Lisensies

Post Reply
User avatar
OupaZA
Hero Member
Hero Member
Posts: 588
Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am

Re: Lisensies

Post by OupaZA »

Aaaih Dries, eks so bly vir jou... myne nogteeds under consideration.

Elkekeer as my foon beep raak ek bietji bly... :'(
458 Lott Heym Express Rifle
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
User avatar
3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Mon Jul 04, 2011 3:13 pm

Re: Lisensies

Post by 3006 »

My 6.5x55 lisensie

Ingehandig 27 Mei, by CFR 7 Junie, eerste sms 19 Julie, goedgekeur 30 Aug. Wag steeds vir lisensie en SAPS wil ook nie printout gee nie.
Last edited by 3006 on Fri Sep 16, 2016 8:32 am, edited 1 time in total.
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Lisensies

Post by Ashley »

ruaanb wrote:Gaan vra weer met n Streetwise 5 in die hand......
Daai het my nie veel gehelp nie :confused: , amper 6maande gewag net vir hand geweer bevoegdheid na ek n KFC op die DFO se tafel "vergeet het" ;)
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Lisensies

Post by win270 »

Vlg stuk op Netwerk24 vanoggend:

Kommer oor plan om dié wapens aan staat oor te dra
Deur Ruan Bruwer 16 September 2016 09:00

’n Proses deur die polisie om eienaarskap van vuurwapens waarvan die lisensies verval het aan die staat oor te dra, bekommer belangegroepe.

Vuurwapens waarvan die lisensies nie betyds hernu word nie, sal glo op die polisie se vuurwapenregister van mense se name verwyder word.

“Die oordrag van eienaarskap kan verskeie ernstige implikasies inhou vir vuurwapeneienaars met wapens waarvoor die lisensies reeds verval het, aangesien dit (neerkom op) die besit van ’n vuurwapen sonder ’n lisensie ,” sê Riaan Niemand, eienaar van Firearm Solutions.

“Hierdie oordrag vind plaas sonder dat die oorspronklike eienaars daaroor ingelig word en sonder dat die plaaslike SAPD-kantore se aangewese vuurwapenbeamptes amptelik deur die sentrale vuurwapenregister oor die proses ingelig is.”

Hendrik Swanepoel van Legally Armed sê daar is by polisiekantore geen eenvormige proses oor wat met dié vuurwapens moet gebeur nie.

“Ons het reeds met senior offisiere van die polisie daaroor gesprek gevoer, maar dit word verskillend in provinsies toegepas.

“Mense wat steeds die groen kaartjies (ou lisensies) het, maar wat deelgeneem het aan die oorskakeling na die nuwe lisensies (wit kaartjies) word geraak.

“Mense wat in besit van vuurwapens is waarvan die lisensies verval het, moet by die polisie seker maak of die vuurwapen nog op hulle naam is,” sê Swanepoel.

Niemand het ook vuurwapeneienaars met lisensies wat verval het, aangeraai om so spoedig moontlik met hul plaaslike polisiestasie se vuurwapenkantoor in verbinding te tree om te bepaal of die wapen in hul besit reeds aan die staat oorgedra is.

“Indien eienaarskap van sodanige wapens wel aan die staat oorgedra is, moet die wapens na regte by die SAPD ingehandig word,” sê hy.

* Die polisie het ná twee dae se versoek vir kommentaar steeds nie geantwoord nie.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Lisensies

Post by ruaanb »

Ashley wrote:
ruaanb wrote:Gaan vra weer met n Streetwise 5 in die hand......
Daai het my nie veel gehelp nie :confused: , amper 6maande gewag net vir hand geweer bevoegdheid na ek n KFC op die DFO se tafel "vergeet het" ;)
Jy moet darem smile ook as jy dit daar los en weg stap..... ;D
User avatar
Bierseun
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Mon Jun 20, 2016 6:22 pm

Re: Lisensies

Post by Bierseun »

Deon competency approved aansoek is by CFR al klaar nou net wag vir die goedkeuring


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Lisensies

Post by JacquesT (Stompe) »

Na ek al my Creed Maart maand gekoop het is hy uiteindelik gister goedgekeur.
Soos ek my skiet pêlle gesê het sou hulle hom of goedkeur omdat julle gatvol was vir my wat hulle op die uur gebel het, of hulle sou hom afkeur omdat hul gatvol was vir my wat hul op die uur gebel het. Darem was dit in my guns.
My raad is, stel jou alarmpie vir 90 Werksdae, moenie vergeet om vakansie dae te tel nie. Na 90 dae vind uit by jou DFO watter afdeling hanteer jou diktrik se aansoeke, in my geval was dit Gauteng Noord. Bel dan die skakelbord en laat hulle jou direk deur sit na daai departement, en hou aan om die moeilikke vra te vra. Wees maar bedees en kalm, en komplimenteer hulle vir hul puik diens... Na ek hul in die hande gekry het was dit 2 Werksdae toe is hy goedgekeur.

Groete
User avatar
Bierseun
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Mon Jun 20, 2016 6:22 pm

Re: Lisensies

Post by Bierseun »

My competency hernuwing was 138 werksdae


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Deon R
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Thu Apr 05, 2012 8:38 am

Re: Lisensies

Post by Deon R »

Bierseun, jy wen los hande, lmga al is dit met 138 dae. Myne en ek dink OupaZA sin kruip maar nog aan.
User avatar
QuQ
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Mon Jun 30, 2014 1:05 pm

Re: Lisensies

Post by QuQ »

License submitted 5th August.
Approved today - 20th September.
6.5 weeks - I'm impressed.
Submitted in a coastal town in the Southern Cape.
Now for the card to arrive ....
User avatar
Toitjie
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Mon May 26, 2014 7:08 am

Re: Lisensies

Post by Toitjie »

Myne die 25ste Julie ingegee en vandag sms gekry. Goedgekeur vir semi auto 12br haelgeweer.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
.300 Howa Win Mag/Silencer
.243 Interarms/Silencer
12br Semi Auto Shotgun
9mm CZ 83
.22 Norinco rifle/Silencer.
Glock 17
S&W M&P15 5.56 1/9".
Howa 6.5 Creedmoor
User avatar
OupaZA
Hero Member
Hero Member
Posts: 588
Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am

Re: Lisensies

Post by OupaZA »

Deon R wrote:Bierseun, jy wen los hande, lmga al is dit met 138 dae. Myne en ek dink OupaZA sin kruip maar nog aan.
Hi Deon Byt vas, my sms maandag gekry dat hy goed gekeur is. :) Het myne mos 3 Junie ingegee.

Nou seker nog 'n maand wag vir die kaartjie :'(

Wat se hul as jy bel, is hy al by CFR Deon?

Groete
Emile
458 Lott Heym Express Rifle
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
User avatar
Deon R
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Thu Apr 05, 2012 8:38 am

Re: Lisensies

Post by Deon R »

Nee kyk, goed gekeur is vir my die wen paal. Jou kaartjie behoort so 3 weke te vat. Ek't nou net gebel en my nuwe aansoek is nog "in the process and not yet finalized" (in gegee 7 Junie). My hernuwing le nou al amper 8 maande by die Garsfontein SAPS.
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Lisensies

Post by Ashley »

Deon R wrote: My hernuwing le nou al amper 8 maande by die Garsfontein SAPS.
Garsfontein moet sekerlik nou die stadigste stasie in die land wees :-[
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
Flip Groenewald
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 313
Joined: Wed Jun 08, 2011 2:14 pm

Re: Lisensies

Post by Flip Groenewald »

Flip Groenewald wrote:Ek het die 300wm sin maandag 22 Aug ingedien sal sien hoe lank dit vat
Hulle het gister 20 September 2016 eers kluis inspeksie kom doen.
User avatar
OupaZA
Hero Member
Hero Member
Posts: 588
Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am

Re: Lisensies

Post by OupaZA »

Deon R wrote:Nee kyk, goed gekeur is vir my die wen paal. Jou kaartjie behoort so 3 weke te vat. Ek't nou net gebel en my nuwe aansoek is nog "in the process and not yet finalized" (in gegee 7 Junie). My hernuwing le nou al amper 8 maande by die Garsfontein SAPS.
Hule het dit ook vir my gese laasweek vrydag, en toe SMS maandag...

Ons hoop maar daisy het 'n kar die keer om die kaartjies te gaan haal :'( :P
458 Lott Heym Express Rifle
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
Monster
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 363
Joined: Mon May 26, 2014 10:34 am

Re: Lisensies

Post by Monster »

Ok, so my lisensie kaartjie het weg geraak en mens moet 3 maande wag voor mens kan vra vir 'n herdruk, ek moet nou weer in ry en eers 'n vorm gaan invul en hulle is net tussen 9 en 12 beskiknbaar More is my 1jaar anniversary vandat ek die papier werk in gegee het by Lyttleton.
User avatar
Rooster1089
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Thu Feb 14, 2013 1:57 pm

Re: Lisensies

Post by Rooster1089 »

Aansoek ingedien op 12 Julie 2016.
Vanoggend 22 Sep sms ontvang hy is goedgekeur.
Nou net die wag vir die kaartjie. ;D ;D
.270 Howa
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Lisensies

Post by tau »

1 jaar 4 maande later. My appel is nou een week oud.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Lisensies

Post by Ashley »

Jammer om te hoor Tau.
Dis genoeg om n man de m#@r in te maak
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Lisensies

Post by Gian_dP »

.300 WM vandag goedgekeur. 29 Junie ingegee.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Re: Lisensies

Post by JuanPaul »

My hernuwing Januarie ingegee, Julie goedgekeur en ek wag nou nog vir my kaartjie...hopelik kry ek hom voor hy weer verval.
User avatar
3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Mon Jul 04, 2011 3:13 pm

Re: Lisensies

Post by 3006 »

Het nou by die dametjie by RDPT gehoor die wag tydperk vir nuwe kaartjie is twee tot drie maande.
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Re: Lisensies

Post by JuanPaul »

Nou met dame by Vanderbijlpark polisie stasie gepraat, my lisensie hernuwing is reeds 19 Julie goedgekeur, maar hulle het nog geen kaartjies vir Julie maand van Pretoria af ontvang nie. So my tydperk van hernuwing tot kaartjie in my hand 7 maande en counting.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Lisensies

Post by Carl »

My .22 lisensie is goedgekeur. In gehandig 28/06/2016, en hulle meos eers weer die geweer op die stelsel plaas. Wag nou geduldig vir die kaartjie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Post Reply