tafjak wrote:
.... (op die linkerkant van foto) en 478meter vir die teef ....
Ek en my vriend Dawie Blaauw, het die hierdie naweek Taffie, se nou reeds legendariese 478m-skoot probeer naboots. Ons het dit ook in die nag met die selfde model Swarofsi en kruishaar as Taffie, 170 lightforce, 70 gr Blitzkings en 'n 6BR'tjie probeer doen. 'n Lewensgroote jakkalsteiken so na as moontlik aan 480m ge-"range".
Ek moet na afloop s? dat wat Taffie gedoen het heeltemal moontlik is, indien daar manne is wat hieraan twyfel. As jou gereedskap reg is, is daar geen twyfel dat 'n man wat soos Taffie kan skiet, dit kan doen nie. Ons kon die jakkals duidelik eien, maar het die afmik so effe verkeerd geraai, daarom het ek so bietjie laag geskiet. Ek het twee skote geskiet, waarvan die een die jakkals se been getref het en die ander net, net gemis het, ongeveer die twee duim links van die eerste skoot (sou ek dus die regte afmikpunt op die scope gebruik het, sou beide skote waarskynlik doodskote gewees het) Met bietjie oefening glo ek sou ons dit regkry om so 'n jakkals ten minste 7 uit die tien te tref, sou kondisies dit toelaat (en ek kan nie eers so goed soos Taffie skiet nie)
Sal nou graag by Taffie wil hoor: Ek reken die groter uitdaging by so 'n tipe skoot, is die afstandskat, sal jy saamstem? Op daardie afstand begin die koe?lbaan sekerlik redelik vinnig val en maak 'n klein verskil afstand, 'n groot verskil waar jy gaan tref? Ons teiken-jakkals was op 'n groot bord geplak wat die range-werk met my Leica-rangefinder makliker gemaak het. Sou dit egter 'n lewende ware jakkals gewees het, sou ek dit maar moeilik op daardie afstand kon range.
Sal ook graag hier wil hoor wat Dawie se indrukke was.
Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.