Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?

User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?

Post by Smitstertjies »

My broer het n kwikbuis soos Wouter hier verduidelik op sy 375 Sako laat inbou, en dit het n geweldige verskil aan die geweer se hantering gemaak. Skiet nou baie lekker met aanvaarbare recoil.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?

Post by Gawie(13mm) »

Manne, ek is nou nie so geseën met die grysstof nie en sal my dus maar beroep op observasie ten opsigte van praktiese ondervinding. >:D
Ek het op 'n keer 'n saamry geleentheid gekry in 'n dieseltenkwa. Met 'n half vol tenk diesel, het ek gou besef dat jy "egalig" moes bestuur om daai "vrag" stabiel te hou. Met die wegtrek het die "vrag" na agter "geskuif", maar baie vinnig gestabiliseer soos die bestuurder egalig deur die ratte versnel het. Met vernuf en konsentrasie het die bestuurder die vrag stabiel gehou, maar teen 'n opdraand het 'n voertuig ons verby gesteek en moes vinnig voor ons inswenk om die aankomende verkeer te mis. Die trok drywer moes noodgedwonge hard rem. Selfs in die sitplek langs hom kon ek voel hoe die vloeistof voerentoe vloei en ons "in die rug druk". Ons is letterlik bult op gestoot deur die vrag!

Dus verstaan ek die logika agter die verduideliking wat Wouter voorlê. Met die kwikbuis in 'n geweer, is die effek dieselfde. Die momentum van die kwik, vertraag die versnelling van die sisteem. Onthou dat versnelling en rem, albei versnelling is. Een positief en die ander negatief.

Ek stem saam dat wanneer die kwik voor in die buis lê, dws. laer in oriëntasie mbt. die loop. Die effek relatief minder sal wees indien dit andersom is.

Draai moment van die geweer tov jou skouer is ook iets wat ons in die oog kan hou. Ek glo dat dit ook 'n effek kan hê.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?

Post by Hercules Louw »

Gawie, dis vir daai rede dat tenkwaens afskortings binne die tenk moet hê sodat die vloeistof se beweging behoorlik beperk kan word. As jy rem trap moet die vloeistof ook rem, anders dink jy die voertuig rem maklik en dan verras dit jou wanneer die vloeistof uiteindelik teen die voorkant van die tenk bots en alles onstabiel maak.

Maar jou storie laat my dink aan 'n fisika vraag wat baie keer aan wetenskap leerlinge gevra word:
Gestel jy het 'n trok wat saam met 'n drywer en helper presies 3 ton weeg.
Dis 'n toe trok en dra 'n vrag lewendige duiwe van 1 ton.
Die trok moet 'n brug oorsteek wat gaan breek indien 'n voertuig swaarder as 3 ton weeg.
Die drywer kry die blink plan dat sy helper agter in moet klim en die duiwe opjaag sodat hulle vlieg terwyl hy die brug gaan oorsteek.
Gaan die plan werk of gaan die brug steeds breek?

Die antwoord is dat die brug steeds gaan breek want die trok is toe, dit is 'n geslote sisteem en jy kan nie massa skep of vernietig nie.

Gaan die kwikbuis werk? Ja dit gaan omdat dit die geweer swaarder maak.
Gaan dit beter werk as lood van dieselfde gewig? Ek dink nie so nie want die kwikbuis is ook 'n geslote sisteem binne 'n soliede kolf en ek kan nie sien hoe dit die terugskop enigsins meer kan verminder of vertraag as wat bloot net deur die addisionele massa gedoen word nie. Die bewegende kwik kan tog nie nog addisionele massa skep in die geslote buis nie, en daar is juis massa nodig om die terugskop snelheid van die geweer te verminder.

Daar is ook die teenstrydige standpunte dat die buis skuis na vore afwaarts moet kyk en ander wat sê dat dit skuins afwaarts na agter moet wees. Nou wat gebeur as jy bo van 'n rivierbank af na onder moet skiet, of van onder na bo? Gaan die buis partykeer beter werk en ander kere slegter?

'n Mens verstaan presies waarom 'n "muzzle brake" die terugskop verminder, net so vir 'n knaldemper, of 'n stuk lood. Die vermindering in terugskop kan vir hierdie voorbeelde deur berekeninge verklaar word.
Maar 'n kwikbuis se werking kon niemand nog vir my logies verduidelik of bereken nie.
Tot iemand die teendeel kan bewys dink ek 'n kwikbuis is net 'n foefie.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?

Post by Pappabeer »

Dis so goed om te sê jou skaal gaan nie registreer as jy van hom af spring oor die badkamerdeur toe is nie...

Die kwikbuis rem juis in n rigting, so posisie het n invloed. Optimaal beweeg die kwik kolom 180 grade na die geweer, of maw in presies die teenoorgestelde rigting. Die kolom kwik bots met die geweer en vertraag die beweging van die geweer. Hierdie beweging van een is relatief tot die ander.

Al hoe kwik en lood dieselfde effek sal hê is as dieselfde massa in die kolf ingaan, maar die kwik in in n houer wat geen beweging daarvan toelaat nie.

Van die ficici se somme gepraat. Dit is dieselfde effek as hoe die massa wat n trekskaal meet verander in n bewegende hysbak, of nog beter hoe die klank frekwensie in n ghitaar snaar verander wat aan n hysbak se dak vasgemaak is en n massa het wat daaraan hang tydens op en af beweging van die hysbak. Maar dit daar gelaat.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?

Post by Frikkie Coetzee »

Dewald. 100%

Dit hou alles verband met versnelling.

Hercules. Jy is verkeerd. Dink aan n skokbreker op n motor. Dis ook n geslote sisteem volgens jou definisie en tog verander dit hoe jy die pothole ervaar in jou motor. Jou eie kritiek teen Gawie se voorbeeld weerspreek jou ook. Sekerlik is n brandstoflorrie ook n geslote sisteem tog voel jy die effek.

Kwikbuise werk. Ek kan jou dit nie wetenskaplik verduidelik nie maar daar is n verskil waarneembaar as jy daarmee skiet. My F Klas geweer het ek eers net lood ingehad. Ek het in kompetisies begin kla oor my skouer wat seer raak en dan begin flinch. ( onthou op n SA's skiet ons oor die 450 skote. )

Een van die meer ervare skuts bet n kwikbuis aanbeveel. Ek kon nie geweer swaarder maak nie agv ons gewigs beperking.

Ek het dit gedoen en my geweer se gewig is basies presies dieselfde. 9,8 kg amptelik gemeet. Die verskil was egter dat meer skote kon skiet daarna voor my skouer begin sensitief raak.

Nee. Ek het nie dit gaan meet nie en jy kan se dit is subjektief. Glo wat jy wil. Ek dink egter nie dat soveel van die topklas skuts dit sal gebruik as dit geen verskil maak nie.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1878
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?

Post by Alwin »

Hercules Louw wrote:...Daar is ook die teenstrydige standpunte dat die buis skuis na vore afwaarts moet kyk en ander wat sê dat dit skuins afwaarts na agter moet wees. Nou wat gebeur as jy bo van 'n rivierbank af na onder moet skiet, of van onder na bo? Gaan die buis partykeer beter werk en ander kere slegter?
...
Daar is mos nou die resep om die kwikbuis se werking en beste orientasie empiries te bepaal. Monteer hom in die een rigting, skiet op, af en gelyk. Noteer resultate. Monteer in ander rigting, herhaal die toets. Praktiese resultate beteken altyd meer as die slimjannies se onverstaanbare somme.

Let wel, die toetse is reeds gedoen, maar ek het ongelukkig nie die resultate op skrif nie. :)
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?

Post by 470rigby »

Ja, die trokdrywer moes net 'n gaaitjie in die trok se dak gemaak het nadat hy die duiwe opgejaag het....
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?

Post by Wouter Roets »

Manne

Soos hulle se the proof is in the eating of the pudding. ;D

Groetnis
Wouter
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?

Post by Hercules Louw »

Pappabeer wrote:Die kwikbuis rem juis in n rigting, so posisie het n invloed. Optimaal beweeg die kwik kolom 180 grade na die geweer, of maw in presies die teenoorgestelde rigting. Die kolom kwik bots met die geweer en vertraag die beweging van die geweer. Hierdie beweging van een is relatief tot die ander.
Al hoe kwik en lood dieselfde effek sal hê is as dieselfde massa in die kolf ingaan, maar die kwik in in n houer wat geen beweging daarvan toelaat nie.
Dewald, hou net in gedagte dat die kwik in jou voorbeeld hierbo stilstaan, dit is die geweer wat terug beweeg (terugskop) totdat die voorkant van die buis met die stilstaande kwik in die buis bots. Die geweer skop dus aanvanklik vir so 25mm (afhangende van die spasie in die buis) onbeperk terug asof die kwik glad nie daar is nie. Dan tref dit die stilstaande kwik en word die kwik se massa by die geweer getel en die spoed van die terugskop verminder dienooreenkomstig. Julle wil dus sê dat hierdie proses waar die geweer aanvanklik ongehinderd terugskop en dan sê na 25mm met die kwik bots is meer effektief as wanneer die kwik se buis vol is of net lood van die selfde massa gebruik word en wat dus van die begin af die terugskop vertraag?
Frikkie Coetzee wrote:Hercules. Jy is verkeerd. Dink aan n skokbreker op n motor. Dis ook n geslote sisteem volgens jou definisie en tog verander dit hoe jy die pothole ervaar in jou motor. Jou eie kritiek teen Gawie se voorbeeld weerspreek jou ook. Sekerlik is n brandstoflorrie ook n geslote sisteem tog voel jy die effek.
Frikkie, die skokbreker in jou voorbeeld is tussen twee sisteme gemonteer, die as kan onafhanklik van die bakwerk beweeg. Om die vergelyking in lyn met die geweer te kry moet jy die skokbreker losmaak van die as en net aan die bakwerk vasmaak en kyk of dit nog werk. Net so sal 'n skokbreker baie effektief op 'n geweer werk as jy die skopkussig van die kolf afhaal en 'n skokbreker tussen die kolf en skopkussing monteer, m.a.w tussen twee dele wat ten opsigte van mekaar kan beweeg.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1878
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?

Post by Alwin »

Hercules Louw wrote:...
Frikkie, die skokbreker in jou voorbeeld is tussen twee sisteme gemonteer, die as kan onafhanklik van die bakwerk beweeg. Om die vergelyking in lyn met die geweer te kry moet jy die skokbreker losmaak van die as en net aan die bakwerk vasmaak en kyk of dit nog werk. Net so sal 'n skokbreker baie effektief op 'n geweer werk as jy die skopkussig van die kolf afhaal en 'n skokbreker tussen die kolf en skopkussing monteer, m.a.w tussen twee dele wat ten opsigte van mekaar kan beweeg.
Daar is ook 2 sisteme betrokke in ons voorbeeld, nl. die geweer en die skut. Ons wil die oordrag van momentum (terugslag) van die een na die ander manipuleer. 'n Skokbreker sou 'n goeie opsie wees, soos bv. gebruik op die NTW20 geweer. Daar is baie paralelle met 'n voertuig se suspensie.

In ons voorbeeld, word al die momentum oorgedra van die geweer na die skut. Ons probeer die manier waarop dit oorgedra word (impuls) manipuleer om die skut se pyn te verminder. Al manier om dit te doen, is om of die momentum te verminder (kd, tromprem, ligter kaliber, laer lading) of die tydsduur van die momentum oordrag te verleng. Selfde momentum, langer oordragtyd = laer impuls, minder pyn.

Om bg. reg te kry, gebruik ons eerstens 'n sagte rubber skopkussing. Dit gee mee, wat maak dat dit van die momentum "absorbeer" en later weer teruggee. Ons maak ook die geweer swaar, deur allerhande fieterjasies daaran vas te skroef, soos staal monterings, groot teleskope, afuite en ekstra lood gewiggies. Die selfde momentum (spoed x massa) word oorgedra, maar omdat die gewig meer is, is die spoed minder. Dit vat dus langer om na jou skouer oor te dra, dus laer impuls, minder pyn.

Nou terug na die kwikbuis. As die ding reg monteer word, en 'n lugspasie saam met die kwik in het, gaan die heen-en-weer vloei van die kwik ook help. Met die begin van terugslag, as die kwik voor sit, absorbeer dit 'n klein gedeelte van die momentum omdat dit saam met die geweer na agter versnel. Sodra die geweer begin negatief versnel omdat jou skouer hom rem, dan vloei die kwik na die agterkant van die buis. (Dit vat so 'n bietjie tyd.) Daar "slaan dit vas" teen die agterkant en dra weer sy bietjie momentum oor na die geweer. Jy voel dus dieselfde momentum in jou skouer, maar met 'n effense tydsvertraging. Weereens is die impuls (en pyn) laer. Hierdie is miskien oorvereenvoudig, omdat kwik 'n vloeistof is en dus nie soos 'n harde stuk materiaal heen-en-weer skud nie. Die vloei het ook sekere dempende eienskappe en die momentum word "sagter" oorgedra. Jy kan seker nog 'n afskorting met 'n kleiner gaatjie in die kwikbuis sit, om die vloei nog meer te rem en momentum-oordrag verder uit te rek (soos in 'n skokbreker of tenkwa).

Monteer nou die kwikbuis so (of hou die geweer so) dat die kwik agter sit in die rusposisie. Met die eerste (+/-25mm) van terugslag vloei die kwik vry rond, sonder om iewers enige krag uit te oefen. Is dit nie juis in die eerste gedeelte van terugslag wat die pyn in die skouer gevoel word nie? Daarna, werk hy soos beplan, naamlik dat hy momentum voor absorbeer en later na agter oordra. Dit begin egter eers nadat die geweer alreeds 'n ent terugbeweeg het.

Dit help nie ons bespiegel bladsye vol oor die teorie nie, meeste van ons kan in elk geval nie sien wat daar binne aangaan nie. Dis maklik om prakties te toets. Sit ene in jou 12 Br haelgeweer met die voorkant 15 grade na onder. Skiet na teikens op die grond en na lekker hoë kleie in die lug. Waar voel jy die "skop" die meeste? Ja, die geweer se posisie in jou skouer ens. het ook 'n effek op waargenome terugslag, dus is die toets subjektief. As die kwikbuis dan minder effek toon as die verskil in oriëntasie, dan is sy effek maar min. Draai nou die kwikbuis om met die agterkant 15 grade na onder en herhaal die toets. Dit sal die effek van jou skiethouding uitskakel. Teen die tyd behoort jy te weet of die ding werk of net 'n duur bygeloof is.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?

Post by Wouter Roets »

Alwin

Ek sal die kwikbuis, dremmel, gradeboog en al die ander goodies wat daarmee saamgaan verskaf. Dop, tjop asook verblyf sal ook op my verskaffings lysie wees. Bring jy net n haelgeweer wat ons vol gate kan boor.

So vragie aan jou en Hercules. Het julle gewere wat al n kwikstaaf in gehad het geskiet of besit? Jy kan dan sommer een van my sewe gewere wat n kwikstaaf in het ook skiet. Laai sommer vir Hercules ook op, meskien kan ons n mens van hom maak, maar ek twyfel. ;D Hy kan dan sommer daardie getoetste kwikstaaf by my oorneem sodat hy darem nie meer poefter ladingtjies hoef te skiet nie.

Groetnis
Wouter
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1878
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?

Post by Alwin »

Wouter

Sê nou net of ek jou reg verstaan: Jy het kwikbuise in 7 van jou gewere. Al 7 is verkeerdom ingesit. Nou wil jy, bewapen met met drank en 'n Dremel, my haelgeweer ook takel?

++>:

Groetnis
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?

Post by Hercules Louw »

Wouter, om by Alwin aan te sluit, dit klink vir my noudat jy uitgevind het die kwikbuise is sommer foefies, nou wil jy dit verniet weggee? ++>: ++>:
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?

Post by Hercules Louw »

Giepie,
Om nou tot jou oorspronklike vraag terug te kom:

Sit lood in jou kolf en sit gerus 'n knaldemper ook op, die kombinasie gaan baie goed werk sonder enige twyfel.
Dit gaan ook nie jou wapensmit wat bekommerd is oor die kwik saam met die knaldemper ongelukkig maak nie.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?

Post by Nico Harris »

Reel met sus tac om die ding te gebruik en toets dit-

https://m.youtube.com/watch?v=vctTQdp2oO4
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
Post Reply