Die 1416 is nie rerig n teiken skiet geweer so ek dink jy gaan binnekort wil begin loop en skiet, en al die ander goed wat met .22 gewere gedoen word, dus is n groot skoop van bo 32 vergroting nie n goeie idee, hy is te swaar en jy gaan nie die verrigting van daai vergroting kan gebruik. Jou wapen is wel akkuraate genoeg om gebruik te maak van 16, 20 en 24 vergroting op afstande soos 50 meter maar 12 is genoeg, dit hang af hoe jy dit wil doen. EK verkies meer maar mense met minder skiet goed.
Op die 'entry-level' is Hawke 'n goeie keuse en die vantage reeks is die regte grote en vergroting om n veeldoelinge skoop te wees.
Daar is ook die Vantage rimfire van 3-9 of 4-12 wat afgemerkte afstande op die kruishaar het vir spesifieke patrone soos bv. high-velocity en subsonic. Jy sal moet besluit watter spoed patroon jou gaan pas en die afgemerkte afstande werk slegs op maks vergroting...
R2500 - R6000
https://www.google.co.za/search?q=vanta ... BpMQsAQIOg
In die Leupold en Sightron kamp is skope wat jou gaan pas maar ek weet nie asof daar 'n "beste" een is om van te kies.
Die Leupold EFR is hulle kort parralaks reeks en dit pas rimfire en windbuks skiet. As jy gelukkig is kan jy die EFR model nog vanaf Sangoma op die forum aanskaf...'n gesprek met hom op die foon sal ook baie help met jou keuse. R13000
Die Sightron is tops. Kyk solank na die S-tac reeks vir kort parralaks en groot vergroting.
Los die Sightron S3 reeks as jy kort parralaks soek, die webtuiste se hy sal tot 35 meter gaan. Party sal nader werk maar dis 'n gamble van n paar meter.
Onder die Sightron se discontinued reeks was die S2 Big Sky reeks (vra Sangoma),hy is ligter, 1inch tube, het die S3 se glas en parralaks korter (+- 20 meter). R13000
Ek self het die S2 Big Sky 6.5-20x50 en dit is n fantastiese skoop maar hy is in die mark binnekort omdat ek 'n teikenskiet geweer met 'n toegewyde skoop wil toerus. Jy kan my kontak as jy meer wil weet.
Daar is ook die ou skoop kategorie soos die ou staal Tascos, Weavers, Nikko Stirlings ens maar dis meestal vir mense wat nie gepla is met warranties en weet waarvoor om te kyk.
Ek kan nie oor Lynx, Nikon of die Vortex ens praat so ek los dit uit maar soos jy kan sien is dit keuses wat mense gelukkig laat.
My voorstelling is 16 tot 24 maks vergroting en persoonlik sal ek my keuse maak tussen die twee. Ek is nie n illuminated kruishaar man so ek het nie Hawke sin by die links gesit. Ek sal miskien my kop daaroor verander as ek eendag een het maar vir nou is dit doelloos want ek skiet in die dag en dit maak in meeste gevalle die kruishaar n obstruksie vir ouens wat hou van din kruishaar en "pinpoint accuracy".
Hawke Vantage
http://www.hawkeoptics.com/vantage-side ... l-dot.html
http://www.hawkeoptics.com/vantage-side ... l-dot.html
Sightron S-tac
https://sightronusa.com/index.php/produ ... -20x50moa/