Steyr Classic II halfstock

Post Reply
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Steyr Classic II halfstock

Post by Smitstertjies »

Het enige iemand hier al te doen gekry met hierdie geweer?

n Vriend van my stel belang in so outjie in 300wsm. Hy hou nogals van mooi gewere en het my opinie gevra.

Afwerking, akkuraatheid, slotaksie ens. Enige insette sal waardeer word.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Steyr Classic II halfstock

Post by Smitstertjies »

Niemand?
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Basie2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm

Re: Steyr Classic II halfstock

Post by Basie2 »

Ek het Steyr pro hunter. Die slotaksie is glad en baie sterk. Die magasyn knip heeltemal los sodat jy kan laai. Dis van plastiek, nie staal, maar is nie ‘rotariedrum’ nie. Ek het myne 3 jaar en is tevrede. Afwerking van metaal is uitstekend.
Akkuraatheid is beter as wat ek kan skiet. Myne se toetsteiken was 16mm op 100m met 140gr ammo.
My 2c. Ek het 6.5x55. Ek sou baie graag full stock wil hê, maar kon nie kry nie. PS. Die slotaksie sluit ‘binne’n ring inset’ teen die loop. (Hoop ek verduidelik reg) en kan vir jou laat sweet indien jy slotaksie uithaal en jy skuif die ring- het met my gebeur, maar jy kan dit maklik regkry. Jy word gladnie aanbeveel om die loop van die kroon na slot skoon temaak nie, slegs van slotaksie, juins oor daai ring.

Jou vriend sal nie fout maak nie. Sterkte


Sent from my iPad using Tapatalk
Post Reply