Soek raad - teleskoop vir .22 teikenskiet

Post Reply
HennieL
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Wed Jul 26, 2017 8:31 pm

Soek raad - teleskoop vir .22 teikenskiet

Post by HennieL »

Dagsê mense,

Ek sal raad van kundige, ervare mense waardeer met die volgende:

Ek het onlangs myself "getreat" en 'n Anschutz 1416 .22 geweer gekoop, wat ek hoofsaaklik vir 25m en 50m teikenskiet wil gebruik, en ek moet nou besluit watse teleskoop ek op hierdie roertjie wil sit. Omdat dit hoofsaaklik vir teikenskiet gaan wees, en omdat 'n Anschuts darem 'n goeie 'scope moet hê 8) is ek bereid om tot R15 000.00 op 'n teleskoop te spandeer. Die teleskoop moet nie te groot wees nie, aangesien ek dit so naby aan die loop as moontlik wil monteer. die ideale vergroting vir my sal so om-en-by 4-12x wees, maar 'n sterker vergroting sal ook werk indien nodig. Belangrik is natuurlik dat die teleskoop 'n parralaksverstelling / fokus moet hê tot so naby as 25m, of ideaal selfs nog nader as dit...

Ek dink tans aan een van 'n paar Leopolds (soos die VX2 3-9x33 of die VX3 6.5-20x40), of moontlik 'n Nightforce SHV 3-10x42, maar weet nie of enige een van hulle se parralaks verstelling naby genoeg sal wees nie.

Kommentaar hierop, of wat sal julle aanbeveel?

Groetnis
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 614
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Soek raad - teleskoop vir .22 teikenskiet

Post by Klein Chris »

Die voorste lens is bietjie groot maar kyk gerus na Hawke se SIDEWINDER ED 10-50X60 20XTMX. Dink parralaks se verstelling begin by 9m
Skiet bly maar lekker
User avatar
Doomslayer
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Mon Apr 15, 2013 9:26 am

Re: Soek raad - teleskoop vir .22 teikenskiet

Post by Doomslayer »

Jy kan wegkom vir omtrent 'n derde van R15000 met lynx se scope met adjustable objective. Lynx LX2 4.5-14x40AO.
Ek het een op my .22 en hy werk great!
Tampie
Full Member
Full Member
Posts: 183
Joined: Wed Jun 05, 2013 2:03 pm

Re: Soek raad - teleskoop vir .22 teikenskiet

Post by Tampie »

My voorstel is 'n Sightron S3 10x42MMD. Het een op my .22 Cricket PCP en is meer as tevrede. Beste prys en diens sal jy by Sangoma op die forum kry indien jy belangstel.
Groete.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Soek raad - teleskoop vir .22 teikenskiet

Post by tripodmvr »

Ek het 12x vergroting op 50m probeer, maar jy sukkel om die gate te sien. Die 22x Nikko wat ek nou op het maak dat jy wel die gate kan sien en het ook my tellings verbeter op daardie afstand.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Soek raad - teleskoop vir .22 teikenskiet

Post by andre007 »

Ek het n paar pelle met Hawke 14161 Vantage 4-16x44(1/2MD) op hulle puntjie 2 twees en is baie gelukkig, goeie waarde vir geld.
http://www.hawkeoptics.com/vantage-side ... l-dot.html
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Soek raad - teleskoop vir .22 teikenskiet

Post by Chevvy SS »

Ek het so een op my 1416 en is baie tevrede.

https://www.safarioutdoor.co.za/collect ... ts/nik6734
User avatar
Meteor
Full Member
Full Member
Posts: 239
Joined: Sat Nov 30, 2013 7:17 pm

Re: Soek raad - teleskoop vir .22 teikenskiet

Post by Meteor »

Die 1416 is nie rerig n teiken skiet geweer so ek dink jy gaan binnekort wil begin loop en skiet, en al die ander goed wat met .22 gewere gedoen word, dus is n groot skoop van bo 32 vergroting nie n goeie idee, hy is te swaar en jy gaan nie die verrigting van daai vergroting kan gebruik. Jou wapen is wel akkuraate genoeg om gebruik te maak van 16, 20 en 24 vergroting op afstande soos 50 meter maar 12 is genoeg, dit hang af hoe jy dit wil doen. EK verkies meer maar mense met minder skiet goed.

Op die 'entry-level' is Hawke 'n goeie keuse en die vantage reeks is die regte grote en vergroting om n veeldoelinge skoop te wees.
Daar is ook die Vantage rimfire van 3-9 of 4-12 wat afgemerkte afstande op die kruishaar het vir spesifieke patrone soos bv. high-velocity en subsonic. Jy sal moet besluit watter spoed patroon jou gaan pas en die afgemerkte afstande werk slegs op maks vergroting...
R2500 - R6000
https://www.google.co.za/search?q=vanta ... BpMQsAQIOg

In die Leupold en Sightron kamp is skope wat jou gaan pas maar ek weet nie asof daar 'n "beste" een is om van te kies.
Die Leupold EFR is hulle kort parralaks reeks en dit pas rimfire en windbuks skiet. As jy gelukkig is kan jy die EFR model nog vanaf Sangoma op die forum aanskaf...'n gesprek met hom op die foon sal ook baie help met jou keuse. R13000

Die Sightron is tops. Kyk solank na die S-tac reeks vir kort parralaks en groot vergroting.

Los die Sightron S3 reeks as jy kort parralaks soek, die webtuiste se hy sal tot 35 meter gaan. Party sal nader werk maar dis 'n gamble van n paar meter.

Onder die Sightron se discontinued reeks was die S2 Big Sky reeks (vra Sangoma),hy is ligter, 1inch tube, het die S3 se glas en parralaks korter (+- 20 meter). R13000
Ek self het die S2 Big Sky 6.5-20x50 en dit is n fantastiese skoop maar hy is in die mark binnekort omdat ek 'n teikenskiet geweer met 'n toegewyde skoop wil toerus. Jy kan my kontak as jy meer wil weet.

Daar is ook die ou skoop kategorie soos die ou staal Tascos, Weavers, Nikko Stirlings ens maar dis meestal vir mense wat nie gepla is met warranties en weet waarvoor om te kyk.

Ek kan nie oor Lynx, Nikon of die Vortex ens praat so ek los dit uit maar soos jy kan sien is dit keuses wat mense gelukkig laat.

My voorstelling is 16 tot 24 maks vergroting en persoonlik sal ek my keuse maak tussen die twee. Ek is nie n illuminated kruishaar man so ek het nie Hawke sin by die links gesit. Ek sal miskien my kop daaroor verander as ek eendag een het maar vir nou is dit doelloos want ek skiet in die dag en dit maak in meeste gevalle die kruishaar n obstruksie vir ouens wat hou van din kruishaar en "pinpoint accuracy".
Hawke Vantage
http://www.hawkeoptics.com/vantage-side ... l-dot.html
http://www.hawkeoptics.com/vantage-side ... l-dot.html
Sightron S-tac
https://sightronusa.com/index.php/produ ... -20x50moa/
Last edited by Meteor on Thu Jul 27, 2017 5:34 pm, edited 1 time in total.
Alles wat die moeite werd is vat tyd en tyd kan nie verdeel word
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Soek raad - teleskoop vir .22 teikenskiet

Post by Sangoma (IAN) »

SIGHTON SII Big Sky 6-24x42 MD A/O

Hier is n lekker scope wat mooi sal werk. S3 se glas mar baie meer kompak en ligter.
Made in Japan.
25mm tube

Ek het so een op my Theoben pellet geweer gehad.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Soek raad - teleskoop vir .22 teikenskiet

Post by Chevvy SS »

meteor, help asb.

Van die ander manne op die forum beveel aan dat ongeveer 12x die beste vergroting is om 100m teiken te skiet en elke 50m daarna ongeveer 1x vergroting meer te gaan.

Hoekom sal 'n 16 of 24 dan die aanbeveling wees op 50m?
HennieL
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Wed Jul 26, 2017 8:31 pm

Re: Soek raad - teleskoop vir .22 teikenskiet

Post by HennieL »

Vriende, baie dankie vir almal se raad (veral vir Meteor wat in soveel detail verduidelik het ><) )
Meteor wrote:Die 1416 is nie rerig n teiken skiet geweer so ek dink jy gaan binnekort wil begin loop en skiet
Jong ja, in terme van tweekamp of olimpiese tabelle stem ek heeltemal saam. Ek skiet al vir sowat 30 jaar met 'n stok ou Winchester Mod. 69A wat rondom 1935 gemaak was, en in vergelyking met hierdie oupa is die Annie vir seker 'n teikenskiet geweer ++>: Ek beplan om die nuwe geweer te gebruik vir valplate skiet (SAMSSA) asook vir SA Jagters se posliga en "Gallery" kompetisies, so die teikens is darem nie te klein nie...
dus is n groot skoop van bo 32 vergroting nie n goeie idee
Ek stem volkome saam, daarom het ek in my oorspronklike "post" gesê dat ek na onder andere 'n VX3 6.5-20x40 kyk - weet nog steeds nie of ek ooit meer as so 14x sal gebruik nie...
Op die 'entry-level' is Hawke 'n goeie keuse
Ek het 'n Airmax 30 op my Weirauch windbuks, en is heeltemal gelukkig met hom, maar wil so 'n ietsie beter op die Anschutz sit 8)
Daar is ook die Vantage rimfire van 3-9 of 4-12 wat afgemerkte afstande op die kruishaar het vir spesifieke patrone
Ek ken gladnie hierdie maak nie - sal beslis verder hierop ingaan...
Die Leupold EFR is hulle kort parralaks reeks en dit pas rimfire en windbuks skiet. As jy gelukkig is kan jy die EFR model nog vanaf Sangoma op die forum aanskaf...'n gesprek met hom op die foon sal ook baie help met jou keuse.
Die eerste twee 'scopes op my huidige kortlys is albei Leopold EFR's. Bly om te hoor dat jy hulle ook aanbeveel, en baie dankie vir die verwysing na Sangoma - ek sal hom beslis probeer opspoor en kontak.
Die Sightron is tops. Kyk solank na die S-tac reeks vir kort parralaks en groot vergroting.
Hierdie is nog 'n reeks wat ek glad nie ken nie, en wat ek dus gou meer oor sal uitvind. Dis vir inligting soos hierdie wat ek my oorspronklike "post" oor gestuur het.

Dankie weereens vir almal se raad - dit word hoogs waardeer. Enige verdere opinies is natuurlik ook welkom...
HennieL
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Wed Jul 26, 2017 8:31 pm

Re: Soek raad - teleskoop vir .22 teikenskiet

Post by HennieL »

Sangoma (IAN) wrote:SIGHTON SII Big Sky 6-24x42 MD A/O

Hier is n lekker scope wat mooi sal werk. S3 se glas mar baie meer kompak en ligter.
Made in Japan. 25mm tube

Ek het so een op my Theoben pellet geweer gehad.
En so wraggies, daar spaar jy my 'n soektog ;D Het nie gesien dat jy al ge-reageer het nie...
Ek sal jou kontak per PM, dan gesels ons verder.
User avatar
Meteor
Full Member
Full Member
Posts: 239
Joined: Sat Nov 30, 2013 7:17 pm

Re: Soek raad - teleskoop vir .22 teikenskiet

Post by Meteor »

Chevvy SS wrote:meteor, help asb.

Van die ander manne op die forum beveel aan dat ongeveer 12x die beste vergroting is om 100m teiken te skiet en elke 50m daarna ongeveer 1x vergroting meer te gaan.

Hoekom sal 'n 16 of 24 dan die aanbeveling wees op 50m?
Nee Chevy daai manne is heeltemal reg en eintlik weet hulle meer as ek wanneer dit by verrigting kom maar ek glo ook hulle gebruik die wapens vir ander doele. Die 16-24 maks vergroting is maar vir die man wat vra, "stel my een skoop voor wat alles kan doen".

Dalk gooi mense die woord teikenskiet te maklik rond maar hy kan ook later vind dat hy mm's wil maak tel dan sit hy met n skoop wat hom dit laat toets.

Laastens 'n 4-12 kan nie tot 24 gaan maar n 6-24 kan wel tot 12 gaan. Die gewig en grote is maar iets wat die man moet leer ken.
Alles wat die moeite werd is vat tyd en tyd kan nie verdeel word
Heinvdwalt
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Thu Sep 29, 2016 8:11 am

Re: Soek raad - teleskoop vir .22 teikenskiet

Post by Heinvdwalt »

HennieL wrote:Dagsê mense,

Ek sal raad van kundige, ervare mense waardeer met die volgende:

Ek het onlangs myself "getreat" en 'n Anschutz 1416 .22 geweer gekoop, wat ek hoofsaaklik vir 25m en 50m teikenskiet wil gebruik, en ek moet nou besluit watse teleskoop ek op hierdie roertjie wil sit. Omdat dit hoofsaaklik vir teikenskiet gaan wees, en omdat 'n Anschuts darem 'n goeie 'scope moet hê 8) is ek bereid om tot R15 000.00 op 'n teleskoop te spandeer. Die teleskoop moet nie te groot wees nie, aangesien ek dit so naby aan die loop as moontlik wil monteer. die ideale vergroting vir my sal so om-en-by 4-12x wees, maar 'n sterker vergroting sal ook werk indien nodig. Belangrik is natuurlik dat die teleskoop 'n parralaksverstelling / fokus moet hê tot so naby as 25m, of ideaal selfs nog nader as dit...

Ek dink tans aan een van 'n paar Leopolds (soos die VX2 3-9x33 of die VX3 6.5-20x40), of moontlik 'n Nightforce SHV 3-10x42, maar weet nie of enige een van hulle se parralaks verstelling naby genoeg sal wees nie.

Kommentaar hierop, of wat sal julle aanbeveel?

Groetnis
Hennie jammer as ek dalk jou draad soort van hi-jack maar terwyl ons nou grootte teleskoop bespreek, wat van montering? Wat sal manne aanbeveel? 'n 6-24x50 is 'n swaar groot teleskoop. Is die ou gewone 11mm dovetail ringe genoegsaam om te verseker as jy dit stamp ens dit nie sal skuif? Sal aluminium ringe van windbukse bv Gamo, NC Star etc kan werk of eerder staal? Goedkoop windbuks ringe met duur teleskoop klink soos 'n Porsche met Dunlop op. Ek persoonlik sou daarvan gehou het om bv 'n "stud base" basis en staal ringe te gebruik maar waar kry ek so iets.
Sommige van die Duitse .22' s is halfrond bo-op wat dinge verder moeilik maak. Meeste nuwe ringe plat onder.

Sent from my C6603 using Tapatalk
HennieL
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Wed Jul 26, 2017 8:31 pm

Re: Soek raad - teleskoop vir .22 teikenskiet

Post by HennieL »

Hennie jammer as ek dalk jou draad soort van hi-jack
Hein nee, jy is in die kol met daardie vraag - ek sal self kundige advies en/of kommentaar waardeer.

Persoonlik stem ek heelhartig met jou saam dat 'n goedkoop stel ringe en basisse op 'n duur geweer maar net nie sin maak nie... Van die aluminiumallooie is nogal sterk, maar persoonlik sou ek dink dat 'n goeie stel staal ringe die aangewese ding is, maar dit hang natiirlik ook af van die kaliber van die roer.

Weet iemand of daar titaniumringe en basisse beskikbaar is? Gewig tot gewig is titaan BAIE sterker as staal, en mens behoort nogal 'n bietjie gewig te kan spaar met so 'n stel... natuurlik ook baie moeiliker om te masjineer en af te werk, maar totaal roesvry... (ek sit gereeld titaan bolsters om my jagmesse, en my knipmesse het ook almal titaan "liners", so ek het eerstehandse ondervinding hiervan 8) ).
Sommige van die Duitse .22' s is halfrond bo-op wat dinge verder moeilik maak. Meeste nuwe ringe plat onder.
Ja, dit kan lol... Hoe maak die .22 teikenskiet manne hiermee?
Heinvdwalt
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Thu Sep 29, 2016 8:11 am

Re: Soek raad - teleskoop vir .22 teikenskiet

Post by Heinvdwalt »

Het met mense by Thor geskakel, hul maak losstaande staal ringe met holkant bo vir Anshutz tipe gewere. R605 excl.

Lynx maak 2 stuk monteer blokke (2pc stud mount) vir R1025 incl (Anshutz 3/8 dovetail) (Rekenaar kode BA139 en produk kode 1842 - gee vir handelaar as jy wil bestel) en dan kan ons gewone Stud tipe ringe gebruik wat ongeveer R605 incl is.

Sent from my C6603 using Tapatalk
Post Reply