Ek het groot geword daar in die Suid Vrystaat en met my pa se betroue 220Swift het ek al my Blesbokke, Springbokke en Ribok in die nek geskiet en almal van hulle in my 18 jaar van jag het net daar geval, pens en pootjies in die lug.
Intussen het ek 'n 270 gekry en met die skiet ek 140gr Nosler Accubond. Baie gelukkig met die kombinasie. Ek het nou al 2 keer gaan jag die jaar in die bos en 5 Rooibokke plat getrek, almal in die nek geskiet. 3 het ook net daar geval want ek het die nekwerwel heeltemal afgeskiet. Die ander 2 het omtrent 50m verder eers gaan le en die skote was bietjie laer in die nek, dus het ek maar daai rugwerwek bietjie gemis. Nou dit is die eerste keer dat ek 'n bok in die nek skiet en die nie net daar val nie. Miskien was ek maar net gelukkig in die 18 jaar?
Maak dit sin om dalk na 'n sagter punt, soos SST of iets te kyk vir die nekskote om meer skade te maak of wat is julle kommentaar. Indien so, watse punte sal julle aanbeveel?
LW, ek praat nou net van Rooibokke, Blebokke, ens, nie Kudus en Elande nie, voor paar manne my nou op die vingers tik hierso.
Groete,
Piet




