ALRHA Jaarafsluiting en funshoot

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

ALRHA Jaarafsluiting en funshoot

Post by Eugene »

ALRHA se jaarafsluiting word gehou op 3 Desember 2016 by Ballistic Beast Shooting Range by Parys.

Die koste beloop R250 per skut en dit sluit die baanfooi, koffie en beskuit, braaipakkie, pap en sous, bun en slaai in. Vir lede wat vrouens of vriende saambring wat nie gaan skiet nie, kan ’n addisionele braaipak teen R100 aangekoop word.

Daar is ’n kontantkroeg beskikbaar op die perseel waar die afsluit gehou word.

Die betalings moet asseblief in ALRHA se bankrekening (hieronder) gemaak word voor of op 25 November 2016, sodat ons kan bepaal vir hoeveel mense daar reggemaak moet word.

Account Name: ALRHA, Nedbank
Acc #:1083771760, Cheque Account
Branch Code: 101267 (00 may need to be added from some Banks)
Gebruik jou naam en van as verwysing.

Ons begin om 7h00 met koffie en beskuit en die funshoot begin om 8h00 tot 13h00, waarna ons met die afsluit gaan begin.

Hier is die geleentheid vir almal wat altyd 'n shoot naby Gauteng soek en hier is geen druk van punte nie.

Kom geniet die dag saam met ons!
Aim small, miss small
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1518
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: ALRHA Jaarafsluiting en funshoot

Post by swc-tr »

Eugene, waar presies is die skietbaan?
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: ALRHA Jaarafsluiting en funshoot

Post by LoopSoosStroop »

Klink lekker. Hoe lyk die skiet program by so 'n funshoot?
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: ALRHA Jaarafsluiting en funshoot

Post by Eugene »

swc-tr wrote:Eugene, waar presies is die skietbaan?
Swys, as ek dit nie mis het nie, is dit die ou Bisleybaan by die vliegveld. Ek was nog nie daar nie, maar sal binnekort daar gaan draai maak voor die tyd.
Aim small, miss small
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: ALRHA Jaarafsluiting en funshoot

Post by Eugene »

LoopSoosStroop wrote:Klink lekker. Hoe lyk die skiet program by so 'n funshoot?
Ons sal die finale formaat bepaal sodra ons rofweg weet hoeveel skuts kom. Daar gaan egter gonge en 'n paar "interaktiewe" teikens wees en ook 'n paar verrassings! ;)
Aim small, miss small
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: ALRHA Jaarafsluiting en funshoot

Post by Jean Marais »

Eugene, is die koste dieselfde vir nie-ALRHA lede? Ek en my skoonsuen wil graag kom asb.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: ALRHA Jaarafsluiting en funshoot

Post by Eugene »

Jean Marais wrote:Eugene, is die koste dieselfde vir nie-ALRHA lede? Ek en my skoonsuen wil graag kom asb.
Presies dieselfde Jean, julle is welkom!
Aim small, miss small
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: ALRHA Jaarafsluiting en funshoot

Post by Jean Marais »

Dankie mater.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13645
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: ALRHA Jaarafsluiting en funshoot

Post by Geno »

Eugene,
Gaan jy na die tyd sommer 'n jakkalskursus aanbied? Ek hoor jy kap hulle deesdae so vyf-vyf en dat regtige egtige skelm jakkalse jou forté is.

Groete
Goed, beter, 6millimeter!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: ALRHA Jaarafsluiting en funshoot

Post by Eugene »

Geno wrote:Eugene,
Gaan jy na die tyd sommer 'n jakkalskursus aanbied? Ek hoor jy kap hulle deesdae so vyf-vyf en dat regtige egtige skelm jakkalse jou forté is.

Groete
'n Man moet seker eers 'n kursus op 2 bywoon voor jy een kan aanbied, of nie? ;)
Aim small, miss small
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: ALRHA Jaarafsluiting en funshoot

Post by Eugene »

Manne, laaste kans vir bovermelde, so betaal in om jou braaipak en plek te verseker. Ek verstaan die 1000m wal is verlede week gestoot, so ons kan tot op 1000m skiet en jy kan jou vernuf kom toets met ons 1000m Cold Bore Challenge en 'n unieke hoedjie losskiet.

As jy egter Vrydagaand besluit jy is lus om te kom, is jy steeds welkom, maar jy gaan moontlik net nie 'n braaipak kry nie.
Ons begin 8 uur skiet!
Aim small, miss small
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Re: ALRHA Jaarafsluiting en funshoot

Post by Ben »

Eugene ons sien jou Saterdag! Dink Jacques het reeds ons inskrywings gedoen!
"Failure is NOT an Option"
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: ALRHA Jaarafsluiting en funshoot

Post by Eugene »

Ben wrote:Eugene ons sien jou Saterdag! Dink Jacques het reeds ons inskrywings gedoen!
Ontvang en betaal, dankie! Ons sien julle Saterdag!
Aim small, miss small
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: ALRHA Jaarafsluiting en funshoot

Post by Eugene »

Dankie vir almal wat ons afsluiting en funshoot bygewoon het, dit was 'n great dag en ek glo almal het dit geniet!

Ons wenners vir die jaar was as volg:

Long Range Hunter Spanne:
1. Dasher Duo (Chrisjan en John);
2. ALRHA Derdes (James en Eugene);
3. Drunken Dogs (Callie en Lukas)

Long Range Hunter beste Skut:
1. Chrisjan Diedericks;
2. Herme Smit;
3. John Wright

Long Range Varmint beste skut:
1. Eugene Harmse;
2. Callie Muller;
3. Lukas Fouche

Dan het die volgende manne ook suksesvol gewees met ons 1000m Cold Bore Challenge:
1. Jacques Theron
2. Danie Els
3. Tal Leonard
4. Herme Smit
5. CJ Klopper

Baie dankie ook aan ons borge vir die afgelope jaar vir die borg van pryse en trofees:
1. Safari & Outdoor
2. Inyathi
3. Silent Hunter Silencers
4. CMH Shooting Supplies
5. Nico Harris
6. Werner Jansen van Vuuren
7. Johan Kriek
8. Rob Lishman

En laastens, baie dankie vir Leon vir die gebruik van sy baan en fasiliteite by Ballistic Beast buite Parys.
Aim small, miss small
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: ALRHA Jaarafsluiting en funshoot

Post by LoopSoosStroop »

Sjoe die manne looi daardie cold bore challenge. Well done!
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Re: ALRHA Jaarafsluiting en funshoot

Post by Ben »

Eugene was bitter lekker shoor gewees. Dankie vir julle moeite!
Geluk ook aan almal wat daai CBC gekry het........Is nie maklik gewees nie!
"Failure is NOT an Option"
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: ALRHA Jaarafsluiting en funshoot

Post by JacquesT (Stompe) »

Ja nee baie dankie Eugene, dit was 'n baie sukses volle dag. Ons klomp oosranders en die ander een wat in die oosrand hoort, sien baie uit na volgende jaar.

Groete
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: ALRHA Jaarafsluiting en funshoot

Post by Pinkes »

Seker omdat daar nie Red Heart die aand voor,betrokke was nie..!! (",)

Geluk MR T
Post Reply