Intussen, terwyl ek vir die dies wag het ek van my werkers aan die werk gesit om die doppies per "name brand" te sorteer aangesien daar klein gewigs en wand dikte verskille is tussen die verskillende make. Dit vat een week vir die dies om reg oor America te reis en in JHB te arriveer, dit vat 'n vêrdere 4 weke om 30km van JHB international tot by my posbus te beweeg.
Met die dies in die hand begin ek toe my koeels te maak. Die voorbereiding van die Jackets is nogals "labor intensive" maar die res is darem redelik maklik. Die proses is basies soos volg:
1. Was die doppies met 'n rotary tumbler.
2. De-rim die doppies met die Derimming die
3. Anneal die doppies
4. Was weer met die rotary tumbler
5. Swage cores
6. Seat cores in die Jackets
7. Point form die koeêl
Onder is 'n link waar die man dit baie mooi beskryf met fotos.
https://www.ar15.com/forums/t_6_42/4137 ... aging.html
So het my "trial en error" met die koeëls begin en sommer gou het ek besluit ek hou van hoe die 50gr koeëls lyk en die ligte koeëltjies sal mooi in die stadige twists van my seun se 222 werk sowel as die 1:9 twist van die 223. Net soos met herlaai kan mens goeie koeëls maak of slegte koeëls en ek het alles wat ek geleer het oor die laaste paar weke sorgvuldig toegepas. Toe ek so 250 koeëls klaar het het ek die 223 gebruik om te kyk hoe my nuwe koeëltjies gaan vaar.
Die geweertjie skiet baie mooi met S335 so ek het besluit om te bly by S335 en het begin by 22.5gr en opgewerk tot by 24.9gr in .3gr inkremente met 'n 57.4mm tpl in 'n 20" loop. Daar is gemengde opinies oor die spoed waarmee die koeëls geskiet kan word agv die dunner jackets wat die 22LR doppies maak. Dus word daar aanbevel dat die spoed nie hoër as 3200fps in 'n vinnige twist loop geskiet word nie alhoewel party mense beweer hulle die koeëls teen tot 3500 fps skiet sonder probleme. Alhoewel dit nie my doel is om hierdie koeëls so vinnig te skiet nie gaan my vriend hulle uit sy 22-250 met 'n 1:9 twist skiet om te kyk wat maak hulle.
Met die aankoms by die baan het ek deur die gelaaide ladings gewerk en was sommer vinnig aangenaam verras. Hierdie was die grootste bekommernis wat ek gehad het, dat die koeëls nie akkuraat gaan wees nie aangesien daar weereens baie gemengde gevoelens op die internet was. Uit al die groepe wat ek geskiet het soos ek deur die .3gr inkremente gewerk het was nie een groep veel groter as 1,5" nie en het ek van die beter groepe gekry soos in die foto's hier onder.
Hierdie groepe was geskiet om die node bande te identifiseer en ek het nou nog geen verdere lading ontwikkeling gedoen nie of met die tpl's gespeel nie maar ek dink dit is veilig om te sê dat die koeëltjies gemaklik in staat is om MOA of kleiner te skiet. Hulle is beslis nie 'n AMax of Berger VLD nie maar het my verwagtinge nie net bevredig nie maar oorskry.
Nou kan ons lekker goedkoop op die baan skiet en het ek genoeg voorraad om koeëls mee te maak om menigte gewere se lope klaar te skiet sonder om weer 'n koeël te koop. Sovêr ek verstaan is hierdie koeëls ook uitstekend vir probleem dier beheer en culling en werk baie dieselfde as 'n VMAX, party mense beweer selfs beter omdat die jacket so dun is.
Die setup was nogals duur en ek oorweeg dit om 'n sekere hoeveelheid van die koeëltjies te maak en verkoop tot ek my inset kostes terug gekry het. Laat weet asb indien daar belangstelling sal wees.
Ek het gedink om hulle teen so R190 per 100 te verkoop of R400 per 250. Dit is darem lekker verspot goedkoop skiet!
