Ek is in die proses om n regte fynskieter te bou. Die geweer gaan op n taktiese Kelby Atlas kort aksie gebou word. Loop is n Krieger 6mm 1-8 twist. Hy sal seker n March opkry. Geno is besig om die droomkolf wat ek soek die land in te stoei. Ek wil nou graag die reamer bestel.
Nou, die groot keuse is die dopontwerp. In my hart is daar redelik n voorloper, maar ek erken ek is onseker.
Ek gaan die geweer gebruik vir bietjie jag, seker maks tot 400m (blesbokke uitdun), maar dan hoofsaaklik om gonge pakslae te gee tot 1200 meter. Ek is nie groot op kompetisie skiet nie, maar kan dalk nou en dan deelneem. Wil graag die 105 greiners skiet.
Opsies op die tafel:
- 6mm Dasher (Sy spoed is laer as meeste 6mm, maar akkuraatheid goed. Ek hou van daai vet lyfie. Kan dalk moeilik voer uit magasyn?)
-6x47 lapua ( Lekker spoed en kan maklik van Lapua doppe af fireform)
- 6 BRX
- 6 Tall dasher ( Kry niks op QL vir hom nie?)
-6 mm Creedmoor
- 6 Xc
Kom maak my nog meer deurmekaar met julle opinies asb


