Om die regte 6mm te kies?

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Om die regte 6mm te kies?

Post by Smitstertjies »

Middag manne.

Ek is in die proses om n regte fynskieter te bou. Die geweer gaan op n taktiese Kelby Atlas kort aksie gebou word. Loop is n Krieger 6mm 1-8 twist. Hy sal seker n March opkry. Geno is besig om die droomkolf wat ek soek die land in te stoei. Ek wil nou graag die reamer bestel.

Nou, die groot keuse is die dopontwerp. In my hart is daar redelik n voorloper, maar ek erken ek is onseker.

Ek gaan die geweer gebruik vir bietjie jag, seker maks tot 400m (blesbokke uitdun), maar dan hoofsaaklik om gonge pakslae te gee tot 1200 meter. Ek is nie groot op kompetisie skiet nie, maar kan dalk nou en dan deelneem. Wil graag die 105 greiners skiet.

Opsies op die tafel:

- 6mm Dasher (Sy spoed is laer as meeste 6mm, maar akkuraatheid goed. Ek hou van daai vet lyfie. Kan dalk moeilik voer uit magasyn?)
-6x47 lapua ( Lekker spoed en kan maklik van Lapua doppe af fireform)
- 6 BRX
- 6 Tall dasher ( Kry niks op QL vir hom nie?)
-6 mm Creedmoor
- 6 Xc

Kom maak my nog meer deurmekaar met julle opinies asb ;D ;D ?
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Om die regte 6mm te kies?

Post by savage(P Coetzer) »

Die tall dasher of 6mmBrdx soos ek hom ken sal my stem kry. Ek kry hoeka more my Brdx op n 27" brux 1:10 loop.
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Om die regte 6mm te kies?

Post by savage(P Coetzer) »

Ek gister met n man gepraat wat uit n 24"1:8 loop 105custom comps teen 3050ft gooi sonder druk tekens
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Om die regte 6mm te kies?

Post by Smitstertjies »

savage(P Coetzer) wrote:Ek gister met n man gepraat wat uit n 24"1:8 loop 105custom comps teen 3050ft gooi sonder druk tekens
Klink goed. Loop lengte wil ek juis kies op grond van n node, afhangende van dopontwerp. Maar ek glo dit sal hier by 27 of 28 duim wees.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Om die regte 6mm te kies?

Post by tripodmvr »

Hier was al 'n redelike bespreking oor die Tall Dasher

http://jaracal.com/viewtopic.php?f=105&t=52435
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Om die regte 6mm te kies?

Post by savage(P Coetzer) »

Sal jou laat weet wat myne met 87greiners doen. Sal hopelik volgende week begin doppe vorm
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Om die regte 6mm te kies?

Post by Gerhardu »

Smitstertjies Eks ook besig met die gestoei. Eks al halfpad oortuig met die XC vir my fynskieter. Maar eks ene ore!

PS. Moenie die SLR weggooi nie.

Groete
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Om die regte 6mm te kies?

Post by Smitstertjies »

Hier is meer inligting oor Tall Dasher oftewel 6x47L improved (40grade skouer)

http://bulletin.accurateshooter.com/200 ... -improved/

http://bulletin.accurateshooter.com/201 ... der-mount/
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 903
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Om die regte 6mm te kies?

Post by Andre308 »

Ek wil een van die dae nog n 6BR he, maar dit is net oor die doppie so oulik lyk.

Maar wat het geword die 243win...glad nie op jou lys nie. Ek self dink dat die perfekte 243 die Ackley Improved weergawe is, en hy KAN lood gooi. Doppe is oral beskikbaar, en jou lewe is maklik. Dit is nou nie die beste kaliber om mee te spog as jy om die braaivleis vuur sit nie, maar baie effektief op die teiken!
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Om die regte 6mm te kies?

Post by Smitstertjies »

Andre308 wrote:Ek wil een van die dae nog n 6BR he, maar dit is net oor die doppie so oulik lyk.

Maar wat het geword die 243win...glad nie op jou lys nie. Ek self dink dat die perfekte 243 die Ackley Improved weergawe is, en hy KAN lood gooi. Doppe is oral beskikbaar, en jou lewe is maklik. Dit is nou nie die beste kaliber om mee te spog as jy om die braaivleis vuur sit nie, maar baie effektief op die teiken!
Jy praat baie waar, maar sekere dinge hoef mos nie altyd sin te maak of logies te wees nie? Gaan dit nie boring wees om maar net nog n Fortuner te ry nie? >:+ >:+
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Om die regte 6mm te kies?

Post by savage(P Coetzer) »

243 ackley speel nie met n loop nie.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Om die regte 6mm te kies?

Post by joe rocket »

As jy tot 1000 yards wil gooi is daar net een roer en dis die Dasher. Hy hou 2 wêreld rekords. Nou vir verder gooi is daar die 243 ackley if 6mm SLR, dop het lekker lang nek, maar dit weet jy. Dop volume is dieselfde as gewone 243. Ek sit met dieselfde probleem as jy, watter 6mm? Ek het 243 Howa ackley, maar het 1:10 twist loop. Ek sit met nog n loop wat 1:8 twist het. Dan het ek n 243 Ruger rpr wat n 1:7.75 twist loop het, het gedink om n Dasher te maak, maar het daarteen besluit. Hy word geackley, 105 greiner vir lang gong skote. Het klaar alle ackley komponente hoef niks te koop nie. 243ackley herlaai maklik. Wanneer die Howa se loop moeg is raak hy n Dasher. So ja vir nou eers twee ackleys. Ai die keuses, maar ai dis so lekker. :laugh:


I ja die Tall Dasher Mmm......
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Om die regte 6mm te kies?

Post by Geno »

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170303/3db91bdccd76d933ca7118583fa2aa4f.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170303/61249f37c4574fc0731c41843b9b8b4e.jpg

'n 6Dasher het meer as genoeg poeier om te doen wat jy wil.

Hoogste nodes wat ek sien op QL met 105gr JLK koeëls:
Looplengte
Spoed
Kamerdruk

30"
3136fps
65,100psi

29"
3000fps
56,500psi

28"
3005fps
58,200psi

27"
3010fps
60,000psi

26"
3016fps
62,000psi

25"
3020fps
64,000psi
Goed, beter, 6millimeter!
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 903
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Om die regte 6mm te kies?

Post by Andre308 »

Smitstertjies wrote:
Andre308 wrote:Ek wil een van die dae nog n 6BR he, maar dit is net oor die doppie so oulik lyk.

Maar wat het geword die 243win...glad nie op jou lys nie. Ek self dink dat die perfekte 243 die Ackley Improved weergawe is, en hy KAN lood gooi. Doppe is oral beskikbaar, en jou lewe is maklik. Dit is nou nie die beste kaliber om mee te spog as jy om die braaivleis vuur sit nie, maar baie effektief op die teiken!
Jy praat baie waar, maar sekere dinge hoef mos nie altyd sin te maak of logies te wees nie? Gaan dit nie boring wees om maar net nog n Fortuner te ry nie? >:+ >:+
243 win is nog n Fortuner... 243 Ackley is n Fortuner met 33" mud tires, offroad bumpers en n lift kit. Image Image Image
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Om die regte 6mm te kies?

Post by Alwin »

As jy nie omgee om met 'n korter loopleeftyd saam te leef nie, kan jy die 243 en sy variante (AI, SLR) oorweeg.

Die kleiner (korter) doppe se groot voordeel lê in die langer loopleeftyd. 6BR is puik, maar mag dalk sukkel verby 1000m en voer ook nie maklik uit 'n magasyn nie. Die ander medium 6mm's is naby aan mekaar. Ek sou die ene vat met die maklikste dop en matrys beskikbaarheid.

Moenie dat praktiese oorwegings jou pret bederf nie... ++>:
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Om die regte 6mm te kies?

Post by Smitstertjies »

Geno, die Dasher is duidelik die voorloper in my kop. Daarom dat ek noem van die 28 of 27 duim loop. Hy is op node vir 3000fps teen matige druk. My bekommernis is meer of hy lekker gaan voer uit die AICS magasyn uit?

Het jy al van daai hydroform Dasher doppe gekry? Dis natuurlik n ander oorweging wat ek het. Fireforming is amper soos klere stryk vir my voor ek mooi kan aantrek na n party toe, nie lekker nie.

6x47 hoef jy darem net een keer deur die sizer die te gooi en jy is reg?
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Om die regte 6mm te kies?

Post by Geno »

Ek het n hydro die maar ek gebruik hom nie. Nico Harris gebruik ook een met groot sukses.
Ek feed die rondtes mooi uit AICS mags uit.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Om die regte 6mm te kies?

Post by Nico Harris »

Hydro die doppe gee my n es van 11ft/s oor 5 skote.
My patrone voer perfek uit my stabdaard howa magesyn kas.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 994
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Om die regte 6mm te kies?

Post by Kallie Fernhout »

Ek is n groot xc Fan maar as ek weer moet kies en bou dan vat ek n 6x47 rede lapua doppe met small rifle primers met basies die selfde werksverigting as xc. Br is n bitter lekker speel ding maar sy asem bietjie kort vir lang afstande met n swaar punt
Joe308
Full Member
Full Member
Posts: 228
Joined: Sun Jun 23, 2013 12:11 pm

Re: Om die regte 6mm te kies?

Post by Joe308 »

6xc of 6x47 Lapua. Ek het n 6xc en as ek weer moet kies gaan ek vir die 6x47.
Last edited by Joe308 on Sat Mar 04, 2017 9:33 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Om die regte 6mm te kies?

Post by Smitstertjies »

Ek neem aan as julle van BR praat sluit julle nie die Dasher daarby in nie?

Die PRS manne skiet oorwegend 6x47. Elk geval die wat 6mm skiet.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Om die regte 6mm te kies?

Post by Capt. Yoda »

Smitstertjies wrote:Ek neem aan as julle van BR praat sluit julle nie die Dasher daarby in nie?

Die PRS manne skiet oorwegend 6x47. Elk geval die wat 6mm skiet.

Prs is nie iets om jou besluit op te baseer nie(met kaliber en scopes). Meeste van die top ouens daar word geborg en die res volg hulle en meeste van die ouens daar wat nie geborg word nie baseer hulle besluite op kalibers en doppe wat hy van die rak af kan koop of met min moeite kan maak en natuurlik moet hy glad uit magasyne kan voer wat hy oor die toonbank kan koop, die jaar gaan die Dasher baie meer liefde kry by prs wag maar en kyk. As jy gaan kyk na die top 1000y manne wat groepe skiet is dit net die Dasher en BRDX wat feature en vir goeie rede. My SLR het ek nou uit gesort met Lpaua doppe en my FireForm ladings skiet ek 20 skote in n 10c grote gat in MAAR as ek n geweer van scratch af nou moet bou sal dit Dasher of BRDX wees. Ja doppe form en nekke skil is n 11.1.11 werk en van die kalibers vat n rukke om die tricks te leer met die doppe MAAR wanner jy hulle reg kry loop dit soos stroop. Daai 100 of so fps wat jy dalk verloor tssn die groter doppe wen jy weer op loop lewe en bewysde akuraatheid.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Trompie
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am

Re: Om die regte 6mm te kies?

Post by Trompie »

Bou 6mm Creedmoor. Min genoeg ouens skiet hom in SA om hom nie net nog ñ Fortuner te maak nie

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
If it heard the shot, I wasn't aiming for it...
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Om die regte 6mm te kies?

Post by Arnold »

Ek sou die 6 Creedmoor vat. Jou 1200m is baie vêr en op daai afstand help elke bietjie wat jy kan gee.

Daai bietjie ekstra hou jou weer n paar meter verder supersonies.
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Om die regte 6mm te kies?

Post by Heinz Petersen »

Ek het die 243AI gehad. Baie goeie resultate gehad. !500 en die loop was uit geskiet gewees. Toe bou ek vir my n Dasher
en sal weer een bou.
Enige iets wat jy van n sukses wil maak kom met n bietjie moeite. Om die doppe te sny is en te fireform is n piece of cake.
Moenie op QL gaan soek vir n node of ladings nie. Gaan doen self jou toetse. Ek wou 3050f/sek kry om doen wat ander sê hulle doen en dit het nie gewerk nie. Self toetse gedoen en skiet nou 2977f/sek en kry nou 4 skote in een gat.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
Post Reply