Extreme spread

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
Speelmansjagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Sat Jun 15, 2013 5:39 pm

Extreme spread

Post by Speelmansjagter »

Spesifiek vir langafstand skiet.............

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... lit=spread
Ek lees nou nou hierdie raak en kan sien dat dit n moeilike ''topic'' is met verskriklik baie antwoorde:
Gedink miskien kan ons dit hier meer in diepte bespreek.

Wat is die geheime vir 'n lae extreme spread.
Is dit dopvoorbereiding of lading ontwikkeling? Altwee?
Watter ladingontwikkelings metode gee die beste resultate vir hierdie aspek van herlaai?
Hoe belangrik is dop seleksie as gehalte doppe soos Lapua gebruik word?
Is daar geheime wat n man kan help.
Daar is manne hier op die forum wat beweer hulle ES is nooit soveel as 10 nie. Hoe kry julle dit reg?

My eie ondervinding is dat ek dit soms met n paar skote reg kry, maar nooit konstant nie.

Dis nou seker soos 'n ''million dollar'' vraag, maar ek sal dit geniet om so gesprek te volg.

Groete
.22Lr Norinco,.22Lr Mauser, .22 Hornet, 7 x 64 Brenneke, .30-06 Springfield, 9.3 x62 Mauser, .338 Lapua, BSA shotgun, 9mm Par
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Extreme spread

Post by Williel »

Ek gee myself nie uit as n kenner nie maar n lae ES kan ook verkry word met of sonder ladingontwikkeling. Hiermee wil ek sê dat die lae ES veband hou met dopvoorbereiding soos volumes, doplengtes, uitgloei van doppe en sny van nekke na selfde diktes n belangrike rol speel.

Ook jou tipe chrony speel n rol. My verandering van n Beta chrony na Magneto Sporter het my ES af gebring sonder om iets aan my dopvoorbereiding te verander. Wat ek hier wil sê is daar is baie veranderlikes net met die chrony alleen soos die hoek waarteen die son oor n chrony val, presies waterpas opstel, afstand van loop na chrony etc wat ES beinvloed.

Moly coated en HBN behandelde koeëls gaan ook jou ES afbring.

Met ladingontwikkeling sal QL jou naby bring, maar dan verfyn met OCW of Ladder metode oor 300m of verder. Hier raak bullet runout belangrik om goeie groepe te skiet. Daar is sekerlik nog dinge om ES af te kry en luister graag verder na die langafstandskuts se insette.
Groete, Willie
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Extreme spread

Post by Capt. Yoda »

Konstante nekke, wande en greep op die koel.
Konstante interne volumes
Konstante koel lengtes en gewig
Konstante primer pockets
Konstante dop lengtes
Konstante ladings

Jy sal sien die woord konstant kom gereeld voor.
2 goed wat ek in glo is din nek wande en bq carbon binne in die nekke en dan ook koels wat gecoat is met Moly of HBN.

Ek hou van n dop wat mooi vol kruit is ook
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Extreme spread

Post by jankraay »

Reguleer ook jou vog inhoud van jou kruit deur kaliumkarbonaat te gebruik.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1518
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Extreme spread

Post by swc-tr »

Klein steekproef grootte is die beste antwoord...... >:D
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Extreme spread

Post by LoopSoosStroop »

swc-tr se plan is die beste een, hierdie storie kan mens nederig maak.

My beskeie opinie en ervaring se dat die dop ontwerp en kruit vulling baie daarmee te doen het. Jy kan maar jou 7 mm RM se doppe weeg, uniform, sny, trim en watookal, hy gaan nie vir jou SD en ES gee soos 'n propvol 6.5 Creed dop nie.

Kort en vet en vol, as jy my vra.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Extreme spread

Post by Eugene »

Capt. Oblivious wrote:Konstante nekke, wande en greep op die koel.
Konstante interne volumes
Konstante koel lengtes en gewig
Konstante primer pockets
Konstante dop lengtes
Konstante ladings

Jy sal sien die woord konstant kom gereeld voor.
2 goed wat ek in glo is din nek wande en bq carbon binne in die nekke en dan ook koels wat gecoat is met Moly of HBN.

Ek hou van n dop wat mooi vol kruit is ook
Hierdie is baie waar. Speel ook bietjie met verskillende primers. Ek het gevind in my 6.5x284, dat Federal 210 primers vir my 'n baie laer ES gegee het as CCI200. Ander mense het weer die teendeel bevind.
Aim small, miss small
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Re: Extreme spread

Post by Ben »

Capt. Oblivious wrote:Konstante nekke, wande en greep op die koel.
Konstante interne volumes
Konstante koel lengtes en gewig
Konstante primer pockets
Konstante dop lengtes
Konstante ladings

Jy sal sien die woord konstant kom gereeld voor.
2 goed wat ek in glo is din nek wande en bq carbon binne in die nekke en dan ook koels wat gecoat is met Moly of HBN.

Ek hou van n dop wat mooi vol kruit is ook
Julle kan maar die uitprint en langs julle tafel plak. Sluitelwoord!!!
KONSTANT!!!!!
"Failure is NOT an Option"
User avatar
Speelmansjagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Sat Jun 15, 2013 5:39 pm

Re: Extreme spread

Post by Speelmansjagter »

Dankie. Goeie inligting.
.22Lr Norinco,.22Lr Mauser, .22 Hornet, 7 x 64 Brenneke, .30-06 Springfield, 9.3 x62 Mauser, .338 Lapua, BSA shotgun, 9mm Par
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Extreme spread

Post by Swede »

Ben wrote:
Capt. Oblivious wrote:Konstante nekke, wande en greep op die koel.
Konstante interne volumes
Konstante koel lengtes en gewig
Konstante primer pockets
Konstante dop lengtes
Konstante ladings

Jy sal sien die woord konstant kom gereeld voor.
2 goed wat ek in glo is din nek wande en bq carbon binne in die nekke en dan ook koels wat gecoat is met Moly of HBN.

Ek hou van n dop wat mooi vol kruit is ook
Julle kan maar die uitprint en langs julle tafel plak. Sluitelwoord!!!
KONSTANT!!!!!


'n Mens kan ook KONSTANT die verkeerde goed doen ;)
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Extreme spread

Post by Capt. Yoda »

Dan gaan jou ES en/of groepe konstant 11.1.11 wees
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Extreme spread

Post by jankraay »

Cappie sit bietjie daai foto van jou ES op dat die manne kan sien.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Extreme spread

Post by Hein (Haan) »

In n kort antwoord beinvloed amper alles ES.
Regte meet toerusting Is n moet, begin sommer klaar met n goeie kronograaf, jy kan nie tpl met n liniaal wil meet nie so kan jy ook nie konstante rusultate verwag met n swak kronograaf nie.
Soos Cappie sê kan jy dan sorg dat die res konstant gedoen word.
Ek het baie gefokus op my herlaai volgorde en tegniek en goeie ES en SD gekry.
Lae ES is vir my nogal belangrik so ek probeer tot my ammo se tempratuur konstant hou.



Sent from my iPhone using Tapatalk
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Extreme spread

Post by THOMAST »

Ek vind die press werk ook mooi saam met die res om ES te verbeter

Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Extreme spread

Post by Apie »

THOMAST wrote:Ek vind die press werk ook mooi saam met die res om ES te verbeter

Nie naby so akkuraat soos daai nie maar as ek voel 'n punt seat moeiliker of makliker word daai rondte eenkant in my kassie rondtes geplaas. Ek gebruik dan daai vir naby skote of loop foulers.

Sent from my D5803 using Tapatalk
Post Reply