Bierseun, soos ek afgelei het uit jou vorige skrywes het jy n Sako TRG42 gekoop?Bierseun wrote:Nou wat stel jy voor moet ons maak Wouter moet ons maar die laer nodes gebruik ?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek weet nie wat jou aanwending van die geweer gaan wees nie, maar ek neem aan dit is vir jag en teiken skiet ander kant 500m.
Die TRG is inherent n ongelooflike akkurate geweer. Ek kon met lading ontwikkeling amper enige lading 5 skote half MOA op 100m skiet. My opinie is die volgende:
Dit is nie nodig om spoed te jaag nie. As jy 2600vps met n 300 greiner of 2750 vps met n 250 greiner kan haal is dit alreeds genoeg. Die heel belangrikste gaan wees om jou geweer te leer ken en jou ladings met n goeie selfoon app soos Strelok te kalibreer, en dan natuurlik windlees. Die hoe BC van daai koele maak dat hulle baie mooi vlieg selfs teen laer snelhede.
Vergeet daarvan dat spoed die ultimate is en probeer eerder noukerig herlaai. Tot en met 1000m jag is daar genoeg slaankrag vir enige bok in ons ou landjie.
Groetnis


