270 Win Parker Hale herlaai hulp asb

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

270 Win Parker Hale herlaai hulp asb

Post by Basjan123 »

[align=][/align]Hallo Almal

Net so bietjie geskiedenis
Wel ek het bogenoemde geweer en het hom omtrent in die vroeee tagtigs aangeskaf .Ek het ook soos almal maar eers met Fabrieks Ammunisie geskiet tot die herlaai gogga my gebyt het.

Hierdie geweer het nogal die vermoe om my teen die mure uit te dryf want dan skiet hy wonderlik en dan sommer vrot.

Ek het al so 'n kompleks met die geweer dat ek later my vriend gevra het om 'n lading te ontwikkel en selfs dit te skiet :( . Dit het wonderlik gewerk want toe laai ek so 130 Patrone met daai "resep" en het van my beter skote geskiet.

Die volgende herlaai slag (op my eie) met die "resep" het weer chaos veroorsaak...........

Hier volg bietjie van die inligting toe ons die lading ontwikkeling gedoen het.

Loop Lengte 21 Duim (hy het dit gemeet ek was nie by nie)
150 nuwe Winchester doppe
Vollengte ge-resize.
Doppe gesny na 64.22 mm
Binne en buite ge-debur

Sierra 130 spitzer Pro Hunte # 1830
TPL 85,20
Kruit S 365 ( weet nie die lot no nie :-[ )

Lading soos volg
Lading Spoed Kommetaar
51 gr 2643 2645 2675
51.5 2693 2668 2659
52 2767 2758 2720
52.5 2734 2762 2737 Beste groepering 5mm
53 2824 2756 2745
53.5 err 3319 err son het die chrony moeilikheid gegee bewolk
54 3561 son het die chrony moeilikheid gegee bewolk

My vraag is soos volg:

Ek verstaan nog nie die konsep van 'n node nie maar sal dit nog op lees.
Is die spoed nie te laag nie? Sal ek 'n bietjie hoer spoed kry en dan weer 'n goeie groepering met meer kruit
Ek was gaande oor die groepering dis het ek by die lading gehou.
Is daar iemand wat met die info kan werk en iets sinvol vir my daar uit wys maak?

Die geweer was by 'n wapensmit en hy is deeglik deur gegaan voor ons met die oefen lopie begin het. Ek't 'n redelike nuwe teleskoop op en die geweer het n KD op.

Enige raad want ek het nou oor gegaan na 150 gr ( my dogter gebruik die geweer nou vir bos jag koedoe en rooiboke.

Hierdie punte groepeer darem meer aanvaarbaar.

Dankie vir almal wat gelees het en 'n bydrae gaan/kan maak.

Terllops ek laai vir my 308 w en 223 en ek is baie gelukkig met die resultate dis net hierdie 270 wat my opdraende gee :'( :'(
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 270 Win Parker Hale herlaai hulp asb

Post by tripodmvr »

Die beste is om al die gegewens na te gaan en dit dan te verskaf. Kyk ook of die loop raak aan die houtwerk met die gebruik van die knaldemper.

Lees onderstaande post wanneer jy tyd het. Die data benodig vir berekening is heel laaste.

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=132&t=47863
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: 270 Win Parker Hale herlaai hulp asb

Post by Basjan123 »

tripodmvr wrote:Die beste is om al die gegewens na te gaan en dit dan te verskaf. Kyk ook of die loop raak aan die houtwerk met die gebruik van die knaldemper.

Lees onderstaande post wanneer jy tyd het. Die data benodig vir berekening is heel laaste.

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=132&t=47863
Baie dankie ek sal deur die leestof werk
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: 270 Win Parker Hale herlaai hulp asb

Post by Basjan123 »

Goed kom ons probeer weer

Parker Hale 270 Win
Loop lengte 600 mm
Twist 10 :1
Winchester doppe
H2O kapasiteit 69,3 gr
Punte 130 gr Pro Hunter # 1830
Gemete TPL 85,20
Gelaaide TPL 85,20
Kruit S 365 ( Lot 71)
Primer CCI 250 large rifle magnum
Chrony 5 m weg
Lading soos volg

52.5
Spoed 2734 2762 2737
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 270 Win Parker Hale herlaai hulp asb

Post by tripodmvr »

Ek verstaan nie jou TPL meting nie, maar die spoed en lading dui nie op 'n koeël in die lande nie. Hoe ver is jy weg van die lande?

Ek kon nou 3 nodes boontoe bereken, maar ek is bang vir lot 71 wat baie warm was in die 243. Ek gee dus 2 deur en jy kan dan kies watter een om te gebruik.

54,5gr = 2845vps op chrony 5m weg
57,0gr = 2970vps

Skiet een van hulle en dan kan ons sien wat gebeur met meer druk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: 270 Win Parker Hale herlaai hulp asb

Post by Basjan123 »

tripodmvr wrote:Ek verstaan nie jou TPL meting nie, maar die spoed en lading dui nie op 'n koeël in die lande nie. Hoe ver is jy weg van die lande?

Ek kon nou 3 nodes boontoe bereken, maar ek is bang vir lot 71 wat baie warm was in die 243. Ek gee dus 2 deur en jy kan dan kies watter een om te gebruik.

54,5gr = 2845vps op chrony 5m weg
57,0gr = 2970vps

Skiet een van hulle en dan kan ons sien wat gebeur met meer druk.
Dankie so lank vir hierdie hierbo

Ek het terseldertyd toe ons goeie groepering gekry het met die 52,5gr en spoed van soos bo genoem, die res van die ander gelaaide patrone geskiet. Dit was effens bewolk want ons het errors begin kry. 53,5 gr het egter 3319vt/s gemeet.
Ek weet nie of die chrony betroubaar is al dan nie. Die 54 gr het 3561 gewys. Ek sukkel met die tpl metings , die 85,20 is die tpl wat ons geskiet het. Ek moet egter die tpl meting beter onder die knie kry. Soos ek vroeer gese het my vriend het gehelp met die lading ontwikkeling. Die loop is ook los hy raak nerens aan die hout nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 270 Win Parker Hale herlaai hulp asb

Post by tripodmvr »

Maak seker jy gebruik 'n nuwe battery in die chrony. As die spoed verkeerd is beteken my berekeninge niks nie. Die spoed wat jy vir my aanvanklik gegee het lyk baie laag vir Lot 71. Kyk ook om nader aan 12h00 te skiet om heleder lig op die skerms te verseker.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: 270 Win Parker Hale herlaai hulp asb

Post by Basjan123 »

tripodmvr wrote:Maak seker jy gebruik 'n nuwe battery in die chrony. As die spoed verkeerd is beteken my berekeninge niks nie. Die spoed wat jy vir my aanvanklik gegee het lyk baie laag vir Lot 71. Kyk ook om nader aan 12h00 te skiet om heleder lig op die skerms te verseker.
Ek is in die proses om een vaan daai spoed meters te koop wat voor aan loop vasmaak. Ek sal wag tot ek dit het en dan weer op jou nommer druk. Baie dankie solank vir die raad en info.

Groete
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 270 Win Parker Hale herlaai hulp asb

Post by tripodmvr »

Die magnetospeed sal baie goeie lesings verseker.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: 270 Win Parker Hale herlaai hulp asb

Post by Basjan123 »

tripodmvr wrote:Die magnetospeed sal baie goeie lesings verseker.
Die invoerders sit sonder voorraad weet jy dalk waar om nog te probeer. Het iemand die goed al direk probeer inbring?
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: 270 Win Parker Hale herlaai hulp asb

Post by Basjan123 »

[quote="tripodmvr"]Ek verstaan nie jou TPL meting nie, maar die spoed en lading dui nie op 'n koeël in die lande nie. Hoe ver is jy weg van die lande?

Ek het by Cassie die TPL meet instrument ook bestel. Wat is 'n goeie afstand weg van die lande om mee te begin laai.
Dit lyk vir my ons was teen die lande met die laai poging wat ons gedoen het, ons het egter die doppe deur gekyk en daar was nooit druk tekens gewees nie. Kan die program wat jy gebruik bepaal of ons teen die lande was? (Jammer as dit 'n stupid vraag is)

Dankie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 270 Win Parker Hale herlaai hulp asb

Post by tripodmvr »

As jy teen die lande is kom ekstra druk ter sprake en dit gee baie meer spoed as wat QL voorspel. Dit dui dan moontlik op die' probleem. Met lood/koper koeëls bly ek minimum 1mm weg van die lande (as dit nie ander probleme gee nie) en met monos 2mm.

Ek sou in julle geval die TPL 84mm maak.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: 270 Win Parker Hale herlaai hulp asb

Post by Basjan123 »

[quote="Basjan123"]Goed kom ons probeer weer

Parker Hale 270 Win
Loop lengte 600 mm
Twist 10 :1
Winchester doppe
H2O kapasiteit 69,3 gr
Punte 130 gr Pro Hunter # 1830
Gemete TPL 85,30
Gelaaide TPL 83,20
Kruit S 365 ( Lot 71)
Primer winchester western primers
Magnetospeed
Lading soos volg
50.4
Spoed 2891 2891 2863 2871
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 270 Win Parker Hale herlaai hulp asb

Post by tripodmvr »

Syfers lyk nou baie sinvol en die brandtempo wys dat dit Lot 71 is.

51.6gr = 2940vps
55.9gr = 3140vps - druk voorspel is 64K psi (maks is 65K) so werk versigtig op as jy hom wil gebruik. Begin by 55gr en werk stadig op of af, afhangende van spoed verkry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: 270 Win Parker Hale herlaai hulp asb

Post by Basjan123 »

tripodmvr wrote:Syfers lyk nou baie sinvol en die brandtempo wys dat dit Lot 71 is.

51.6gr = 2940vps
55.9gr = 3140vps - druk voorspel is 64K psi (maks is 65K) so werk versigtig op as jy hom wil gebruik. Begin by 55gr en werk stadig op of af, afhangende van spoed verkry.
More Marius baie dankie sal dit uit toets
Post Reply