Is my scope te hoog gemount?

Post Reply
User avatar
Johan7
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm

Is my scope te hoog gemount?

Post by Johan7 »

Ek sit met 'n .243 met 'n Vortex Daimondback 4-12X40 scope op hom. Die scope sit vir my verskriklik hoog. Ek weet vir die beste akkuraatheid moet die scope seker so na as moontlik aan die loop sit. Hierdie scope sit op die geweer, maar dit voel vir my hy sit bo-op die geweer! Daar is voor 'n 10mm spasie tussen die loop en die scope. Is hierdie so reg? Kyk na my mountings - kan ek die scope enigsins laat sak? Is ek reg met my redenasie of slaan ek die bal mis? Wat se julle manne.

Ai, ek het nou al gesukkel om die foto's te laai, maar kry niks reg nie. By FAQ's gaan kyk, lyk my die administrators moet toestemming gee as ek foto's wil plaas. Maar dalk het ek dit tog reggekry?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Is my scope te hoog gemount?

Post by Swede »

Miskien sal 'n piccatini rail jou help om dit laer te monteer, jy kan ook 'n comb riser opsit wat sal baie help
And as thy days, so shall thy strength be
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2130
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Is my scope te hoog gemount?

Post by Malan123 »

Ek dink nie 10mm is so groot issue vanuit 'n akkuuraatheids oogpunt nie. As jou oog nie lekker met die scope op line nie, kry 'n cheeck rest
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Is my scope te hoog gemount?

Post by Pappabeer »

Kry net n stel laer ringe vir jou lynx/ Thor basisse. Hier is 10:1 50 mense op die forum met van daai goed wat rondlê.

Maak net seker jou bolthandel clear nog die teleskoop as jy hom vêrder laat sak.

Korreksie. Warne. Nie Thor nie se ringe wat op die CZ/ Brno vasklamp werk ook baie goed.
Last edited by Pappabeer on Wed Mar 15, 2017 10:10 pm, edited 1 time in total.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Johan7
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm

Re: Is my scope te hoog gemount?

Post by Johan7 »

Pappabeer wrote:Maak net seker jou bolthandel clear nog die teleskoop as jy hom vêrder laat sak.

Thor se ringe wat op die CZ/ Brno vasklamp werk ook baie goed.
Beerman, ja nog nie eens na die bolthandel gekyk nie! Dankie vir daai raad. Dit is 'n CZ geweer, so ek kan kyk na daai Thor ringe...
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1286
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Is my scope te hoog gemount?

Post by Riaan Kriel »

Is die eye-relief reg/gemaklik op die scope? Lyk amper of hy bietjie ver terug gemount is..
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Is my scope te hoog gemount?

Post by Arnold »

Die laagste opsie wat ek kon kry vir 'n CZ550 was Warne ringe. Ek wou weg beweeg vanag die thor/lynx omdat die ringe vir my probleme gegee het met die hoogte van die ringe/basisse wat effe verskil het.
Hierdie was nou wel met 'n Sightron 6-24x50 maar ek dink nie daar was iets laer nie. So daar gaan 'n gap wees by jou.

https://dl.dropboxusercontent.com/u/37019857/Geweer%20fotos/CZ550/CZ550_308W_%20004.jpg
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Is my scope te hoog gemount?

Post by Gian_dP »

Die hoogte van jou scope per se gaan nie akkuraatheid beinvloed nie, maar wel hoe goed jou "cheek weld" is.

Hoe hoër jou telseskoop is, hoe groter fout kom in as jy jou geweer kantel.

As laer mounts nie beskikbaar is nie, of as slothandvatsel te hoog is om scope laer te sit, moet jy cheek riser oorweeg. Dit sal jou cheek weld reg kry.

Vir langer afstande, bubble level om kantel uit te skakel.

Stem saan met Riaan, scope lyk of hy te agter positioneer is.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Is my scope te hoog gemount?

Post by Dawie »

Johan7 wrote:...... Ek weet vir die beste akkuraatheid moet die scope seker so na as moontlik aan die loop sit......

Dis nie waar nie.

'n Voordeel van hoë teleskoop is jou trajek se kruin is verder weg en dit gee die effek van 'n "platter trajek".
Gaan speel rond op ballistiese program met "sight height" en inskiet hoogte en bestudeer die baan van die koëel.
Ek sien daai teleskoop het nie oop turrets nie, so jy gaan nie sommer "in dial" nie, so jy gaan beter "point-blank range" hê met 'n hoër teleskoop.

Cheers

Dawie
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13665
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Is my scope te hoog gemount?

Post by Geno »

Dawie wrote:
Johan7 wrote:...... Ek weet vir die beste akkuraatheid moet die scope seker so na as moontlik aan die loop sit......

Dis nie waar nie.

'n Voordeel van hoë teleskoop is jou trajek se kruin is verder weg en dit gee die effek van 'n "platter trajek".
Gaan speel rond op ballistiese program met "sight height" en inskiet hoogte en bestudeer die baan van die koëel.
Ek sien daai teleskoop het nie oop turrets nie, so jy gaan nie sommer "in dial" nie, so jy gaan beter "point-blank range" hê met 'n hoër teleskoop.

Cheers

Dawie
Net so Kojak.
Ek verkies 'n hoër teleskoop, veral op my jakkalsgeweer.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Konrad308
Full Member
Full Member
Posts: 210
Joined: Mon Feb 15, 2016 12:07 pm

Re: Is my scope te hoog gemount?

Post by Konrad308 »

Vir my gaan dit oor hoe gemaklik dit is. As jy lekker maklik cheek weld kry op daai hoogte dan los jy hom net so. Jy moet so gemaklik as moontlik jou cheek weld dieselfde kan hou elke keer.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
22 Beretta Mod 70
22 Brno Mod 2E
223 Rem Sako A1
6mm Dasher Winchester Mod 70
6.5 x 47 Lapua Howa
308 Win Musgrave RSA
300WSM Tikka T3 Varmint
30-06 Spring Howa
375 Ruger Howa
Pointer 12 Guage Semi-Auto
9mm CZ 75 P-07 Duty
Ruger Super Blackhawk 44Mag
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Is my scope te hoog gemount?

Post by Dawie »

Dankie Geno

Baie mense wil my nie oor daai storie glo nie ;)
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Is my scope te hoog gemount?

Post by Arnold »

Dawie wrote:Dankie Geno

Baie mense wil my nie oor daai storie glo nie ;)
Ins het hierdie gedoen toe ons windbuks geskiet het en die afstand moes skat. Hoe hoër die teleskoop hoe groter fout kon jy maak op die verder afstande. Op die nader afstande het dit die teenoorgestelde to gevolg maar dit was makliker om die nader afatande baie akuraat te skat.

Hier het ons ook darem gewerk met verstelbare wangstukke so cheekweld was nooit n probleem nie.
User avatar
Johan7
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm

Re: Is my scope te hoog gemount?

Post by Johan7 »

Konrad308 wrote:Vir my gaan dit oor hoe gemaklik dit is. As jy lekker maklik cheek weld kry op daai hoogte dan los jy hom net so. Jy moet so gemaklik as moontlik jou cheek weld dieselfde kan hou elke keer.
Ja, niks is fout nie, nie eens die feit dat die scope so ver na agter gemonteer is nie. My cheeck-weld is ook reg. Ek het maar net gewonder oor dit wat ek iewers gehoor het dat jou scope so laag as moontlik aan jou loop gemonteer moet wees, anders moet dit die geweer te veel "lig" aan die voorkant met respek tot die scope.

Verder is alles 100%. As ek die geweer oplig is hy onmiddelik vir my in fokus - dit is mos waar hy moet wees. Ek hou hom net so. Baie dankie aan almal se bydrae, ek is tevrede!
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
Post Reply