Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild
Andre dit werk op jou Google Account. As jy daai nuwe foon kry maak seker jy is naby wifi want sodra jy die Account op jou foon ge-aktiveer het begin die apps aflaai.
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild
Miskien moet jy vir jou n ander scope kry wat die kopskote aanwys.Capt. Oblivious wrote:dehacked wrote:Nee man die ding wys dan net blad skote...
lmga
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild
Mense dit is regtig die moeite werd om die app te koop. Die ontwikkelaar doen baie moeite en die app word net beter en beter.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild
+1dehacked wrote:Mense dit is regtig die moeite werd om die app te koop. Die ontwikkelaar doen baie moeite en die app word net beter en beter.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild
Ruaan, baie dankie vir jou hulp. As ek nie vir raad gevra het nie sou ek WEER volgende week moes betaal. Weereens dankie!
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild
plesier Andre!
- dawiec
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am
Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild
great app die!
- Askari
- Hero Member

- Posts: 728
- Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am
Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild
Pro is vir kopskote en + vir bladskoteVX70 wrote:Wat is die verskil tussen strelok pro en + ?
Sent from my GT-I9190 using Tapatalk
Gooi lood!!!!
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2161
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild
Sommer net vir interessantheid. Weet julle dan nie waar jul gewere skiet op afstande tot op 350m nie? Of waar om te mik nie? To each his own, maar ek is bevrees ek werk nog maar met die ou parafienmodel - ken jou geweer en weet waar hy skiet. Of is ek nou heeltemal van die wa af agter die klip?
Mooi loop
Mooi loop
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild
Ek gebruik strelok meer vir skote anderkant 350m en vir die windskuif, maar dis steeds lekker om die "reticle" funksie te gebruik vir my gewone jaggewere net om te bevestig dat ek weet watter strepie watter afstand is.Koos Barnard wrote:Sommer net vir interessantheid. Weet julle dan nie waar jul gewere skiet op afstande tot op 350m nie? Of waar om te mik nie? To each his own, maar ek is bevrees ek werk nog maar met die ou parafienmodel - ken jou geweer en weet waar hy skiet. Of is ek nou heeltemal van die wa af agter die klip?
Mooi loop
Aim small, miss small
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild
Koos, dit bly lekker om te speel met al die katoeters. Veral as dit jou geld spaar op die lang duur. Ek het laasweek 'n teleskoop hier op Jaracal by 'n medeforumlid gekoop. Ek het hom op my geweer gesit en gezero. Ek het my koeël se spoed gemeet en al die gegewens in Strelok ingesit. Ek het toe Strelok gebruik om my kruishaar te kalibreer met behulp van die vergrotingsverstelling en mbt. my koeël se "val". Al wat dit my gekos het was drie skote oor die kronograaf en met die res van die ammo in my kissie, kon ek lekker die ghonge klop tot op 350m sonder om aan my teleskoop te stel.Koos Barnard wrote:Sommer net vir interessantheid. Weet julle dan nie waar jul gewere skiet op afstande tot op 350m nie? Of waar om te mik nie? To each his own, maar ek is bevrees ek werk nog maar met die ou parafienmodel - ken jou geweer en weet waar hy skiet. Of is ek nou heeltemal van die wa af agter die klip?
Mooi loop
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild
Hoe update ek my Streolok Pro?
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild
Met 'n Android foon gaan jy na jou "Playstore".Hansieslim wrote:Hoe update ek my Streolok Pro?
Klik dan op "my apps".
Onder jou lys van aplikasies, kies jy dan Strelok.
Hy gaan jou dan vra of jy dit wil "un-install" of wil "update".
As ek verder moet verduidelik, moet jy maar liewer die aplikasie afvee en jou gewere in die kluis toesluit en die sleutel weggooi.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild
Gaan na play store, tik strelok pro in, kies die update funksie.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild
Koos, ek is ook maar een van daardie elektronies-gestremde strengelinge. Ek weet net, soveel minute op en ek slaat die kol op 200 en nog soveel op en ek slaat hom op 300. Gee my groot plesier met die eenoudige Nikons met die nikoplex-kruishare, wat ek op my 308 en 7 mm Tombi het.
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild
Gawie
Dankie baie.
Hom nou sommer gestel vir "Auto-update"
Dankie baie.
Hom nou sommer gestel vir "Auto-update"
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild
Het julle agtergekom na die laaste update laat die "zero weather" settings jou nie toe om "Density Altitude" te gebruik nie, maar slegs barometriese druk? Jy kan wel Density Altitude op die hoofskerm gebruik.
Of kyk ek iets mis? (Dis nou op die IPhone)
Of kyk ek iets mis? (Dis nou op die IPhone)
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild
Ek het hom ook so.Smitstertjies wrote:Het julle agtergekom na die laaste update laat die "zero weather" settings jou nie toe om "Density Altitude" te gebruik nie, maar slegs barometriese druk? Jy kan wel Density Altitude op die hoofskerm gebruik.
Of kyk ek iets mis? (Dis nou op die IPhone)
Dit is egter hoër graad vir my.
Corné het belowe hy sal dit nog mooi vir my verduidelik, voor ek afsterwe. Ek verstaan die prinsiep van DA, maar tas nog in die duister rond met die toepassing daarvan.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild
Gawie, ek vind dit egter net makliker om DA te gebruik. Dit is net een veranderlike en het tot dusver mooi gewerk. Ek wonder nou hoekom sal Strelok jou nie nou toelaat om DA te gebruik met zero nie, maar wel wanneer die toep gebruik word in die veld?
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br