338 Lapua Magnum bende

Post Reply
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Smitstertjies »

Bierseun wrote:Nou wat stel jy voor moet ons maak Wouter moet ons maar die laer nodes gebruik ?

Sent from my iPhone using Tapatalk
Bierseun, soos ek afgelei het uit jou vorige skrywes het jy n Sako TRG42 gekoop?

Ek weet nie wat jou aanwending van die geweer gaan wees nie, maar ek neem aan dit is vir jag en teiken skiet ander kant 500m.

Die TRG is inherent n ongelooflike akkurate geweer. Ek kon met lading ontwikkeling amper enige lading 5 skote half MOA op 100m skiet. My opinie is die volgende:

Dit is nie nodig om spoed te jaag nie. As jy 2600vps met n 300 greiner of 2750 vps met n 250 greiner kan haal is dit alreeds genoeg. Die heel belangrikste gaan wees om jou geweer te leer ken en jou ladings met n goeie selfoon app soos Strelok te kalibreer, en dan natuurlik windlees. Die hoe BC van daai koele maak dat hulle baie mooi vlieg selfs teen laer snelhede.

Vergeet daarvan dat spoed die ultimate is en probeer eerder noukerig herlaai. Tot en met 1000m jag is daar genoeg slaankrag vir enige bok in ons ou landjie.

Groetnis
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Eugene »

Smitstertjies wrote:
Bierseun wrote:Nou wat stel jy voor moet ons maak Wouter moet ons maar die laer nodes gebruik ?

Sent from my iPhone using Tapatalk
Bierseun, soos ek afgelei het uit jou vorige skrywes het jy n Sako TRG42 gekoop?

Ek weet nie wat jou aanwending van die geweer gaan wees nie, maar ek neem aan dit is vir jag en teiken skiet ander kant 500m.

Die TRG is inherent n ongelooflike akkurate geweer. Ek kon met lading ontwikkeling amper enige lading 5 skote half MOA op 100m skiet. My opinie is die volgende:

Dit is nie nodig om spoed te jaag nie. As jy 2600vps met n 300 greiner of 2750 vps met n 250 greiner kan haal is dit alreeds genoeg. Die heel belangrikste gaan wees om jou geweer te leer ken en jou ladings met n goeie selfoon app soos Strelok te kalibreer, en dan natuurlik windlees. Die hoe BC van daai koele maak dat hulle baie mooi vlieg selfs teen laer snelhede.

Vergeet daarvan dat spoed die ultimate is en probeer eerder noukerig herlaai. Tot en met 1000m jag is daar genoeg slaankrag vir enige bok in ons ou landjie.

Groetnis
Goeie raad hierdie!
Aim small, miss small
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13574
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Capt. Yoda »

Bierseun hoe vinnig het jy gedink gaan jy n 250 of 300gr koel kan skiet toe jy na die 338 begin kyk het?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Wouter Roets »

Bierseun

Smitstertjies gee verseker goeie raad. Om by te voeg kan jy dalk die volgende ook oorweeg. Aangesien die platvorm van die TRG so n akkurate een is kan n mens in der waarheid weg kom om jou lading te kies selfs weg van n node af aangesien n 1/2 MOA voldoende sal wees. Ek sal kyk na ladings wat vir my enkel syfers ES en SD waardes gee. Dit is belangriker veral op ekstreme afstand as n lading wat 1/4 MOA op n 100m lewer.

Gewoonlik sal dopvulling dan redelik hoog moet wees om dit reg te kry sowel as sorgvuldige dopvoorbereiding(reeds gemeld deur Smitstertjies), so dit sal tien teen een n lading wees wat baie naby aan muksimum druk vir die kaliber sal wees. Persoonlik sal ek nie n probleem he om in die 60 000psi belt te kuier met die kombinasie nie. Ek sal ook nie veel swaarder gaan as 250gr koeels nie aangesien S385 net meer begin sukkel met swaarder koeels. Hoekom sal n mens n probleem wat al klaar daar is n groter een maak? Ek weet die 300 greiners het besonderse BC's maar ek sal eerder met n meer gepaste kombinasie werk wat die potensiaal het om lae ES syfers te lewer. Die 250 greiners se BC's is in elk geval nie te versmaai nie. Dis maar net ek.

Groetnis
Wouter
Albert84
Full Member
Full Member
Posts: 197
Joined: Fri Aug 22, 2014 9:38 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Albert84 »

Ek koop maar nou al 300greiners op met die hoop dat S405 binne kort kom, maar stem saam dat die 250gr tans n beter opsie is.
User avatar
Bierseun
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Mon Jun 20, 2016 6:22 pm

338 Lapua Magnum bende

Post by Bierseun »

Capt. Oblivious wrote:Bierseun hoe vinnig het jy gedink gaan jy n 250 of 300gr koel kan skiet toe jy na die 338 begin kyk het?
So 2750 tot 2800 het nie meer verwag nie.

Sent from my iPad using Tapatalk
User avatar
Bierseun
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Mon Jun 20, 2016 6:22 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Bierseun »

Wouter Roets wrote:Bierseun

Smitstertjies gee verseker goeie raad. Om by te voeg kan jy dalk die volgende ook oorweeg. Aangesien die platvorm van die TRG so n akkurate een is kan n mens in der waarheid weg kom om jou lading te kies selfs weg van n node af aangesien n 1/2 MOA voldoende sal wees. Ek sal kyk na ladings wat vir my enkel syfers ES en SD waardes gee. Dit is belangriker veral op ekstreme afstand as n lading wat 1/4 MOA op n 100m lewer.

Gewoonlik sal dopvulling dan redelik hoog moet wees om dit reg te kry sowel as sorgvuldige dopvoorbereiding(reeds gemeld deur Smitstertjies), so dit sal tien teen een n lading wees wat baie naby aan muksimum druk vir die kaliber sal wees. Persoonlik sal ek nie n probleem he om in die 60 000psi belt te kuier met die kombinasie nie. Ek sal ook nie veel swaarder gaan as 250gr koeels nie aangesien S385 net meer begin sukkel met swaarder koeels. Hoekom sal n mens n probleem wat al klaar daar is n groter een maak? Ek weet die 300 greiners het besonderse BC's maar ek sal eerder met n meer gepaste kombinasie werk wat die potensiaal het om lae ES syfers te lewer. Die 250 greiners se BC's is in elk geval nie te versmaai nie. Dis maar net ek.

Groetnis
Wouter
Het so gedink dankie Wouter

Sent from my iPad using Tapatalk
User avatar
Bierseun
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Mon Jun 20, 2016 6:22 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Bierseun »

Vragie ek mag dalk ' n paar manne kwaad maak as julle bietjie terug lees het ek nie die TRG gekoop nie maar die long range is daar 'n groot verkil tussen die twee?

Sent from my iPad using Tapatalk
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Eugene »

Albert84 wrote:Ek koop maar nou al 300greiners op met die hoop dat S405 binne kort kom, maar stem saam dat die 250gr tans n beter opsie is.
Ek weet nie of ons moet asem ophou daarvoor nie..... Omtrent 4 jaar terug het ek vir die eerste keer gehoor van die nuwer stadiger kruit wat toe S395 sou heet. Dit het nooit gerealiseer nie en nou is dit weer S405. Somchem se mense praat ook nie uit een mond hieroor nie. Een sweer dit is binne 3 maande op die rakke en die volgende een sê weer die projek is laat vaar..... As S405 of wat ook al ooit sy verskyning maak, great, maar tot dit nie op my plaaslike winkel se rakke is nie, gaan ek my maar beperk tot kalibers wat so optimaal as moontlik met ons beskikbare kruite werk.
Aim small, miss small
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by JPS »

Stem saam Eugene, ek het mos so op die Ingewing van die oomblik met ta op my skouer die 338LM gebou na ek gese het ek gaan 300wsm gaan en wag vir s405/ s395 daai tyd.

Maar kan darm niu sê, Soos genoem is my ES wel on 10fps ek het kleiner as kwart met tot half moa groepering nog op 510y met my geweer en my spoed op 60k psi is hier by 2900fps met 25gn scenars met die 30" Krieger loop op so ek vir een is verskriklik gelukkig en bly ek het nie gewag vir die wonder kruit nie.

Die 338LM's is verseker ongelooflik akkuraat en mens het nie nodig om die spoed te jaag wat die ouns doen deur oor maks druk te gaan nie, onder maks gee baie goeie ES en SD waardes.
Albert84
Full Member
Full Member
Posts: 197
Joined: Fri Aug 22, 2014 9:38 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Albert84 »

Darem het die sprake van S405 dit al tot op Somchem se website gemaak, in die land van ons kan mens maar net hoopvol bly.
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Drenalinjunkie »

Ek het vandag met Elmarie gepraat. Sy se hulle hoop om S405 teen die einde van die jaar op die rakke te he. Kom ons hou duim vas!!!

Ek het ook nou n .338 LM wat ek moet voer. ;-)
User avatar
offroad junkie
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Sun Feb 08, 2015 8:27 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by offroad junkie »

Watse ammo cases gebruik julle ouens? Die gunshops waar ek was het nie een ñ kassie groot genoeg vir die lapua rondtes nie....

Post so paar fotos van julle ammo kassies en maak naam sodat ek ene kan bestel asseblief...
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by JPS »

Mtm het een, dit is die R50 of H50 ek dink maar kyk die swart gedeelte binne het nie ronde gaaitjies in nie maar het square blokkies.
User avatar
offroad junkie
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Sun Feb 08, 2015 8:27 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by offroad junkie »

JPS wrote:Mtm het een, dit is die R50 of H50 ek dink maar kyk die swart gedeelte binne het nie ronde gaaitjies in nie maar het square blokkies.
Dankie JPS. Sal gaan vra.
User avatar
NicoMostert
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Fri Aug 28, 2015 12:35 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by NicoMostert »

Wie kan my help met n begin lading met B12,7 kruit. op n 250 grein lapua scenar punte
dankie
Sako 75 300 win mag
Sako 85 22-250
Tikka t3 300 win mag
CZ 9mm po7 duty
Anchutz .22
Mauser 9mm duitse luger
Baretta A300 semi auto hael geweer
Sako trg 22 308 (wag vir lisensie)
Sako trg 42 338 lapua (wag vir lisensie)
Ruger .22(wag vir lisensie)
Tienie
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Fri Oct 31, 2014 10:52 am

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Tienie »

nico
waar kry jy B12.7 te koop?? ek soek ook daarvan vir my sako338LM
User avatar
Bierseun
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Mon Jun 20, 2016 6:22 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Bierseun »

My lisensie is vandag goed gekeur vir die Sako .338 LM XL 35 dae vanaf aansoek kaartjie seker so twee weke, kan nou nie meer wag nie

Sent from my iPad using Tapatalk
Tienie
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Fri Oct 31, 2014 10:52 am

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Tienie »

Manne
Ek wag nog vir my Sako 338LM lisensie maar koop reeds al die bybehore.

Watter Silencer( tipe wat oor die loop ook skuif) beveel julle aan. Ek lees in die nuwe jag tydskrif oor die SusTek wat tot 65% recoil verlig op 338 LM.
En S&O of Wildman het special op silent hunter dempers?
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by joe rocket »

NicoMostert wrote:Wie kan my help met n begin lading met B12,7 kruit. op n 250 grein lapua scenar punte
dankie

Is hier niemand wat vir Nico kan help nie. He soek net n begin lading sodat ons spoed kan meet.
GROETE

__________________________

Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by LoopSoosStroop »

joe rocket wrote:
NicoMostert wrote:Wie kan my help met n begin lading met B12,7 kruit. op n 250 grein lapua scenar punte
dankie
Is hier niemand wat vir Nico kan help nie. He soek net n begin lading sodat ons spoed kan meet.
Gebruik bietjie logika man.

B12.7 is stadiger as S385. Dit weet ons.

So, as jy die gewig vat van enige S385 lading wat veilig is sal dieselfde gewig B12.7 ook veilig wees.

Met my 7 mm RM het ek die gewig gevat van 'n "upper end" S385 lading en daar begin met B12.7, en opgewerk in 1 gr inkremente.

Op die einde was maks druk behaal met 15% meer kruit as S385 (66 gr S385 en 76 gr B12.7 met 'n 150 gr koeel (76/66=1.15)).
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Bierseun
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Mon Jun 20, 2016 6:22 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Bierseun »

Tienie wrote:Manne
Ek wag nog vir my Sako 338LM lisensie maar koop reeds al die bybehore.

Watter Silencer( tipe wat oor die loop ook skuif) beveel julle aan. Ek lees in die nuwe jag tydskrif oor die SusTek wat tot 65% recoil verlig op 338 LM.
En S&O of Wildman het special op silent hunter dempers?
Tienie ek het een by Geno gekry hy werk lekker. //uploads.tapatalk-cdn.com/20161202/bc0eea33f17041f592005a02f87a89f3.jpg

Sent from my iPhone using Tapatalk
Tienie
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Fri Oct 31, 2014 10:52 am

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Tienie »

Prys ?
En wat is jou gevoel rondom recoil vermindering, of kan Geno bietjie specs plaas op die outjie
User avatar
Bierseun
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Mon Jun 20, 2016 6:22 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Bierseun »

Recoil is goed kan nie kla daaroor nie maar oor die algemeen is die recoil nie sleg met die muzzle break op nie!

Sent from my iPad using Tapatalk
User avatar
Bierseun
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Mon Jun 20, 2016 6:22 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Bierseun »

Ek sien nou eers jy praat van een wat oor die loop skuif het jy dieselfde Sako as ek ?

Sent from my iPad using Tapatalk
Post Reply