Nekskote : Premium of sagte punt?

Post Reply
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Nekskote : Premium of sagte punt?

Post by pietjacobs »

More almal,

Ek het groot geword daar in die Suid Vrystaat en met my pa se betroue 220Swift het ek al my Blesbokke, Springbokke en Ribok in die nek geskiet en almal van hulle in my 18 jaar van jag het net daar geval, pens en pootjies in die lug.

Intussen het ek 'n 270 gekry en met die skiet ek 140gr Nosler Accubond. Baie gelukkig met die kombinasie. Ek het nou al 2 keer gaan jag die jaar in die bos en 5 Rooibokke plat getrek, almal in die nek geskiet. 3 het ook net daar geval want ek het die nekwerwel heeltemal afgeskiet. Die ander 2 het omtrent 50m verder eers gaan le en die skote was bietjie laer in die nek, dus het ek maar daai rugwerwek bietjie gemis. Nou dit is die eerste keer dat ek 'n bok in die nek skiet en die nie net daar val nie. Miskien was ek maar net gelukkig in die 18 jaar?

Maak dit sin om dalk na 'n sagter punt, soos SST of iets te kyk vir die nekskote om meer skade te maak of wat is julle kommentaar. Indien so, watse punte sal julle aanbeveel?

LW, ek praat nou net van Rooibokke, Blebokke, ens, nie Kudus en Elande nie, voor paar manne my nou op die vingers tik hierso. :)

Groete,
Piet
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Nekskote : Premium of sagte punt?

Post by Francois Briedenhann »

Ek het gister aand n kudu bul in die nek gedkiet met n 222 en hy het geval net daat waar hy gestaan het.   


Groete FB
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Nekskote : Premium of sagte punt?

Post by pietjacobs »

FB, watse punte skiet jy in daai 222? Ek het al baie Swart wildebees met die 220 Swift gaan skiet ook. Miskien moet ek maar met die 220Swift bos toe gaan  ;D
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Nekskote : Premium of sagte punt?

Post by 222 »

Pietjacobs

Het met my 222 Blesbokke nekskote geskiet en hulle het ook net daar geval, dit was met PMP se 55gr sagtepunte, Winchester 55gr sagtepunte en n GSC 40gr.

Met die 308 ook nekskoot wat net daar geval het (GSC130gr). 25-06 met Ballistic Tip Hunting ook net daar gedop.

Francois Briedenhann wrote: Ek het gister aand n kudu bul in die nek gedkiet met n 222 en hy het geval net daat waar hy gestaan het.   


Groete FB

Hel ek sit en top nog oor watter kettie ek moet saamvat bos toe die jaar, dink ek sal die 222 inpak hy is darem baie ligter om te dra dan die 243 en die 308 by die huis los ;D Wil ook hoor watter koeels het jy in daai 222 gebruik
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nekskote : Premium of sagte punt?

Post by Gerhard »

Vat maar die 308 vir daai kudu...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Nekskote : Premium of sagte punt?

Post by Francois Briedenhann »

Dis my neef se 222 hy het somer petrone by die koperasie gekoop gewone pmp's en hy skiet ook elke jaar kudu's met hom.

Groete FB
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Nekskote : Premium of sagte punt?

Post by pietjacobs »

Dit gaan als maar oor skoor plasing op die einde van die dag. Dalk is hierdie bos Rooibokke harder as die Vrystaat Blesbokke,  ;D

Van wat dit vir my lyk is dit maar beter om die sagte punte te pak as jy gaan nekskote skiet.
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Nekskote : Premium of sagte punt?

Post by 243Songdaug »

Pietjacobs

Ek skiet self ook baie graag ho? nekskote - ek probeer om altyd die bokke net mooi op die afsnyarea te skiet = geen vleisverlies.

Ek gebruik nog altyd Gamekings, Interlocks of SST's.  Vir 'n nekskoot hoef jy nie 'n premium punt te gebruik nie - dit gaan soos genoem oor die skootplasing.

Groete.
Songdaug
Dont tell me, show me......
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: Nekskote : Premium of sagte punt?

Post by Christo Els »

Ek lees nou eers die onderwerp en voel sommer goed nou.

Lyk my dat my sako 222 beter is as wat ek gedink het.

Wat is die afstande wat julle daardie kudu's op geskiet het?
Is die 55gr punte algemene punt om mee te skiet of wat sal julle voorstel is die beste gr punte vir 'n 222
Dit is nou vir biltong en papier bokke skiet.
Ja ek weet dit is nie heeltemal die regte kaliber vir kudu nie, maar is bly dat as die nood daar is, is daar 'n uitweg.

Dankie vir die inligting
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Nekskote : Premium of sagte punt?

Post by Pvdw »

Piet ek sit so en lees hier al die komentaar wat jy kry, Hier is genoeg bewys op die forum dat 'n 40-50gr koe?l uit 22's genoeg is om blesbok/rooibok te dood. Ek sou raai dat al skiet jy watter 140gr koe?l ook al uit die 270 op die regte plek daai bok net daar MOET val ??? ??? ??? Dink jy het die werwel van die Rooibok dalk net anders gelees as die laaste 18 jaar se Blesbok werwels ;). Grap net, elke dier verskil mos darm net so bietjie van mekaar.

Terwyl ons nou op die onderwerp is wil ek graag hoor hoe julle skootplasing op die nek bepaal. Skiet julle waar kop en nek bymekaarkom of waar nek en skouers bymekaar kom en hoekom?

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Nekskote : Premium of sagte punt?

Post by tripodmvr »

Premium punte breek nie op nie en veroorsaak dus minder skade in die begin. Met 'n nekskoot het mens die "ontplofaksie" van 'n sagtepunt nodig om meer effektief die nekwerwelkolom te beskadig.

Ho? nekskote veroorsaak minder vleisskade. Proviso vir sulke akkurate skote is kort afstand en akkurate geweer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Nekskote : Premium of sagte punt?

Post by Jagtersdok »

Met kleiner plains game soos rooibok en blesbok die tipe van wild sal skoot met  sagte of premium punt gelpaas in die middel lyn of ho?r as jy nou lyn oor die lengte van die nek in die helfde trek die bok dood, daar gaan nie regtig verskil wees in die werk verrigting nie.

Met Gemsbok, kudu, bloubees wat dikker nekke en natuurlik ook langer nek het en soos ek glo meeste mense weet die struktuur van die werwel kolom verskil van spesie tot spesie, wil ek s? dat hier moet jy daardie skoot reg sit dat jy nie net gorrerl af skiet, of die dik boonste nek spiere nie. Hier sal die "plofaksie" van die sagte punt jou nie red nie, jy mag dlk ook oor langer afstande bulletfailure kry met jou sagte ouens. Die premium koeel kan hier genoeg pennetreer, maar dit is ook nie te s? dat jy gunstige resultate sal kry nie.

Ek het so klein sak boekie wat ek by my dra, veral as ek mense uitvat wat nog nie so gesout is is nie, met prentjies waar die vitals l? en hoe die werwel kolom in die nek loop.

Die slotsom waarby ek wil kom is dat dit nie werkli met kleiner wild gaan saak maak of jy sagte punte of premium gaan nie, met groter wild kan jou sagte ouens jou dalk makliker in die steek laat as premium
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Nekskote : Premium of sagte punt?

Post by pietjacobs »

Ja ek dink ek het maar daai 2 Rooibokke die werwel gemis, maar hulle het darem geval paar meter verder.

Het die naweek 2 Kudu bulle, 2 Kudu koeie, Rooibok ram em 3 varke geskiet. Almal hoe nek en almal het geval soos in die ou dae, net daar, pens en pootjies in die lug so ek is baieeee happy. Daai Nosler Accubonds werk mooi.

Groete,
Piet
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Nekskote : Premium of sagte punt?

Post by Jagtersdok »

Jisllike ek like dit kwaai
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Nekskote : Premium of sagte punt?

Post by Pvdw »

Piet waar skiet jy presies as jy gaan vir die nek?

Peet
Last edited by Pvdw on Sun May 22, 2011 6:50 pm, edited 1 time in total.
Work to live, don"t live to work
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Nekskote : Premium of sagte punt?

Post by pietjacobs »

Jong Peet, ek gaan altyd, as ek kan, vir daar waar die kop en nek bymekaar kom, agter die oor. Dis 'n lekker groot area om te skiet. As ek nie kan, dan try ek maar om daai werwel te skiet, wat in die meeste wild maar +- in die middel van die nek is, maar ek maak altyd seker voor ek gaan jag oor die anatomie van 'n dier as ek hom nog nie gejag het nie.

Ek sal by die klub vir jou die fotos wys. 'n Mens kan die meeste skote duidelik sien op die fotos.

Groete
Piet
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Nekskote : Premium of sagte punt?

Post by Pvdw »

Dankie Piet sien jou by die klub.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Nekskote : Premium of sagte punt?

Post by Piet Breedt »

Piet, die waarskynlikke rede vir die rooibokke wat nie dadelik geval het is dat jy hulle tien teen een nader geskiet het as die blesbokke op die vlaktes, en dat die koe?ltjie opgebreek het as gevolg van die ho? spoed. Die blesbokke was waarskynlik heelwat v?rder en die koe?ltjie het beter by mekaar gebly as gevolg van die spoed verlies op daardie afstand.
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Nekskote : Premium of sagte punt?

Post by pietjacobs »

Dankie Piet, ek sal bietjie kyk daarna. Nou sal ek weer moet gaan jag  ;)
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
Post Reply