Net so bietjie geskiedenis
Wel ek het bogenoemde geweer en het hom omtrent in die vroeee tagtigs aangeskaf .Ek het ook soos almal maar eers met Fabrieks Ammunisie geskiet tot die herlaai gogga my gebyt het.
Hierdie geweer het nogal die vermoe om my teen die mure uit te dryf want dan skiet hy wonderlik en dan sommer vrot.
Ek het al so 'n kompleks met die geweer dat ek later my vriend gevra het om 'n lading te ontwikkel en selfs dit te skiet
Die volgende herlaai slag (op my eie) met die "resep" het weer chaos veroorsaak...........
Hier volg bietjie van die inligting toe ons die lading ontwikkeling gedoen het.
Loop Lengte 21 Duim (hy het dit gemeet ek was nie by nie)
150 nuwe Winchester doppe
Vollengte ge-resize.
Doppe gesny na 64.22 mm
Binne en buite ge-debur
Sierra 130 spitzer Pro Hunte # 1830
TPL 85,20
Kruit S 365 ( weet nie die lot no nie
Lading soos volg
Lading Spoed Kommetaar
51 gr 2643 2645 2675
51.5 2693 2668 2659
52 2767 2758 2720
52.5 2734 2762 2737 Beste groepering 5mm
53 2824 2756 2745
53.5 err 3319 err son het die chrony moeilikheid gegee bewolk
54 3561 son het die chrony moeilikheid gegee bewolk
My vraag is soos volg:
Ek verstaan nog nie die konsep van 'n node nie maar sal dit nog op lees.
Is die spoed nie te laag nie? Sal ek 'n bietjie hoer spoed kry en dan weer 'n goeie groepering met meer kruit
Ek was gaande oor die groepering dis het ek by die lading gehou.
Is daar iemand wat met die info kan werk en iets sinvol vir my daar uit wys maak?
Die geweer was by 'n wapensmit en hy is deeglik deur gegaan voor ons met die oefen lopie begin het. Ek't 'n redelike nuwe teleskoop op en die geweer het n KD op.
Enige raad want ek het nou oor gegaan na 150 gr ( my dogter gebruik die geweer nou vir bos jag koedoe en rooiboke.
Hierdie punte groepeer darem meer aanvaarbaar.
Dankie vir almal wat gelees het en 'n bydrae gaan/kan maak.
Terllops ek laai vir my 308 w en 223 en ek is baie gelukkig met die resultate dis net hierdie 270 wat my opdraende gee



