 »

tafjak wrote: Freddie

Ja, die range finder ding is natuurlik nou van aller grootste belang. Ek het 'n Nikon 550(baie goed gewerk toe ek nog nie kans gesien het vir langer skote nie) en die ou gee die gees hier op 450meter +. Sit reeds nou en range ape hier by my, 404m is naaste wat ek aan korrek kan kom met die ding en soek nou naarstigtelik vir iets beters en verder. Die langskoot-ding het my nou beetgepak en moet ongelukkig alle skuld aan Swarovski  se voete l?. Die Z6 met sy kruishaar en bykomstige voordele maak net sulke skote moontlik.

Ek beplan om die range finder koaksiaal te monteer op die stoel om tyd te spaar met die metery. Nuwe w?relde gaan oop vir my en hou die jakkalsjag interresant in tye wanneer dit moeilik gaan en die lus en dryf so bietjie afplat.
Het laasjaar toe ek meopta gekry het my rangefinder op my geweer arm gemount so bietjie links van teleskoop. Nou kan ek vinnig met linkeroog die afstand kyk en as hy binne range kom dan weet ek. Het ook gevind dat hy beter range omdat hy stewig is en stil op teiken korrel. Maar ek dink steeds 1ste prys sal rangefinder scope wees. My leopold rangefinder skyn met rooi lig as knoppie druk. endan verdwyn agtergrond en ek range maar op die dier se oog. As ek weer koop sal ek een soek wat net letters soos calculator het. Behoort beter te werk.
Sal later foto opsit.
Nou nnie dat ek beplan om so ver te skiet as jy nie. Wil net graag weet as dit oor 200m gaan. En as ek n verder skoorjie try wil ek weet hoe ver. En soos jy se as jy die trajek en die afstand ken raak dit makliker.
Groete Freddie
NS Koaksiaal = groot woord   ;)

Taffie waneer is jy naby ek sal graag deur die swaro wil loer.
Last edited by Freddie101 on Mon Jun 06, 2011 3:05 pm, edited 1 time in total.
yol bolsun
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Freddie101 »

Koos Barnard wrote: Freddie
Nee, Swarovski maak nie 'n rangefinder scope nie. Hulle het oorspronklik die eerstes uitgebring in die laat 1990s. Daarna egter die tegnologie aan ander verkoop wat nou sulke scopes maak. Ek het die Bushnell en Zeiss onder o? gehad en die Bushnell getoets maar was nie beindruk nie. Die Bushnell se kruishaar met die afmikpunte is so dik dit maak 'n vierduim kol toe op 200m.
Groetnis
Koos
Weet jy hoekom het hulle besluit om nie die pad te gaan nie. Is daar nadele?  Wat dink jy van die Zeiss. Die goed kos nogal groot geld.
Groete freddie
yol bolsun
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Wielie Waps »

Taffie
Well Done !!!!!!!!!!
Nou gaan haal jy die bobjaan agter die berg met daai scope.
Wonder wat ou Theuna sou gese het as jy hom van die ene vertel het.
Groetnis
WW
Geroer-nie geskud nie
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by tafjak »

Freddie

KOAKSIAAL= Tenks stukkend skiet en dan die lekker woord op die tong is natuurlik vir my: " Een nul ses terugslaglosekanon". Man dit klink vir my so mooi.

Die twaalf sewe is mos dan koaksiaal met die kanonloop gemonteer om die 106 koele te spaar met die rangeing. Altyd so gelag as die "Rambo's" van onse tyd verduidelik het dat as die kanonkoele op is, klop hulle net aan die buitekant van tenk en as die crew uitspring(weet mos die ware Jakob is oppad) skiet hulle die crew met 9mil.
Dit gee my die idee van die die scope en die range finder kyk in dieselfde rigting om dieselfde lig te gebruik om teiken te meet. Kyk deur die scope en die range finder sonder om stoel of geweer te skuif. Ag, ek weet dat jy weet wat die woord beteken, maar net om Louis102 op hoogte te hou. :D

B12's, RPG-7, 106mm Tenkafweerkanonne(alle terugslaglose goete omdat die recoil so niks issie, amper so terugslagloos soos 243 en 65gr Vmaxe) en sulke goete het my nog altyd laat wonder en kon nooit genoeg daarvan kry nie.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by JACQUES BOTHA »

MANNE EN MANINNE
Laat ons nou nie die ou scopie al die eer gee nie, Ek het al baie gesien dat die skatryk manne en maninne met swartworsies op 4 roere het as hy kom jag en skiet tjokkol raak nie. Ek weet dis nie die scope nie en ek weet hy sien moer duidelik hoe hy mis skiet...so al het jy watse scope jy moet nogsteeds kan skiet...
Ek sien al klaar hoe skiet Ou Taffie (hy word mos ouer oor n dag of drie) die manne onder die stof op Aliwal...OF HOE ?

Oom Leeu en FM
Het julle al n idee waie gaan sket saam of teen die Suid afrikaanse afvaardiging daar in die buurland?
Laat weet asb hoe het dit gegaan of eerder of julle roere op teiken is en of julle almal met die SWAROVSKI's gaan skiet????

Dis net lekkerder as jy kan sien en kan skiet.... lank lewe " If you cant see it  you can't shoot it....." 
Groetnis
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
Michiel(MCR)
Full Member
Full Member
Posts: 221
Joined: Wed Aug 11, 2010 7:24 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Michiel(MCR) »

mooi gegooi ou taffie  ;)
Remember the past, plan for the future, but live for today, because yesterday is gone and tomorrow may never come.
.22lr Brno, .223AI Brno shilen 28" loop 1:14, .22-250AI 28" Loop 1:8,.270w Brno.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Koos Barnard »

Freddie
Dir rangefinder scopes is nog steeds baie groot en swaar en die monterings daarvoor is beperk. Dir Zeiss lyk goed maar sy rangefinder se oog is langs die teleskoop gemonteer en daarvan hou ek nie. Ek dink die ideale rangefinding scope is nog 'n jaar of twee se dink en ontwerp weg.
Groetnis
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Freddie101 »

Koos
Dankie, het so iets vermoed. So die zeiss sn is KOAKSIAAL.  :D
yol bolsun
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Francois Marais »

Koos/Manne

Ek stem saam met jou, het vandag so n Zeiss Diarange scope op n Blaser gesit, die longrange joppie, so R100000.00 met sy kas ingsluit, moet se dink die ding kan nogal ver skiet as dit moet, MAAR .......

Ek dink daar is nog bietjie huiswerk om te doen, daai is n GROOT SWAAR scope en ek is gladnie mal oor sy vassit oppi geweer nie, die bleddie mounts kos 4500.00 alleen.....
en lyk soooo...
http://www.blaser.de/Optics-and-Mounts. ... ecce6f8f03

Gun lyk so, Long Range Sporter.....
http://www.blasercustomrifle.com/R93_blaser_LRS_2.html

en die scope het soo gelyk.....
http://www.zeiss.de/C1256BCF0020BE5F/Co ... CF0061320D

en sommer om bietjie te brag, het vandag so een aanmekaar gesit, in 500 Nitro, wil hom nog graag skiet....
http://www.blasercustomrifle.com/Blaser_Safari.html

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by tafjak »

Jaco S

Ek gebruik die 240mm Light Force en dit is die een in die sak op die onderste foto. Om die lig en die scope mooi stewig in lyn te hou, gebruik ek Tomcat-bracket en onder die lig se rand so stukkie/strokie skuimrubber om die lig elke keer reg te mount. Die rubber druk op die scope se voorste lens vas.

Sien julle die witkwas op die linkerste jakkals se stert?

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by JACQUES BOTHA »

Taffie
Dis nie n kwas op die stert nie, dis n vuil kolletjie stof op die scope se lens....
MAak skoon daai lensies man
JB
Shoot straight and tell the truth!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Louis102 »

tafjak wrote: .... (op die linkerkant van foto) en 478meter vir die teef ....
Ek en my vriend Dawie Blaauw, het die hierdie naweek Taffie, se nou reeds legendariese 478m-skoot probeer naboots.  Ons het dit ook in die nag met die selfde model Swarofsi en kruishaar as Taffie, 170 lightforce, 70 gr Blitzkings en 'n 6BR'tjie probeer doen.  'n Lewensgroote jakkalsteiken so na as moontlik aan 480m ge-"range". 

Ek moet na afloop s? dat wat Taffie gedoen het heeltemal moontlik is, indien daar manne is wat hieraan twyfel.  As jou gereedskap reg is, is daar geen twyfel dat 'n man wat soos Taffie kan skiet, dit kan doen nie. Ons kon die jakkals duidelik eien, maar het die afmik so effe verkeerd geraai, daarom het ek so bietjie laag geskiet. Ek het twee skote geskiet, waarvan die een die jakkals se been getref het en die ander net, net gemis het, ongeveer die twee duim links van die eerste skoot (sou ek dus die regte afmikpunt op die scope gebruik het, sou beide skote waarskynlik doodskote gewees het)  Met bietjie oefening glo ek sou ons dit regkry om so 'n jakkals ten minste 7 uit die tien te tref, sou kondisies dit toelaat (en ek kan nie eers so goed soos Taffie skiet nie)

Sal nou graag by Taffie wil hoor:  Ek reken die groter uitdaging by so 'n tipe skoot, is die afstandskat, sal jy saamstem?  Op daardie afstand begin die koe?lbaan sekerlik redelik vinnig val en maak 'n klein verskil afstand, 'n groot verskil waar jy gaan tref?  Ons teiken-jakkals was op 'n groot bord geplak wat die range-werk met my Leica-rangefinder makliker gemaak het.  Sou dit egter 'n lewende ware jakkals gewees het, sou ek dit maar moeilik op daardie afstand kon range.

Sal ook graag hier wil hoor wat Dawie se indrukke was.

Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Kalahari »

Louis102

Ek het ook al in die aand met lewensgrote jakkals teiken gaan skiet, weliswaar nou nie so ver soos julle nie (ek het geskiet op 300m). Aan die begin bietjie gesukkel, maar met die oefen kom mens later reg.

My afleiding uit wat ek beleef het is maar net OEFEN , OEFEN en weer OEFEN...............en dan die toerusting soos jy genoem het moet reg wees. 

Kalahari
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by JACQUES BOTHA »

oom Leeu
Jy het nog altyd eerlike terugvoer gegee en gesien dis moontlik...maar niemand gaan dit elke keer regkry in die veld nie . nommer 1 die rangefinder  ek twyfel of hy hom elke keer gaan optel tussen gras ens...
Soos jy se die toestande moet reg wees. jy moet of amper presies op die rgete afstand wees vir die regte afmikpunt en min wind indien enige...want min van ons sal kan skat wat die windjie gaan maak tot op 500 en al het jy n windmeter weet jy ook nie of hy meer of minder daarvoor waai nie , Ek het al gesien op 350 meter dat die wind die kant van die berg van lings na regs waai endar war die ghong staan slaan die stof van regs van lings uit...
So dit is n berekende skating na die waarheid as jy nie alles weet  of sien nie, En toestande an kalibers kan verskil, en eenvoudig het ek dit weer gesien Saterdag met .22 tabelle van sa jagters.. wind en afstand is n bliksemse ding  op 50 meter waai hy party koele  1 duim en ander 1,5 duim, dan draai jy 180 grade om en die wind waai hom nie veel weg op 300 400 500 meter nie? maak dit sin?????? amper onmoontlik om te se dit was so, En as dit net met een .22 was, sou ek gewonder het en toe skiet drie manne  met drie roere na n paaltjie in die water so 300-400 meter weg en die wind willie daai koeltjie wegwaai nie????? Sal graag wil hoor wat se DANIE243 hiervan want hy het dit gesien? So dit wat ons ervaar is great en soms slaan daar funnies uit en soms skiet ons goed en soms sleg en sommiges skiet ver en raak en ander skiet naby  mis... dis wat dit lekekr maak ...
ONS deel inligting en die manne begin kyk wat gaan aan en manne en maninne gebruik hulle skietgoet en doen moeite om hul roere reg te kry en om so bietjie seker te maak hulle skiet raak en besef wat kan  wapen in die regte man se hande doen.........
Dankie vir almal se insette en bydraes ek vind dit leersaam en intterresant ...
lekker speel en leer en oefen
want ons kan..
jacques
Shoot straight and tell the truth!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Louis102 »

JACQUES BOTHA wrote: ... Jy het nog altyd eerlike terugvoer gegee en gesien dis moontlik...maar niemand gaan dit elke keer regkry in die veld nie ...
Jakes, ek probeer nie voorgee dat iemand dit skoot vir skoot sal regkry "in die veld"-kondisies nie (glo nie dis wat ek ges? het nie).  Al wat ek s?, is dit baie meer moontlik is, as wat ek sou dink voor my en Dawie se oefening.  'n Jakkals wat dwars staan is 'n redelike groot teiken op die horisontale vlak.  Om die regte hoogte op die vertikale vlak te skiet, is 'n groter uitdaging, dink ek (perfekte kondisies netuurlik)  Dit hoef nie noodwendig 'n gelukskoot te wees, om dit reg te kry nie.  Hier's nog 'n gedagte vir jou om aan te herkou:

Ek dink mirage (lugspie?l) is omtrent geen faktor in 'n mooi nag nie en daarom kan dit selfs makliker wees om sulke skote suksesvol af te bring in die nag.

Ek twyfel geensins dat, indien 'n jakkals byvoorbeeld oop teen 'n kaal randjie staan, dit maklik deur 'n goeie nagskiet-scope gesien kan word op 500m afstande nie.  Natuurlik is dit onmoontlik in lang gras ens., maar ons praat mos nie daarvan nie.  Die rangefinder is 'n groter probleem, soos ek wel in my vorige post opgemerk het, maar dit is nie te s? dis onmoontlik nie.  Ek het al baie 'n groot rots of bos op daardie afstande ge-range en as die jakkals toevallig presies daar gaan staan, weet ek mos hoe v?r dit is?  Ek is nie 'n ongelowige Tomas in hierdie geval nie, maar moet bys? dat daai roer waarmee ek geskiet het, iets is om te beleef!  Sal darem graag eendag so roer in my kluis wil h?!!!

Mooiloop Ou Grote
Goeie dade oortref goeie woorde.
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by DSBW »

Louis

Jou opsomming is in die kol. Ek moet egter perspektief verleen ten opsigte van my ervaring, ek het nie naastenby die ondervinding van jou of Taffie nie, dus was dit vir my 'n nuwe w?reld (in Taffie se woorde) om op daardie afstand die jakkals so duidelik te kan sien. Die teleskoop maak dit natuurlik moontlik, maar jy het nagelaat om te s? dat daar 'n paar jaar oue S&B 3-12x50 ook was, en dat die beeld presies so duidelik deur hom was, en die skoot dus net so moontlik.

Ek stem saam met al die ander stellings reeds gemaak, basies weet ons dat die skoot tegnies moontlik is, om dit in die praktyk af te bring het jy manne soos Louis en Taffie agter die roer nodig, wat letterlik al honderde jakkalse onder enige omstandighede op verskeie afstande in die nag geskiet het.

Die vergelyking met die twee teleskope onderstreep my opinie dat jy enige van die drie groot Europese teleskope kan koop, en ek wil my verstout om te s? bes moontlik ook 'n Meopta, en jy sal baie na aan dieselfde kwaliteit optiese werkverrigting kry. Vir my spesfifieke omstandighede is die teleskoop eenvoudig die beste wat ek nog ervaar het, en my ervaring sluit in 'n Kahlis, 8x56 Zeiss, Leupoldts, Nikon en Nightforce.

My persoonlike opinie is dat die nie - Europese teleskope eenvoudig nie dieselfde kwaliteit lewer tussen sonsondergang en opkoms as die Europe?rs nie.Louis, jou punt van die naweek is hier ook baie geldig, dit gaan nie net oor die doodskoot nie, die meeste van ons het al baie jakkalse met enige teleskoop onder die son geskiet in die nag, dit gaan oor identifikasie op baie lang afstande, lank voor jy gaan skiet op die dier.

Laastens is ek nog steeds die mening toegedaan dat die groot Zeisse die "benchmark" is vir hierdie tipe applikasie. As jy die beste wil koop wat geld kan koop vir ongediertes in die nag, is daar net een opsie, die Zeiss, in my opinie, as jy die beste wil koop wat JOU geld kan koop, dan in my geval is dit die Z6 2-12x50.

Taffie, wel gedaan, ek weet nou beter as ooit dat dit 'n uitsonderlike skoot was, wat slegs 'n handjievol skuts sal behaal. Jou skoot gee my darem die selfvertroue dat ek die regte toerusting het, gaan my net baie lank vat om op my toerusting se vlak te kom!

Dawie
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Piet Breedt »

Mooi Taffie, dit bly darm lekker as daardie lang skote afkom. Ja nee, die Z6 is ook die helderste scope waarmee ek nog geskiet het.

Maak Tomcat nogsteeds daardie mounts vir die lig?

As jy dit doen Tomcat, hier is my bestelling. Laat weet net hoeveel, en ek betaal dit oor.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Louis102 »

Dawie Blaauw wrote: Taffie, wel gedaan, ek weet nou beter as ooit dat dit 'n uitsonderlike skoot was, wat slegs 'n handjievol skuts sal behaal. Jou skoot gee my darem die selfvertroue dat ek die regte toerusting het, gaan my net baie lank vat om op my toerusting se vlak te kom!
Dawie, jy is tog so beskeie.  Jou toerusting is van die beste, ja, maar netnou glo die manne werklik dat jy nie kan skiet nie!
Goeie dade oortref goeie woorde.
Post Reply