Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1544
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?
Op 'n whatsup groep waar paar Jaracal manne ook is het hierdie vraag opgekom. Kan mens 'n silencer en kwikbuis saam op 'n geweer gebruik? Indien nie, hoekom nie. Volgens 'n geweersmid moet mens dit nie saam op sit nie want dit werk teen mekaar.
Ons luister graag.
Ons luister graag.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?
Mens moenie jou ore uitleen vir twak nie.
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?
Mooi geantwoord
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13652
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?
Alwin wrote:Mens moenie jou ore uitleen vir twak nie.
Net so
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?
'n Kwikbuis maak die geweer swaarder om terugslag te verminder. Die klankdemper se effek is dat hy die gasse beheer om klank te demp en sodoende ook as 'n bonus die terugslag beheer.
Kwik se dae is getel en ek twyfel of dit nog beskikbaar is. Lood is die meer beskikbare metaal om te gebruik.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?
Ek dink in elk geval dat net lood agter in die kolf is meer effektief as 'n kwikbuis. Met 'n kwikbuis het die geweer die geleentheid om ongehinderd terug te skop vir sowat 30mm voordat die bewegende kwik teen die voorkant van die buis vasslaan en dan eers die effek van die addisionele massa aan die geweer oordra.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?
Toe my klong 5 jaar oud was het n hunt buddy en venster putty en n sinker of twee agter in die kolf mooi gewerk vir terugskop.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

- Born2Late
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am
Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?
Stem saam met die lood in die kolf. My Howa 30-06 het n klompie lood 9mm koeels en silicone in die kolf en n Silent Hunter reflex en skiet regtig gemaklik. Selfs sonder die Silent Hunter het die lood alleen n groot verskil gemaak.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?
As jy die kwikbuis so monteer dat sy voorkant effens laer sit as die agterkant (in skiet posisie) dan sit die kwik mooi teenaan die voorkant en werk hy op sy beste.Hercules Louw wrote:Ek dink in elk geval dat net lood agter in die kolf is meer effektief as 'n kwikbuis. Met 'n kwikbuis het die geweer die geleentheid om ongehinderd terug te skop vir sowat 30mm voordat die bewegende kwik teen die voorkant van die buis vasslaan en dan eers die effek van die addisionele massa aan die geweer oordra.
Die prinsiep van die kwikbuis demper is dat hy 'n gedeelte van die skop se momentum absorbeer, en dan met 'n effense tydvertraging weer terug in die kolf (en jou skouer) oordra. Dit rek dus die momentum uit oor 'n langer tyd, dus 'n sagter impuls. Dit behoort beter te werk as 'n vaste gewig van dieselfde massa. Dit behoort ook reg te werk saam met omtrent enige ander dempingsmeganisme.
Ek vermoed kwik gaan uit die mode weens die gesondheidsrisiko. Dit gaan uiteindelik net in ons tande oorbly.
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?
Hallo Alwin
Jy moet asb die beginsel hierbo vir my verduidelik van hoe die kwikbuis terugskop meer kan verminder as wat net die addisionele massa van die kwik opsigself doen, ek kan dit nie vir myself logies uitgewerk kry nie.
Hoekom moet die kwik nou juis beweeg, want as die kwik kan beweeg beteken dit mos dat tydens beweging (of stilstaan terwyl die geweer beweeg) die kwik niks aan die terugskop doen nie? Die geweerkolf is tog solied, dis nie asof daar twee dele is met 'n skokbreker tussen in nie? Momentum wat vorentoe gaan (massa van koeël x snelheid plus massa van dryfmiddel x snelheid) is gelyk aan momentum wat terugkom (massa van geweer x snelheid). Dit is die snelheid waarmee die geweer terugkom wat seermaak en daarom werk addisionele massa om die spoed af te bring wat die geweer gemakliker laat skiet.
Die kwikbuis idee voel vir my dieselfde as om 'n groot skokbreker op 'n Hilux bakkie se bak te laai en te dink dit gaan die Hilux beter laat ry as net 'n vrag bakstene van dieselfde gewig.

- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?
As ek dit reg verstaan is dit die traagheid van die kwik om te begin beweeg wat die terugskop impuls verminder. Die kwik dra dus by tot die totale gewig van die kolf, maar die "bewegende" deel van die kolf sluit slegs die massa van die kolf in. Daarom sou ek juis dink dat die kwik agter moet le wanneer jy skiet. Met die skoot beweeg die kwik dan "voretoe" in verhouding met die kolf, en die kwik se massa dra nie by tot die terugskop nie. As die terugskop die geweer ver genoeg agtertoe laat beweeg, sal die kwik die voorste deel van die buis tref en die verdure beweging van die kolf vertraag.Hercules Louw wrote:Hallo Alwin
Jy moet asb die beginsel hierbo vir my verduidelik van hoe die kwikbuis terugskop meer kan verminder as wat net die addisionele massa van die kwik opsigself doen, ek kan dit nie vir myself logies uitgewerk kry nie.
Hoekom moet die kwik nou juis beweeg, want as die kwik kan beweeg beteken dit mos dat tydens beweging (of stilstaan terwyl die geweer beweeg) die kwik niks aan die terugskop doen nie? Die geweerkolf is tog solied, dis nie asof daar twee dele is met 'n skokbreker tussen in nie? Momentum wat vorentoe gaan (massa van koeël x snelheid plus massa van dryfmiddel x snelheid) is gelyk aan momentum wat terugkom (massa van geweer x snelheid). Dit is die snelheid waarmee die geweer terugkom wat seermaak en daarom werk addisionele massa om die spoed af te bring wat die geweer gemakliker laat skiet.
Die kwikbuis idee voel vir my dieselfde as om 'n groot skokbreker op 'n Hilux bakkie se bak te laai en te dink dit gaan die Hilux beter laat ry as net 'n vrag bakstene van dieselfde gewig.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?
Gian
Ek het dit ook soos jy dit beskryf. n Hele klomp van my thumpers het hulle in en is teen n 15 grade hoek met die
agterste kant van die buis laer geinstalleer. Werk in my opinie baie goed. Op n staduim kon ons nie kry nie en het hulle net n stuk lood ingesit. Na n ruk kon ek weer in die hande kry en is die lood vervang met die kwikbuis. Beide ek en die persoon wat dit vir my ingesit het was dit eens dat die kwikbuis meer effektief is as net die lood staaf alleen. Soos ons laas in n gesprek hier op die forum gesien het, gee ek heelhartig toe dat "felt recoil" n baie subjuktiewe aspek vir die skut is.
Kan ook net se dat ek in twee van my gewere kwikbuise saam met silencers gebruik en hulle loop soos n rot met Crocs.
Groetnis
Wouter

Waar sou die beste plek wees om die kwikbuis in te sit? Dieper in die kolf naby die greep of agter naby jou skouer of maak dit nie saak nie?
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?
Telaatgebore
Kreteria is gewigverspreiding vir balans van die geweer en dat n mens genoeg vleis in die kolf het vir waar jy die gat boor. Ek kan glad nie sien dat die posisie van die kwikstaaf in die kolf hom meer of minder effektief sal maak nie.
Groetnis
Wouter
Kreteria is gewigverspreiding vir balans van die geweer en dat n mens genoeg vleis in die kolf het vir waar jy die gat boor. Ek kan glad nie sien dat die posisie van die kwikstaaf in die kolf hom meer of minder effektief sal maak nie.
Groetnis
Wouter
- Born2Late
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am
Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?
Dankie Wouter. Daar leer ek weer iets.
Groete.
Groete.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?
Manne
Moet my asb nie kwoteer oor die 15 grade hoek nie. Dit kan dalk 30 grade ook wees. Maak maar seker by die persoon wat dit vir jou doen. As ek dit nie mis het nie sal die instruksies saam met die kwikstaaf dit duidelik stel. Ek weet wel dat dit grootliks die effektiwieteit van die kwikstaaf neutraliseer as hierdie nie teen die regte helling gedoen word nie.
Groetnis
Wouter
Moet my asb nie kwoteer oor die 15 grade hoek nie. Dit kan dalk 30 grade ook wees. Maak maar seker by die persoon wat dit vir jou doen. As ek dit nie mis het nie sal die instruksies saam met die kwikstaaf dit duidelik stel. Ek weet wel dat dit grootliks die effektiwieteit van die kwikstaaf neutraliseer as hierdie nie teen die regte helling gedoen word nie.
Groetnis
Wouter
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?
Môre Hercules.Hercules Louw wrote:Hallo Alwin
Jy moet asb die beginsel hierbo vir my verduidelik van hoe die kwikbuis terugskop meer kan verminder as wat net die addisionele massa van die kwik opsigself doen, ek kan dit nie vir myself logies uitgewerk kry nie.
Hoekom moet die kwik nou juis beweeg, want as die kwik kan beweeg beteken dit mos dat tydens beweging (of stilstaan terwyl die geweer beweeg) die kwik niks aan die terugskop doen nie? Die geweerkolf is tog solied, dis nie asof daar twee dele is met 'n skokbreker tussen in nie? Momentum wat vorentoe gaan (massa van koeël x snelheid plus massa van dryfmiddel x snelheid) is gelyk aan momentum wat terugkom (massa van geweer x snelheid). Dit is die snelheid waarmee die geweer terugkom wat seermaak en daarom werk addisionele massa om die spoed af te bring wat die geweer gemakliker laat skiet.
Die kwikbuis idee voel vir my dieselfde as om 'n groot skokbreker op 'n Hilux bakkie se bak te laai en te dink dit gaan die Hilux beter laat ry as net 'n vrag bakstene van dieselfde gewig.
Kom ons kyk eers na 'n beginsel van fisika. Die ene wat hier van belang is, is die beginsel van behoud van momentum. Dit sê dat die momentum (massa x spoed) van die koeël + momentum van brandende dryfmiddel dieselfde moet wees as die terugwaartse momentum van die geweer. (Ons aanvaar daar is geen "amplifier" op die tromp nie.) Al hierdie momentum word na die skut oorgedra (dus geen "lead sled" nie). Ons kan nie die momentum minder maak nie, maar ons kan wel die tydsduur waarin die momentum na die skut se skouer oorgedra word verleng. Die eenvoudige manier is bloot om die geweer swaarder te maak, dus is die terugslagspoed minder (massa x spoed bly konstant). Minder spoed maak dat die momentum oor 'n langer tydperk oorgedra word, dus minder pyn.
Die kwikbuis kan op verskeie maniere ingesit word: Gelyk, hoek afwaarts of opwaarts. Gewoonlik het die kwikbuis 'n lug-spasie en kwik in 'n stewige staalbuis. Die kwik kan dus rondvloei in die buis. As die geweer nou skielik "terugskop", dan word die kwik heen-en-weer rondgegooi in die buis. Die hoë digtheid van die kwik, maak dat dit heelwat massa in 'n klein spasie kan pas, wat dan ook heelwat momentum kan oordra.
Afhangende van die kwikbuis se oriëntasie, gaan dit op een of ander stadium in die terugslag gebeur dat die kwik voor in die buis vasslaan, en saam met die geweer na agter versnel word. Dit absorbeer dus 'n gedeelte van die momentum. Wanneer die kwik dan in die agterkant van die buis vasslaan, dan dra dit weer daardie momentum oor na die kolf. Die heen-en-weer vloei van die kwik vat tyd (millisekondes), wat maak dat die momentum met 'n tydvertraging oorgedra word. Jy kry die momentum dus "in paiemente" terug in jou skouer, nie alles op een slag nie, wat die pyn aansienlik verminder.
As die kwikbuis geen spasie gehad het nie, kon jy maar netsowel 'n soliede stuk swaar metaal gebruik het, die effek sal presies dieselfde wees.
Volgens wat ek by 'n (nou oorlede) wapensmid-vriend geleer het, wat grootkaliber gewere gebou en self gebruik het, moet die buis se voorkant laer gemonteer word as die agterkant, wat maak dat die kwik teenaan die voorkant lê wanneer die skoot klap. Die kwik absorbeer dus van die begin af sy gedeelte van die momentum. Die hoek (15 grade ?) is nodig om te verseker die kwik bly voor, al mik jy effens opwaarts.
Terugslag is maar altyd 'n subjektiewe ding, want die skut se liggaamsbou het ook 'n groot invloed. Iemand met 'n ligte bolyf, kan makliker saam met die terugslag "ry" en voel dus minder pyn. Ek en jy moet meer van die momentum absorbeer in ons liggaamsmassa.
Daar is ook ander metodes om dieselfde effek te kry as 'n kwikbuis. Jy kan byvoorbeeld 'n gewig in 'n buis laat hardloop en hom voor hou met 'n ligte veer. Dit sal omtrent dieselfde verrigting gee, maar nie so afhanklik van die geweer se oriëntasie wees nie.
Ek kan verstaan dat dit nie gaan werk as jy die kwikbuis met die agterkant afwaarts geneig, saam met 'n knaldemper, op 'n medium-kaliber geweer gaan monteer nie. Die knaldemper gaan genoeg demping gee dat die kwik nie tot heel bo (voor) in die buis gaan hardloop nie. Dit is dus 'n sinnelose kombinasie en maak net die geweer swaarder om te dra.
'n Vriend van my het 'n kwikbuis binne-in sy pompaksie haelgeweer se magasynbuis gemonteer. Dis nou heel voor, naby die tromp (24" loop). Die magasynkapasiteit verminder dus effens. Die ding is vrek swaar om op te tel met al daai gewig daar voor, maar hy skop amper niks. Nogal prettig om hom dop te hou as hy hom vinnig skiet.
Ek hoop dit is goed genoeg verduidelik?
Groete!
Last edited by Alwin on Fri Aug 25, 2017 10:20 pm, edited 1 time in total.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?
Hallo Alwin
Ek sien Brownels is dit ook eens dat die kwikbuis op dieselfde hoek as die onderkant van jou kolf gemonteer moet word. Dus moet die agterkant van die buis laer as die voorkant wees. As jy "images vir mercury recoil reducers" Google dan sal jy ook sien dat die meeste se hoek op hierdie wyse gemonteer is, behalwe waar hulle nie anders kon nie.
Groetnis
Wouter
Ek sien Brownels is dit ook eens dat die kwikbuis op dieselfde hoek as die onderkant van jou kolf gemonteer moet word. Dus moet die agterkant van die buis laer as die voorkant wees. As jy "images vir mercury recoil reducers" Google dan sal jy ook sien dat die meeste se hoek op hierdie wyse gemonteer is, behalwe waar hulle nie anders kon nie.
Groetnis
Wouter
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?
Dankie vir jou verduideliking Alwin
Ek verstaan die behoud van momentum en het dit reeds in my vorige post gebruik as basis waarom die kwikbuis nie sin maak nie. Jy verwys na bewegings van die kwik gemeet in millisekondes, maar om minder te skop moet die geweer stadiger beweeg, en om stadiger te beweeg moet dit swaarder wees vir 'n gegewe momentum. Die subjektiewe ervaring van terugskop kan vir jou voel of die geweer minder terugskop omdat jy dink dit moet minder terugskop omdat daar 'n fensie kwikbuis in die kolf is, maar dit is nie waaroor dit vir my hier gaan nie.
Uit jou verdere verduideliking verstaan ek steeds nie waarom die kwikbuis van sê 1kg beter sal werk as 'n stuk lood van 1kg nie, vergeet van subjektiewe ervaring.
Jy sê die buis moet vorentoe lê, Wouter sê die buis moet na agter lê, wat sê wapensmede wat die kwikbuise vandag nog installeer? Al wat ek weet is dat terwyl die kwik beweeg, dit niks doen om die terugskop snelheid te verminder nie. Die hoek waarteen die buis geïnstalleer word kan wel 'n mate van vertikale beweging aan die kolf oordra, m.a.w. as die kwik bv. opwaarts beweeg kan dit die kolf afwaarts druk vir 'n oomblik totdat dit teen die bokant vasslaan waar die effek weer omgeswaai word.
Is daar dalk iewers 'n meganiese ingenieur of 'n wetenskaplike wat die saak kan bereken en wiskundig kan bewys of die kwikbuis met bewegende kwik beter die terugskop kan verminder as 'n stuk lood van dieselfde massa?

Hercules
Op daai "Images for mercury recoil reducers" stuk waarvan ek gepraat het is daar n grafiek wat die terug skop waardes van n geweer met lood en n geweer met n Mercury recoil reducer in het. Dit wys tog n gemete verskil. Vir my maak die konsep absoluut sin, maar moet my nie vra om dit in formules vir jou uit te druk nie. Kan in elk geval nie verstaan hoekom jy gepla is oor die recoil dinge nie. n 100gr 416 Impala koeel het mos nie recoil nie.

Jaaaa Wouter
Bietjie Vrydag humor
Maar daai 416 met die 100 greiners skiet so raaaaaak!!!!
Hoekom die ding my pla is omdat dit voorgehou word as 'n wonderlike oplossing vir terugskop en dit is relatief duur, terwyl daar 'n ander eenvoudige goedkoop oplossing is wat 100% werk. En as die kwik buis wel werk wil ek verstaan hoekom dit beter werk as lood van dieselfde massa.

Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?
My redenasie
Die kwikbuis se kwik lê aan die recoilpad se kant(kwikbuis se agterkant lê na onder).
Kwik is swaar
As die skoot loop begin die geweer na agter versnel(recoil).
Die kwik staan basies stil(terwyl die kolf na agter beweeg)
Die voorkant van die buis tref dan die kwik kolom in die buis(die buis is nie propvol kwik nie, daar is spasie/lug)
Die kwik/buis en voorkant wat mekaar tref demp dan deel van die terugskop.
Basies soos n bakkie wat deur 'n motorfiets van voor af getref word.
Dit stop nie die bakkie nie maar breek van sy spoed.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Hercules, ek het die ding in normale Afrikaans probeer verduidelik, en doelbewus die tegniese vaktaal probeer vermy, want dan verstaan niemand die ding nie.Hercules Louw wrote:Dankie vir jou verduideliking Alwin
Ek verstaan die behoud van momentum en het dit reeds in my vorige post gebruik as basis waarom die kwikbuis nie sin maak nie. Jy verwys na bewegings van die kwik gemeet in millisekondes, maar om minder te skop moet die geweer stadiger beweeg, en om stadiger te beweeg moet dit swaarder wees vir 'n gegewe momentum. Die subjektiewe ervaring van terugskop kan vir jou voel of die geweer minder terugskop omdat jy dink dit moet minder terugskop omdat daar 'n fensie kwikbuis in die kolf is, maar dit is nie waaroor dit vir my hier gaan nie.
Uit jou verdere verduideliking verstaan ek steeds nie waarom die kwikbuis van sê 1kg beter sal werk as 'n stuk lood van 1kg nie, vergeet van subjektiewe ervaring.
Jy sê die buis moet vorentoe lê, Wouter sê die buis moet na agter lê, wat sê wapensmede wat die kwikbuise vandag nog installeer? Al wat ek weet is dat terwyl die kwik beweeg, dit niks doen om die terugskop snelheid te verminder nie. Die hoek waarteen die buis geïnstalleer word kan wel 'n mate van vertikale beweging aan die kolf oordra, m.a.w. as die kwik bv. opwaarts beweeg kan dit die kolf afwaarts druk vir 'n oomblik totdat dit teen die bokant vasslaan waar die effek weer omgeswaai word.
Is daar dalk iewers 'n meganiese ingenieur of 'n wetenskaplike wat die saak kan bereken en wiskundig kan bewys of die kwikbuis met bewegende kwik beter die terugskop kan verminder as 'n stuk lood van dieselfde massa?
Die verklaring vir die werking van die kwikbuis lê in die term Impuls. Dit is kortweg momentum oorgedra oor tyd. Hoe langer die tyd, met die selfde momentum, hoe "sagter" die impuls. Die verskil wat die bewegende kwik maak, is dat dit die tydsduur van die impuls verleng met die tyd wat die kwik vat om van die een kant van die buis na die ander te vloei. Dus, dieselfde momentum, maar "sagter" impuls.
Ek dink die verskil is redelik min, maar sal seker gemeet kan word as jy genoeg tyd, geduld en die regte toerusting het. Dit gaan in elk geval oor die "aanvoelbare" terugslag, wat altyd subjektief is.
Dan is daar natuurlik die nie-tegniese redes hoekom sekere goeters as beter beskou word. Een so 'n faktor is die koste. Mense glo oor die algemeen dat omdat 'n ding duur(der) is, moet hy beter werk. Niemand wil erken dat hy geld gemors het op 'n foefie nie. En die kwikbuise is duur.
Hoop dis nou tegnies-wetenskaplik genoeg?
Groetnis.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?
Hallo WouterWouter Roets wrote:Hallo Alwin
Ek sien Brownels is dit ook eens dat die kwikbuis op dieselfde hoek as die onderkant van jou kolf gemonteer moet word. Dus moet die agterkant van die buis laer as die voorkant wees. As jy "images vir mercury recoil reducers" Google dan sal jy ook sien dat die meeste se hoek op hierdie wyse gemonteer is, behalwe waar hulle nie anders kon nie.
Groetnis
Wouter
Ja, ek sien ook die ding. Ek glo egter steeds dat hy beter sal werk as hy andersom monteer is, m.a.w. as die kwik voor lê in die rusposisie. Dis ook hoe 2 wapensmede, wat ek vertrou, dit aan my verduidelik het. Beide het kwikbuise vervaardig en ge-installeer.
Ek sien ook prente van kwikbuise met min of geen lugspasie in nie. Dit laat my nogal wonder. Dis dan mos net so goed soos 'n soliede gewig? Soms dink ek mense sonder 'n tegniese agtergrond dink die goed is meer toorkuns as wetenskap.
Deesdae het ons heelwat ander metodes om die terugskop van gewere binne aanvaarbare perke te hou. Kyk maar na die verskeie 50BMG-gewere. Nie 1 van hulle kom uit die fabriek met 'n kwikbuis nie, en hulle het oorgenoeg skop-potensiaal.
Soos reeds genoem, die hele terugslag ding is subjektief. Wat vir jou aanvaarbaar mag wees, mag dalk vir my pynlik wees. As dit iemand dan beter laat voel, laat hom 'n kwikbuis insit soos en waar hy wil. Die bietjie ekstra sefvertroue wat dit hom gee, mag dalk net wondere vir sy skietkuns doen.
Groetnis
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Silencer en kwikbuis saam 'n nee-nee?
Alwin
Ek stem saam met jou verduideliking van impuls wat oor n tydperk versprei word en dus minder aanvoelbare recoil sal he. Daar is in my oe nog n aspek en dit is dat die oorspronklike momentum nie kompleet oorgedra word na die kwik toe nie oordat laasgenoemde n vloeistof is en kan beweeg. Die feit dat dit agter le gee dit ruimte om vorentoe te beweeg soos die kolf agter toe beweeg en die energie potensiaal van die kwik se massa kan dan direk teen die terugbewegende kolf se energie inwerk. Daarom in my oe moet die kwikbuis teen n boontoe hoek le vir dit om te gebeur. Indien dit anders om geinstalleer is sal dit bydrae tot die totale momentum agter toe aangesien die energie dan direk oorgedra word aan die kwik en dit met die agter toe beweeg nog adisionele energie agtertoe sal oordra. So die dubbeldoelige uitwerking van die kwikbuis word dan basies gehalveer.
Ek weet nie of jy daai grafiek gesien het waarvan ek gepraat het nie, maar hy wys tog n gemete verskil vir wat dit werd is. Soos jy se dit is dalk heeltemal subjuktief. Ek vat n volgende voorbeeld en dit is die Hogue kolf wat in die Ruger Alascan gebruik word soos wat Hercules ook op sy 416 het. Sit n hout kolf met dieselfde gewig en skopkussing op daai geweer en skiet hom. Daar is verseker n verskil in aanvoelbare recoil vanwee die "recoil absorbent properties" van die sintetiese kolf. Vra my nou om wetenskaplike formules vir die verskeinsel te verskaf en ek kan ongelukkig nie. Se vir my dit is geld mors om so een op te sit, dan kan ek ook maar net toegee dat elke persoon geregtig is op sy opinie. Ek is daardeur met my 338 Win Mag, maar my ondervinding kan seker weer afgeskryf word as persepsie.
Hierdie is verseker nie van toepassing op almal nie. Vir my wat op n gereelde basis groter kalibers skiet as 375 voel ek elke klein bietjie help. Solank gewere nie in die kluis staan of verkoop word oordat die geweer die skut afknou nie, is die Kaap mos Hollans.
Heerlike naweek manne