Kallie Fernhout en my selwers is vroeër vanjaar so half vrywillig verplig om saam met Twinhunter, die Kalahari rond-om Noenieput te gaan besoek. Noenieput lê ongeveer 150km Nood-wes van Upington, in die Noord-Kaap. Twinhunter, aka. Riaan, se beterhelfte kom van daar en hy gaan henner elke jaar die tyd sy skoonmense.
So sit ek en Kallie die stuk in Noenieput toe. 3 uur Woensdag oggend klok hy by my in en ons val in die pad. Die N7 vlieg verby en ons stop op Van Rhynsdorp vir bene rek. Anderkant Calvinia swaai ons weg, oor Brandvlei tot in Upington waar ons, ons laaste proviant en jaglisensies bekom.
Net voor son-op op die langpad.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/20160622_065635.jpg
Dit is koud in die Karoo!
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/20160622_070449.jpg
Hier kap ons links na Noenieput.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/20160622_120641.jpg
Ons stop net na die middag op die plaas, Springbokfontein en na almal op die plaas gegroet is, sit ons vinnig af na die skietbaan op die pan. Die koue en spoed het darem nie die teleskope te veel gebuig nie.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/20160622_143503.jpg
Jacques, alom bekend as "Boertjie" is ons gasheer, PH, drywer, gids en chef vir die ekskursie. Ons word die eerste aand getrakteer op 'n 'n erg lekker, Kalarhari skaap-rib.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/20160622_212314.jpg
Ons is redelik vroeg in die vere en weer daaruit, met Riaan wat ons bederf met 'n lekker jagtersontbyt.
Ons bestyg die Cruiser met vol mae en opwinding wat bruis in ons are. Dit kan dalk ook die knoffel wees waarmee Riaan so mildelik omgegaan het.
Die windjie is skraal en ons is redelik gepanser teen die koue.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/20160623_081822.jpg
Riaan hou egter sy lyf Kalahari boer en het net kortbroeke ingepak.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/20160623_081801.jpg
Die wereld is mooi en wyd, maar Boertjie ken sy veld en sy gemsbokke.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/20160623_090643.jpg
Soos reeds gemeld, dryf Boertjie die Cruiser met sy bruid, Mari, as co-pilot en amptelike fotograaf van die groepfoto's
Dit neem ons nie te lank om die eerste troppie gemsbokke op tespoor nie en die kat-en-muis-speletjie begin. Die gemsbokke gewaar ons en draf terwyl ons teen luierspoed volg. Sodra hul dink dus veilig, gaan hul staan en kyk terug. Ons druk aan tot binne skietafstand, maar wanneer die Cruiser stop, draai hul die koppe vorentoe en pak weer 'n draffie uit. Ons is geduldig en na 'n halfuur bied die trop ons die eerste kans op 'n skoot. Ek en Kallie besluit vinnig dat hy die eerste skoot sal neem en hy lê aan. Ons het egter die afstand oorskat en sy skoot loop bo-oor.
Ons volg die trop oor 'n paar duine en kry hul in 'n straat waar hul staan en maal. Boertjie indentifiseer 'n jong bulletjie met dik horingbasisse wat eenkant staan. Kallie se XC praat en die 87 Vmax piets die bul, 170m verder voor die kop en sy ligte skakel af.
Ons trek vinnig pens neem 'n foto en laai die bulletjie. Ons het bietjie gesukkel om al die melk van sy bek af te vee vir die foto.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/IMG-20160629-WA0004.jpg
Dit is nou my beurt en ons bekruip 'n mooi bul met die Cruiser. Hy staan so dat ons net sy agterstewe sien uitsteek agter 'n boom, met sy kop in die wind.
Riaan meet die afstand op 77 meter. Alles tel in my guns behalwe my onkunde van bakkiejag. "Geen rondte in my roer se kamer is nie!!!"
Oordeel maar self:
Hier het ek besef watter geduld Boertjie het of miskien het hy skaam geraak vir al die knope wat ek gelos het. Ons spoor vinnig weer 'n troppie van 6 bokke op en die speletjie begin weer.
Ek kry my tweede kans op 'n Kalahari gemsbok en op 135m trek "Batman" sy eerste bloed met 'n nekskoot op 'n mooi bul. Neem foto, trek pens, bloei-uit en laai.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/20160623_104909.jpg
So herhaal die resep homself nog twee keer.
'n Baie mooi koei met horings in die 40 duim omgewing bied 'n skoot vir Kallie op 345 meter en met 'n 8mph dwarswind druk hy die 87 Vmax net voor die oog in. Die troppie spring weg en sy volg met die kop in die lug en horings agteroor. O hel, nou moet julle klou, skree Riaan. Die Cruiser spring daar weg soos daai Bolt kerel en gou-gou trek ons agter die koei in. Die Cruiser gooi ankers en Boertjie skree ons moet skiet voor sy draad spring. Kallie maak so en die koei kry 'n klap agter die kop op 80 meter wat haar letterlik gat oor kop laat slaan. Soveel so dat sy met haar kop in die Cruiser se rigting te lande kom, al vier bene in die lig.
Die verligting by almal is groot die keer kan ons 'n mooi kiekkie van Kallie en sy bok neem.
O-ja, Riaan was ook die regiseur van die produksie.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/IMG-20160627-WA0017.jpg
Daars hy nou!
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/IMG-20160627-WA0020.jpg
Dit is net voor middagete en ons ry die troppie weer raak. Hulle staan teen 'n duin met 'n mooi bul eenkant. Sy kop is effens laer as sy boude teen die duin en hy loer vir my op 'n raps oor die 300 meter. Ek besluit om 'n 162 SST agter sy oor in te druk, maar misgis my bietjie met die wind. Die koeël loop skrams deur die boud, net bo-kant die knie in en uit en gaan net agter die vierde rib van agter by die pens in. Die trop spat in alle rigtings en my bul sleep half kruppel teen die duin uit. Riaan hoef nie weer te sê nie. Ons klou klaar. Toe ons amper bo-op die kruin is, slaan Boertjie die remme aan en ek vou amper om die skietraam. Die Cruiser kom tot stilstand en terwyl hy nog sy laaste wieg, wieg het ek die bul se agterkop in my kruishaar. Die skoot loop en die bul doen 'n duikrol oor sy regter skouer. Ek wil amper in trane uitbars van verligting. Ons ry nader en wraggies tel hy sy kop op. Op 10 tree skiet ek los oor die bok se kop. Boertjie beduie dat hy bietjie gaan terugstoot. Op 30 meter kry die bul 'n genade skoot onder die oë.
My skoot van agter het hom op die skof gesny en is net onder die kop in en uit, langs die nekwerwels verby. Nou het ek erge bewerasies.
My tweede bul en span Bolanders by ons Gasheer.
Van links na regs: Riaan (Twinhunter), Kallie Fernhout, Maargat (Gawie,13mm) en Jacques, alias"Boertjie"
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/20160623_133122.jpg
Ons is net voor 2 die middag klaar en braai 'n worsie op die kole en maak ons droë kele nat met 'n yskoue bier en 'n vuil coke.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/20160623_142500.jpg

