Modder ry?

300Winmag

Modder ry?

Post by 300Winmag »

Hi
Help asb. Ek het verlede week deur modder (turf) gery - na 10 meter was my bande ten volle
toe met die modder. Nou wil ek weet, sit mens "traction control" aan of af. Ek het nie low range
op my SUV nie maar wel 4x drive.

Sit jy dit af, dat al die wiele gelyk trek en jy werk hom maar met die stuur en enjin of los jy dit aan
en kyk of die komputer die kar se nuus in die regte rigting kan hou? Ek het dit aan en af gesit maar het so
gegly ek het nie die verskil agter gekom nie. Wat was die regte manier - vir volgende keer?
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Modder ry?

Post by Gerhard »

Het die selfde gehaad laas week.

As die bande nie vinnig genoeg draai om die modder af te gooi nie is daar glad nie "traction" nie.

Ook agter gekom dis beter om in 2de weg te trek in plaas van 1st rat. Keer dat die wielie nie te vinnig gly nie...

Sal graag wil hoor wat se die eksperts want ek wil baie leer oor die onderwerp
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
worshond
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Thu Sep 10, 2009 3:56 pm

Re: Modder ry?

Post by worshond »

Ry julle dalk Land Rovers?  ;)
DUTOITF

Re: Modder ry?

Post by DUTOITF »

Worshond
Van waar gehasie? Laat ons hoor van die Landie?
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Modder ry?

Post by Gerhard »

worshond wrote: Ry julle dalk Land Rovers?  ;)
Toyota al die pad...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
DUTOITF

Re: Modder ry?

Post by DUTOITF »

Gerhard
Net begin om van jou te hou nou dit????
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Modder ry?

Post by Gerhard »

DUTOITF wrote: Gerhard
Net begin om van jou te hou nou dit????
Gaan loer onder die grappies afdeling...

Ek het n klompie Landrover grappies op gesit...  ;D  ;D  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Modder ry?

Post by DWB »

Modder = momentum....

Dit is wat jou gaan deurkry....
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
300Winmag

Re: Modder ry?

Post by 300Winmag »

DWB wrote: Modder = momentum....

Dit is wat jou gaan deurkry....
Vas sit was nie die probleem nie - maar om die neus in die regte rigting te hou op die plaas pad was lekker
sports. So in 2de ge-idle maar soms so deur die regter kantste venster bestuur. Ek dink ek het soos
'n rally driver in slow motion gelyk.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Modder ry?

Post by DWB »

Hehe, dis nou drifting vir ons wat nie die baie perde op die agterwiele het nie.

Bestuursvernuf is wat tel, ek kon in 2X4 ry waar meeste ander mense nie in 4X4 kon ry nie oor ek die pad en omstandighede geken het.

Countersteering is wat jy moet doen as die kar begin rondgly, maar as jy 'n voorwiel aangedrewe voertuig het dan gee net bietjie vet en hy behoort homself reg te trek.

Die momentum help ook om die kar reguit te hou.
Last edited by DWB on Wed May 04, 2011 10:01 am, edited 1 time in total.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Modder ry?

Post by Gerhard »

Deon,

Jy sit in elk geval daai onderstel so vas jy het nie 4x4 nodig nie... he he he
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Modder ry?

Post by DWB »

hehehe,

S? wat jy wil, maar as jy nie gereeld modder ry nie gaan jy iewers jou gat sien...
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Danie Lombard .243

Re: Modder ry?

Post by Danie Lombard .243 »

Hallo DWB



Jinne mens, ek sien dat jy se dat jy meeste van die tyd, meeste van die plekke maklik sonder moeite ry met jou 2wd waar ander manne sukkel met hulle 4wd.

SJOE, my vrou lees fluks jaracal saam met my, sy se jy moet kom draai maak hier by ons oppie plaas en kom draai ry met jou 2wd na 'n lekker reen bui en vir die bure aan die suide kant gaan hallo se ne weer terug kom na ons huis toe. As jy dit kan doen met jou 2wd dan sal ek se die dae van wondewerke het aan gebreek.

DWB   Verstaan mooi dat ek nie sarkasties wil wees of klink nie maar 2wd kan nie ry waar 4wd kan ry nie, miskien oor ruwe terein in droe toestande, klippe, slote ens. maar modder, turf (potklei) is 'n ander saak. Nie eens gepraat van sand nie.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Modder ry?

Post by Gerhard »

DWB wrote: hehehe,

S? wat jy wil, maar as jy nie gereeld modder ry nie gaan jy iewers jou gat sien...
Het laas week lekke vas gesit in 'n vlei op Dullies, het dit amper gemaak om deur te kom. Toe moes ek maar die trekker gaan haal...

Lekke modder bad verniet gekry wat ander mense voor moet betaal...  ;D  ;D  ;D  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Modder ry?

Post by DWB »

Hehe Danie, jy moes die deel wat ek geskryf het dat ek die spesifike pad baie goed geken het, dit was ons eie plaas.

So braaf of stupid is ek darem nie, en die ou wa is darem 'n 4X4 want daar is baie plekke waar ek lankal my gat sou gesien het sonder die 4X4.

Al wat ek eintlik s?, is as jy nie weet hoe om te ry nie gaan jy swaarkry...
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Modder ry?

Post by DWB »

Ek moes self laas week die wiele oopgrou om die hubs te kan sluit.

En na so 10 minute se gesukkel het ons deur gery, ook maar goed ek was in 4X4 want ons moes net daarna deur 'n rivier ry waarvan ek nie geweet het nie
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
300Winmag

Re: Modder ry?

Post by 300Winmag »

DWB wrote:
Al wat ek eintlik s?, is as jy nie weet hoe om te ry nie gaan jy swaarkry...
En jy kan net leer deur dit te ry... catch 22 - leer deur jou foute!!
grumpy

Re: Modder ry?

Post by grumpy »

Sit knoppie tyres op. Dit is vir modder. Moenie spin nie want dan gaan jy bly net waar jy is. Trek weg in 2de rat soos in vorige post gese is.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Modder ry?

Post by DWB »

Hierdie was sommer net lekker speel.

Moes die manne wys my ou wa ry orals waar hul fancy Jeeps met traction control en alles kan ry.

[img width=560 height=373]http://i56.tinypic.com/16j204n.jpg[/img]
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Modder ry?

Post by DWB »

Gepraat van bande, ek het die meeste respek vir my Yokohoma Geolander AT-S.

Daai goed kan klou!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Modder ry?

Post by tafjak »

DWB

Sien jy kon toe amper die walletjie baasraak. Kry 'n Landy man!
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Modder ry?

Post by DWB »

HAHAHA, ek is daai walletjie se baas. hy het 'n approach angle van hier by die 60 grade
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
DUTOITF

Re: Modder ry?

Post by DUTOITF »

Tafjak, nou praat jy man!!!!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Modder ry?

Post by tafjak »

DWB
ek is daai walletjie se baas. hy het 'n approach angle van hier by die 60 grade
................negatief(afdraend) of positief(opdraend)? Vir die positiewe een het jy Landy nodig. :angel: :D Spot net so bietjie, nie aldag wat ons(Landy-manne) die kans kry nie.

Ry self nie meer Landrover(myne so 2maande gelede verkoop, lank in die tand geraak=600 000km) nie, maar nie vir baie lank nie. Wag net vir die regte TDi 90. Intussen sukkel ek maar aan met die Toyota op die vlaktes.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 544
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Re: Modder ry?

Post by PRIVATE RYAN »

http://www.wegry.co.za/ali/oeps-laaste-rusplek

Die ou het ook gedink hy weet hoe!
Post Reply