Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by Hein22 »

Beide my twee seuns het nou hul eie gewere een 'n 223 & die ander 'n 222. Vandat hulle nou groter word en saam pa begin skiet gaan my skiet begroting aansienlik verhoog. Ons geniet die veldskiete en voorbereiding vereis baie oefening op die baan. So begin my soeke na 'n goedkoper skiet opsie. Baie ure se oplees werk op die internet en heelwat skrywes heen en weer met Dave Corbin, samel ek al die inligting wat ek nodig het in en word al my vrae beantwoord. Ek het toe maar besluit om vir my swage dies van Corbin te bestel mits ek genoeg 22LR doppies in die hande kon kry. Ek het bietjie rond gebel en kon toe na so drie weke byna 130,000 doppies gekoop kry teen scrap metal pryse. Kort daarna is die dies in die pos. Soos ek verstaan was daar eens op 'n tyd hierdie tipe koeël te koop in SA (Amocil) maar toe swartklip toemaak was Jackets moeilik bekombaar en het hulle opgehou om die koeëls te vervaardig.

Intussen, terwyl ek vir die dies wag het ek van my werkers aan die werk gesit om die doppies per "name brand" te sorteer aangesien daar klein gewigs en wand dikte verskille is tussen die verskillende make. Dit vat een week vir die dies om reg oor America te reis en in JHB te arriveer, dit vat 'n vêrdere 4 weke om 30km van JHB international tot by my posbus te beweeg. >:(

Met die dies in die hand begin ek toe my koeels te maak. Die voorbereiding van die Jackets is nogals "labor intensive" maar die res is darem redelik maklik. Die proses is basies soos volg:

1. Was die doppies met 'n rotary tumbler.
2. De-rim die doppies met die Derimming die
3. Anneal die doppies
4. Was weer met die rotary tumbler
5. Swage cores
6. Seat cores in die Jackets
7. Point form die koeêl

Onder is 'n link waar die man dit baie mooi beskryf met fotos.

https://www.ar15.com/forums/t_6_42/4137 ... aging.html

So het my "trial en error" met die koeëls begin en sommer gou het ek besluit ek hou van hoe die 50gr koeëls lyk en die ligte koeëltjies sal mooi in die stadige twists van my seun se 222 werk sowel as die 1:9 twist van die 223. Net soos met herlaai kan mens goeie koeëls maak of slegte koeëls en ek het alles wat ek geleer het oor die laaste paar weke sorgvuldig toegepas. Toe ek so 250 koeëls klaar het het ek die 223 gebruik om te kyk hoe my nuwe koeëltjies gaan vaar.

Die geweertjie skiet baie mooi met S335 so ek het besluit om te bly by S335 en het begin by 22.5gr en opgewerk tot by 24.9gr in .3gr inkremente met 'n 57.4mm tpl in 'n 20" loop. Daar is gemengde opinies oor die spoed waarmee die koeëls geskiet kan word agv die dunner jackets wat die 22LR doppies maak. Dus word daar aanbevel dat die spoed nie hoër as 3200fps in 'n vinnige twist loop geskiet word nie alhoewel party mense beweer hulle die koeëls teen tot 3500 fps skiet sonder probleme. Alhoewel dit nie my doel is om hierdie koeëls so vinnig te skiet nie gaan my vriend hulle uit sy 22-250 met 'n 1:9 twist skiet om te kyk wat maak hulle.

Met die aankoms by die baan het ek deur die gelaaide ladings gewerk en was sommer vinnig aangenaam verras. Hierdie was die grootste bekommernis wat ek gehad het, dat die koeëls nie akkuraat gaan wees nie aangesien daar weereens baie gemengde gevoelens op die internet was. Uit al die groepe wat ek geskiet het soos ek deur die .3gr inkremente gewerk het was nie een groep veel groter as 1,5" nie en het ek van die beter groepe gekry soos in die foto's hier onder.

Hierdie groepe was geskiet om die node bande te identifiseer en ek het nou nog geen verdere lading ontwikkeling gedoen nie of met die tpl's gespeel nie maar ek dink dit is veilig om te sê dat die koeëltjies gemaklik in staat is om MOA of kleiner te skiet. Hulle is beslis nie 'n AMax of Berger VLD nie maar het my verwagtinge nie net bevredig nie maar oorskry.

Nou kan ons lekker goedkoop op die baan skiet en het ek genoeg voorraad om koeëls mee te maak om menigte gewere se lope klaar te skiet sonder om weer 'n koeël te koop. Sovêr ek verstaan is hierdie koeëls ook uitstekend vir probleem dier beheer en culling en werk baie dieselfde as 'n VMAX, party mense beweer selfs beter omdat die jacket so dun is.

Die setup was nogals duur en ek oorweeg dit om 'n sekere hoeveelheid van die koeëltjies te maak en verkoop tot ek my inset kostes terug gekry het. Laat weet asb indien daar belangstelling sal wees.

Ek het gedink om hulle teen so R190 per 100 te verkoop of R400 per 250. Dit is darem lekker verspot goedkoop skiet! ;D
20170701_141018_zpssxelqf6b.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Hein22 on Fri Jul 28, 2017 1:44 pm, edited 2 times in total.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
User avatar
Tikka_25-06
Full Member
Full Member
Posts: 210
Joined: Sat Apr 25, 2015 3:12 pm

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by Tikka_25-06 »

Vir al daai moeite wat jy doen dink ek ook dit is baie goedkoop.

Sent from my EVA-L19 using Tapatalk
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by Eugene »

Ek sal belangstel in so 250 pak. My seuntjie skiet my ook redelik bankrot met sy .223....
Aim small, miss small
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by Capt. Yoda »

Vat daai 223 dop en maak vir ons 105gr VLDs man!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by Arnold »

Ek dink nie jy sukkel om koeëls te verkoop nie.
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by Hein22 »

Tikka_25-06 wrote:Vir al daai moeite wat jy doen dink ek ook dit is baie goedkoop.

Sent from my EVA-L19 using Tapatalk
Neewat, ek wil nie aftree met die koeëltjies nie, net my inset kostes terugkry.
Eugene wrote:Ek sal belangstel in so 250 pak. My seuntjie skiet my ook redelik bankrot met sy .223....
Dit is reg Eugene, ek het nog geen voorraad gemaak nie, ek wou net eers kyk of daar belangstelling sou wees. Indien genoeg manne wil hê sal ek voorraad van die koeëls opbou. Ek sal intussen vir jou 250 koeëls maak en jou kontak om dit by jou te kry.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by Eugene »

Dankie Hein. Ek is nie dood haastig nie, so vat jou tyd.
Aim small, miss small
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by Hein22 »

Capt. Oblivious wrote:Vat daai 223 dop en maak vir ons 105gr VLDs man!
;D Ek kan met die dies natuurlik berger jackets koop en koeels maak maar dit is nie hoekeom ek die setup gekoop het nie.
Arnold wrote:Ek dink nie jy sukkel om koeëls te verkoop nie.
Daar het so paar manne koeëls bestel so ek vermoed jy is reg. Ek gaan deur die week hulle koeels vir hulle opmaak en sal dan so paar duisend maak wat ek as voorraad sal hou soos die manne bestel.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by Swede »

Nou kan jy begin experimenteer met core bonded koels ;)
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by Hein22 »

Swede, dit is natuurlik moontlik maar wat ek met die setup wil bereik is goedkoop, maklikke, vinnige maak koeëls vir baanskiet. Die dies is nou opgestel en ek is nie van plan om hulle te verander om swaarder koeëls te maak of so iets nie. Ek het so plekkie hier by my werk skoon gemaak en ek gaan 4 presse koop elk met sy eie stasie. Met tye wanneer die werk bietjie stiller is gaan ek dan my werkers inspan om koeëls vir my te maak.

Vir nou moet ek maar eers self die press swing.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by Pvdw »

Ek sit met nog so 500 AMOCIL 50gr koeëls by my wat op Prieska gemaak is. Die oom het begin met skool skietbaan .22 doppies maar die koolstof het sy dies opgeneuk. Toe koop hy blykbaar amper 2 000 000 ongebruikte doppies toe Swartklip toemaak. Paar jaar later en als is klaar. Daai koele skiet puik!! Hulle is meestal vir oes en jak skiet gebruik. Die Amocils is ook gemolly coat.

Hein jy gaan verbaas wees oor die finale akuraatheid as jy eers met lading gespeel het. Daai van jou lyk identies soos die wat ek het. As jy in die 50gr'er se punt inkyk is die lood net net te kort om uit te steek.
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by Hein22 »

So terloops, die koeëls wat ek nou al gemaak het was binne 0.4gr van mekaar met 90% binne 0.2gr. Nadat dieselfde "brand" doppies bymekaar gegooi is word daar nie verder gesort om die met presies dieselfde gewigte te batch nie, anders sou hulle presies dieselfde geweeg het.

Ek kan nou nie die presiese waardes onthou nie maar die ogiewe wat ek gemeet het met die comparator meet verbasend baie naby aan mekaar, beter as van die gekoopte koeëls wat ek het. Die voordeel van een die gebruik vir al jou koeëls.

Nou dat ek bietjie ondervinding het met my eie koeëls maak kan ek heeltemal verstaan hoekom baie van die ernstige vêr skiet skuts hul eie koeëls maak.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by Hein22 »

Pvdw wrote:Ek sit met nog so 500 AMOCIL 50gr koeëls by my wat op Prieska gemaak is. Die oom het begin met skool skietbaan .22 doppies maar die koolstof het sy dies opgeneuk. Toe koop hy blykbaar amper 2 000 000 ongebruikte doppies toe Swartklip toemaak. Paar jaar later en als is klaar. Daai koele skiet puik!! Hulle is meestal vir oes en jak skiet gebruik. Die Amocils is ook gemolly coat.

Hein jy gaan verbaas wees oor die finale akuraatheid as jy eers met lading gespeel het. Daai van jou lyk identies soos die wat ek het. As jy in die 50gr'er se punt inkyk is die lood net net te kort om uit te steek.
Dit is net hy daai. Daarom het ek op die 50gr besluit, hulle lyk sommer vir my mooi (maar miskien is dit net omdat ek hulle self gemaak het :) ). As ek die 55gr of swaarder wil maak is dit 'n ekstra stap want dan word dit 'n lead tip wat ook deur die tipping die moet gaan.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by ruaanb »

Hein ek sal ook belangstel. my klong dink sy 222 is n semi auto....

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
User avatar
Philip_R
Hero Member
Hero Member
Posts: 613
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by Philip_R »

Baie interesant. Hein hoeveel punte behoort jy uit jou dies te kry voor jy moet begin goed vervang?


Sent from my iPad using Tapatalk
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by Hein22 »

Philip, daar is wear parte, bv. die punch van die derimming die wat veral hard houe vat, maar om hom te vervang is goedkoop en maklik. Wat die ander dies betref is die werk wat hulle doen nie so hard nie so hulle gaan baie baie lank hou.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
Wildeboer
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Mon Nov 05, 2012 9:20 pm

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by Wildeboer »

Hein,
As jy eendag by die 55greiners uitkom sal ek baie graag hul wil toets in my .222Rem.
Laat weet maar as jy vorentoe dit dalk oorweeg.
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by Hein22 »

Ek sal so maak. Op die oomblik wil ek dit dlt so eenvoudig moontlik hou en soos vroeer genoem is die swaarder koeels 'n ekstra stap om die lood tip te vorm. Ek gaan nou so 5000 of 10,000 50gr koeels se voorraad maak, as daar dan navraag is vir swaarder koeels sal ek so paar duisend van hulle ook maak.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 716
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm

Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by SakoTrippel2 »

Jis Hierdie is 'n oulike plan. Ek sal verseker in 'n paar 250s belangstel.
Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
zipp
Full Member
Full Member
Posts: 117
Joined: Tue May 14, 2013 9:03 pm

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by zipp »

ek sal ook 250 vat waneer jy reg is Hein.
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by Swede »

Cast jy jou eie cores?
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by Hein22 »

zipp wrote:ek sal ook 250 vat waneer jy reg is Hein.
Dit is reg, ek sal julle laat weet sodra ek bietjie voorraad opgebou het.
Swede wrote:Cast jy jou eie cores?
Nee, ek koop pure lead wire wat ek in spesifieke lengtes sny, basies die gewig van die core plus 3gr en dan swage ek na die presiese gewig toe.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1702
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by Vlakvark Soldaat »

Ek gaan koop sommer n geweer om die kaliber koeëls van jou te skiet!
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by 30-06 »

Ek sal ook n pakkie van 250 neem.

Ek stuur n PM.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Post by Jake1 »

Hier is n oom net anderkant Marble-Hall wat ook gemaak het, sy koele was bietjie stomper voor. Ek het lank met hulle geskiet en penetreer goed in n bok.

Hein ek glo jou prys gaan lei daartoe dat jy baie gaan verkoop.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Post Reply