2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

User avatar
6mmMusgrave
Hero Member
Hero Member
Posts: 1033
Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by 6mmMusgrave »

Ai my vriend ek ken die gevoel ek moes ook al n kwesbok in die veld los dit is nie lekker nie. Jul het als gedoen wat julle kon en dit moet n baie skramse skoot gewees het met so min bloed. Glo my teen die tyd is hy al baie beter en wag vir jou volgende jaar.

Groete
Jacques
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1847
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by LoopSoosStroop »

Corné v.d. Vyver wrote:Netjies manne,die coach is tevrede!

Om aan te sluit by oom Pieter - Hierdie is hoe 3 skoot groepe lyk op 450m vir ons manne.
20160328_113059_resized.jpg
Dis die dat 300m kopskote bicycle ry is,bygese as die kondisies dit toelaat.
Skiet kan die manne beslis, ek betwyfel dit nie vir 'n oomblik nie.

Ek sê net om 'n bok se brein (kom ons noem dit 'n 5 tot 8 cm deursnee ronde gong) raak te skiet op 300m+, 9 uit 10 keer, van 'n bakkie of onbekende rus af in "vars/first-shot/koue-loop" toestande...sit nie in enige ou se broek nie. As daar manne is wat dit op gereelde basis doen is dit fantasties.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by PWV »

Ja, dis 'n bitter gevoel, maar die son kom gewoonlik die volgende dag weer op!
Baie ander ouens sou dit nooit vertel het nie. Dankie vir jou eerlikheid.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by FHM »

Aaaiii ou Gaafster maat - jy WEET mos sulke dinge gebeur met die beste jagter! Dis nie lekker nie en ons voel saam jou want ons weet HOE dit voel! Ja daai kwesbokkie gaan nog lank by jou spook, die enigste manier om daai spook van jou skouer af te kry is om so vinnig moontlik een of twee n -skoot te skiet ou pel.
Lekker gelees man, dankie vir die deel ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by Gawie(13mm) »

Saterdag breek aan en dit is ons laaste oggend vir jag en die bokke wat geslag, in die waenhuis hang se velle moet nog af.
Ons jag vandag op Boertjie se plaas op die hardeveld gedeelte om die pan. Die wind is effens minder woelig en die plan is om 'n troppie springbokke op te spoor en hul Pan se kant toe te druk. Dit sal ons dan lekker oop skote bied.

Riaan se seun, Riaan-Louis en Mari ry vandag saam om "pan-diere" te skiet. Die jong man is 'n bondel energie en peper ons met vrae oor wie, wat en hoeveel gaan skiet. Ek kan nie help om beter te voel nie.

Ons ry 'n klein troppie springbokke raak en Boertjie druk hul pan toe, soos afgespreek. Dit is weer Kalie se beurt om te skiet en toe die Cruiser tot stilstand gly oor die pan, loop die skoot. Die bok rol oor die pan en ek wens vir Kallie geluk met die skoot. Poephol! Met al die opwinding het ek nie die "stock proof" draad gesien wat skuins oor die pan gespan is nie. Kallie se skoot was mis. Die bok het dwarsdeur die draad gehol. Daar trek die grootste Kalahari ram wat ek tot nou gesien het op die plaas. Sy horings is al vaal van ouderdom.

Riaan-Louis is in sy element. Ek dink nie daar is baie vierjariges wat al so baie opwinding beleef het nie. ;D

Ons ry deur 'n paar kampe en bevind ons op die grens met Namibië. Die grens bestaan uit 'n gewone "Jakkals-proof" draad en Boertjie se Oom boer aan die anderkant. Ons grap lekker oor "trekbokke", maar 'n dooie koedoe koei aan daaikant van die draad, laat ons gou besef dat dit 'n harde wereld is waarin ons, onself bevind.

Ons swaai weg van die grens en toe die Cruiser sy neus oor die tweede duin druk, staan daar 'n ram onder in die kom. Riaan roep 386 meter en Kallie laat loop. Die stof slaan net regs van die bok uit. Net te min wind gegee. Tweede skoot loop en slaan links van die bok vas. Te veel. Kallie besluit om hom in die bors te skiet. Ons hoor almal die "dup" klank, maar daar gaat hy oor die duin. Ons ry links om, op die kruin van die duin en sien hou hy agter 'n bos in die volgende straat verdwyn, maar nie weer verskyn aan die anderkant nie. Boertjie druk die Cruiser in die bos se rigting. Die ram se petrol het net na die bos opgeraak.
Kallie met sy mooi ram.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/IMG-20160627-WA0028.jpg
Ons was almal verlig, maar Riaan-Louis was erg trots op Oom Kallie se bok. ;D
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/IMG-20160627-WA0006.jpg

Na die roetine van foto's, pens trek, uitbloei en laai is ons fort in die pan se rigting. Jou waarlik waar! Daar staan bokke op die pan. Die wind druk weer lekker van links na regs en die bokke staan almal met hul koppe in die wind. Die son sit reg agter ons en ons besluit om te kyk hoe naby ons kan kom met die Cruiser. Boertjie luier teen die duin af tot op die rand van die pan. Gaan jy skiet? As jy my tot 400 meter kan bring, is my antwoord aan Boertjie.
Die bokke stap staan-staan, wind in. Ons kruip nader en roep halt toe 'n mooi rammetjie na regs uitstap en gaan staan. Die troppie is versprei oor amper 300 meter, duskant dieselfde draad waar ons die oggend moes halt. Ons kyk dus na waar ons vandaan gekom het.

Ek lê aan op die rammetjie, maar hy begin aanstoot en toe Riaan afstand roep is dit oor die 500m. Ek het intussen my foon uitgehaal en Strelok opgeroep. Die bokke is rustig en 'n mooi ooitjie begin die ram volg. Sy steek vas en draai om en staan mooi plank-dwars met haar kop na links in die wind. Riaan roep 485m en ek raadpleeg Strelok.
10.5 MOA elavasie met 3.5 MOA vir wind. Ek bel die nommers en korrel op die blad. Die skoot loop mooi en die bok sak net daar neer. Ek word nou van alle kante geskel omdat almal die ram dopgehou het. :P 485 meters. "Bly stil en gaan tel op my bok", hoor ek myself sê. Gister se trane, amper vergete.
Die Cruiser haak net mooi tweede toe Boertjie remme slaan. Daar staan wraggies nog 'n ooitjie teen die draad. 280 meter roep Riaan. Kallie het nie Strelok nodig nie en skiet die ooitjie se nek amper mors-af, net onder die kop.

By my bok gekom, sien ons dat die koeël op die ribbes in is. Elevasie was perfek. Wat my verbaas het, was dat die 162 SST uit die 7mm regdeur is op daai afstand.
Die uitgangswond.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/20160625_132923.jpg

Ek en ons "PH" vir die dag met my ooitjie.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/IMG-20160627-WA0027.jpg

Ons het maar Kallie se ooitjie gelaai sonder foto's, want dit is nie vir sensitiewe kykers nie. :)

So eindig my eerste "Kalahari-bakkie-jag"!
'n Ware epos met baie drama en nog meer humor. Puik skote en minder goeies, met heelwat tussen in. Sonder opregte vriende sou dit nie dieselfde gewees het nie.

Dankie Riaan, vir die uitnooi en al jou moeite om dit vir my en Kallie aangenaam te maak. Jy het werklik uit jou pad gegaan om seker te maak dat ons dit geniet.

Vir Boertjie en Mari kan ek nie genoeg bedank vir hul gasvryheid nie. Hul is streng gesproke nog op wittebrood, maar het hul huis en plaas, vir ons oop gemaak en ons welkom laat voel. Ontmoet as vreemdelinge en groet as vriende.

Kallie, daar is maar min gepraat met die terugtog, maar ek dink ons albei het reeds terug verlang na die rooiduine en die bokke met die spiese.

Dankie Pella.
Last edited by Gawie(13mm) on Wed Jul 06, 2016 6:30 pm, edited 2 times in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by VdWalt »

Netjies!! Baie dankie vir die deel!!
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by joe rocket »

Gaafsters jy moet pasop om Koos gaan vir jou n werk aanbied, nog n mooi storie! Oor daai kwesbok, die beste skuts in die wereld het ook al gekwes. My eerste springbok wat ek geskiet het was ook gekwes, n baie mooi ram ons het hom nooit gekry nie, ek was siek vir n maand, maar daai bok het my gemotiveer om meer te oefen. Ses maande later laat weet die boer my hy bok gekry, skaars 300m aan die agterkant van die heuwel waar ek gesit het, 12 duim horings. So ja ek verstaan jou pyn.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by Carl »

Gawie,
Ek moes nou eers op die ander netwerk kom om die fotos en video te sien. Dankie vir die mooi eerlike storie! Min manne vertel van die kwes bokke.

Ja kyk daai wêreld is spesiaal en die mense ook, al daai yster oksied in die sand maak hulle ysters! :)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
koos 2
Hero Member
Hero Member
Posts: 734
Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by koos 2 »

Baie dankie vir die deel en mooi vertel.
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 995
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by Kallie Fernhout »

Netjies Gawie dankie vir jou moeite met die storie my maat dit was diep lekker
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by Johan Nel »

Gawie,
Daai ooitjie op die wond foto is darem mooi vet jong! Ek is bly julle het goed gejag en dit met ons kom deel.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
twinhunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 288
Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by twinhunter »

Ou Buurman,ek moet jou komplimenteer op jou mooi storie. Eks bly julle manne het dit geniet en daars darem baie min dinge wat so lekker soos 'n Kalahari jag is. Goeie geselskap en familie maak darem altyd 'n jag lekker.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by Gawie(13mm) »

Dankie manne.
Ek gaan die jag bitter lank onthou en nou wat ek dit "neergepen" het sal ek dit nooit as te nimmer vergeet nie. ;D
@Joe Rocket; ek dink daai mussie kom uit 1994 as ek dit nie mis het nie. ;D
@Loopsoosstroop; ek sal nooit vir 'n ander man vertel hoe naby of hoe ver hy sy bokke moet skiet nie. Kallie kan vir homself praat, maar ek was gemaklik met elkeen van die skote wat ek geneem het. Nie een van die skote was mogge-troffe nie.

Ek het nie die afstande ingesit om te spog nie. Ek het dit gedoen om te wys dat almal altyd dink dat om van 'n bakkie af te skiet maklik is. "Not a damn!"
Oom PW en Corné is albei in die kol. "Practice what you preach and shoot like you practice."
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2335
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by Diesel Dog »

Die kopskoot game( is n high-risk game ) ek speel dit al 30 jaar en het al 685 springbokke met brein skote dood geskiet ,verste skoot 420 m.Die eenigste verskil is dat al die bokke op die selde plaas wat ek uit my kop uit ken geskiet is vanaf my rugsak as rus .My jagmaats wat hulle skote tot 200 m beperk skiet normal weg 20 skote en 20 bokke,my stats is 20 bokke 35- 40 skote.Die regte koeëls is baie belangrik , as die skoot nie die bein tref nie moet hy genoeg skade aanrig om die bok te anker vir tweede skoot dan na die lyf.

As ek in die vreemde jag waar die boer my nie ken nie en ek ook nie sy plaas nie, skiet ek maar agter die blad om in sy goeie boekie te bly.

Ek het glad nie n probleem met kop skote nie ,aanvaar net verantwoordelikheid as iets verkeerd gaan .

Mooi geskiet manne.

DD
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by ruaanb »

Dankie vir die deel Gawie, more oggend 5am val ons in die pad uiteindelik.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by Wouter Roets »

Gaafster

Dankie vir die verdere deel van julle ondervindinge. Die meeste van ons het al jou hartseer, verwyte, teleurstelling, depressie, wanhoop, woede, skaamte, egokrenking en nog wat gedeel het met ons met jou kwes van n dier. Soos Oom Pieter se die son kom tog gewoonlik weer op die volgende dag.

Die uiteinde is dat hierdie trip met bakgat pelle, oud en nuut, jou sal saambly tot aan die einde van jou dae. Wat n voorreg!

Groetnis
Wout
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5029
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by Frederik »

Dankie vir die deel mis ek nou daardie rooi duine baie spesiale plek op aarde.
Kwesbok is altyd nie lekker nie maar as jy darem daaruit kan leer is dit positief.
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by partner »

Baie dankie vir die deel met ons. Ek het dit baie geniet.
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by Hansieslim »

As mens gebyt word deur daai verrrrrrrrrr skiet ding (vir my is dit enigiets verder as 100m), doen baie van ons dalk 'n bietjie "navorsing" op Youtube. Of altans, dit is wat ek doen met meeste vraagstukke deesdae. Wat Youtube my nog nooit gewys het nie, was mis-skote. Amerikaners skiet mos nie mis nie.

Dit is daardie EERLIKE deel van Gawie se storie wat ek die meeste geniet het. Ek het Gawie se storie meer leersaam gevind as daai laaaaang Amerikaanse-eerste-probeerslag-inni-kol-skote.

Dankie Gawie. Ek lig my hoed vir jou en jou span vriende. Skryf gerus meer en weer oor julle ervaringe asb!!
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by Jaco v Zyl »

Gawie baie mooi vertel,kalaharie/duinejag is tops!
Ek het ook al n springbok agter gelaat daar, en dis nie lekker nie.
Die feit dat dit jou pla, en dat jy daaroor praat spreek boekdele, en bewys jou respek vir die bok en die natuur.
Wel gedaan.
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1731
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by 6.5/284Norma »

Dis nou net na half vier en ek kan nie slaap nie, gaan op Jaracal en sien julle jagstorie raak...
Ai manne dis darem lekker!
Baie geluk aan julle!

As als regloop is dit Augustusmaand my beurt...

Groete

Johan
I'd rather be hunting!


Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
Pikkie
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Fri May 14, 2010 4:15 pm

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by Pikkie »

Lekker Gawie. Die week is dit my beurt. So 20km anderkant Springbokvlei.
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by Gian_dP »

Dankie vir die deel. Lekker storie om te lees. Dis ongelooflik hoe die jagtogte amper elke emosie in ons kan uitlok. Die bok wat ek in die pens geskiet het kon net so maklik oor die rand verdwyn het sonder om my n tweede kans te gee. Bly ek het hom gekry, maar die kwesskoot sal nog paar kee in my kop rondmaal.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by Gawie(13mm) »

Ek lees nou weer deur die storie om 'n paar regstellings te maak nadat my Buurvrou my ingevra het oor haar man se kind by 'n ander vrou! :-[
Jammer buurman. ;)

Manne, om te kan jag, bly 'n voorreg wat bitter min mense beskore is. Dit is 'n uiters selfsigtige aktiwiteit. Finansieel maak dit geen sin nie en die emosies en ervaring wat daarmee saamgaan, word vermors op "buitestaanders". Dit is nie net lekker om dit met julle te deel nie, maar ook lekker om ander manne se stories te lees. Selfs die minder lekker dele bly in wese deel van die jag.

Ek hoop om die seisoen nog 'n springbok of twee te jag. My vrou wil in die Karoo gaan kuier en soos 'n goeie man betaam sal ek haar maar moet gehoor gee aan haar behoeftes. Vir beskerming sal ek maar die "John Deere" saamsleep. Net vir ingeval. >:+

Vir die manne wat oppad is jag-veld toe:"Sterkte en voorspoed!"

Vir die manne wat klaar gejag het:"Beplan vir volgende jaar!"

Vir die manne wat nie vanjaar kan jag nie:"My hart bloei vir julle, maar jul kans sal weer kom!"

Groetnis.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: 2016 Kalahari-jag te Springbokvlei

Post by henning »

Dankie Gawie, lekker gelees.

Ek maak ook die fout om te dink dat jy moet nie skiet voor jy seker is, maar dit is waar dat daar baie dinge is wat n jagter beinvloed as hy die skoot vat. So jag sal jag bly en ons maak foute.

Ek het ook al fout gemaak op n bok wat beweeg het en dit op n baie naby afstand, maar ek hoop ek sal dit nie weer doen nie.

Die lewe bly n leer meester.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
Post Reply