.243 doppe sit vas

Post Reply
Henk
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Tue Mar 22, 2011 10:23 pm

.243 doppe sit vas

Post by Henk »

Ek sukkel met n vriend se 243. Hy het nuwe herlaai stel (LEE) gekoop en begin nou herlaai.
Die doppe (PMP- once fired) sit vas in die fullsize matrys. Darem nie almal nie, net so een uit elke tien.... >:( AL die doppe druk baie moeilik en "skaaf" dan stukkies koper van die dop af (net onder middel van dop tot bokant van kop) Die gekoopte rondtes is almal in sy geweer(Steyr Manlicher) geskiet, maar sukkel om weer daarin te pas (slot druk moeilik af), nog voor dit gesize is. ???
Die doppe wat wel gesize is, het ek getrim tot op die "standaard" lengte en getoets in die geweer......almal werk mooi. As ek egter die punt indruk, maak die slot weer moeilik of glad nie toe nie. >:(
Het selfs "inside neck reamer" van Forster gebruik (voor resizing) om moontlike doughnuts uit te haal.....geen verskil gemaak.
Ek laai baie van my eie .222 en .270, maar het nog nooit so iets gesien nie.
HELP ASB !!!
Skiet naby....skiet raak !!
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2474
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: .243 doppe sit vas

Post by Nico Harris »

roes!
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .243 doppe sit vas

Post by tripodmvr »

1.) PMP doppe is dikker en harder as ander. Hittebehandel hulle na hulle afgevuur is. (Ek gaan dit nou doen na elke gebruik van die dop)
2.) Het gevind dat doughnuts vroeg al vorm. My oplossing was om 'n 6.25mm boorpunt (by sekere besighede wat lewer aan masjineringsfirmas te kry) te gebruik om die pas gevuurde dop te ondersoek. Jy sal gou agterkom as daar obstruksie is. Ek boor dit weg.
3.) Ek nekvorm nou net die behandelde dop met 'n Lee neck size matrys.
4.) Het gister ladings ontwikkeling gedoen met 85gr Spartans met doppe wat so behandel is. Twee groepe van 13mm geskiet op 100m (ladings verskil met 1gr).
5.) Die Spartans is lang koeels en 'n doughnut sou dus gewys het. Slot het maklik toegegaan.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Henk
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Tue Mar 22, 2011 10:23 pm

Re: .243 doppe sit vas

Post by Henk »

tripodmvr
tripodmvr wrote: 1.) PMP doppe is dikker en harder as ander. Hittebehandel hulle na hulle afgevuur is.
3.) Ek nekvorm nou net die behandelde dop met 'n Lee neck size matrys.
As jy s?: "hittebehandel" bedoel jy annealing met vlam en water? Dit sal darem lang proses wees om dit elke keer te doen!
Ek het natuurlik heel eerste probeer "neck size", maar dit wou nie werk nie. Dis asof die doppe te veel uitsit in die kamer....?
Dankie
Skiet naby....skiet raak !!
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: .243 doppe sit vas

Post by 222 »

Henk

Ek het 'n ruk terug dieselfde probleem met my 222 gehad, as jy mooi kyk sal jy sien dat daar 'n baie baie klein ronding net net onder die bek van die dop sit. Ek het my G@T afgesoek na die probleem.

Oplossing wat vir my die beste gewerk het was om die hele die te reset, maw ek het hom van voor af opgestel.

Hoop jy kom reg.

Groete
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: .243 doppe sit vas

Post by Christo »

anneal die doppe!!!!!
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .243 doppe sit vas

Post by tripodmvr »

Ek het wel anneal bedoel. Die probleem is die doughnut. Die langer koe?ls se basis druk die doughnut sodat die skouer uitbult en die dop dus langer en dikker maak. Dit maak dat jy die slot moet forseer om dit toe te maak. Oplossing - verwyder doughnut en maak die brass sagter sodat die neck sizer die nek behoorlik kan terugdruk en dit daar bly.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Henk
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Tue Mar 22, 2011 10:23 pm

Re: .243 doppe sit vas

Post by Henk »

Christo,
Dankie, gaan dit doen. Ek wonder egter steeds of dit die probleem heeltemal gaan oplos, want jy anneal mos net die nek/skouer gedeelte van die dop en die probleem l? ook laer af met die "skaaf" van doppe in die matrys. ???
Dankie vir die insette. Ek het net begin dink ek verstaan die herlaai ding.....Nou vind ek uit ek weet eintlik nog niks! :-[

tripodmvr,
Thx, dit maak baie sin i.t.v. die toemaak van slot. Wat nou van die fullsize proses wat so moeilik is? Is dit normaal dat soveel koper verwyder word en dat die doppe vas sit of is dit alles deel van die selfde probleem?
Verskoon as ek onnosel klink, maar ek voel al so......
Skiet naby....skiet raak !!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: .243 doppe sit vas

Post by Francois Marais »

Henk

Jou opmerking dat n dop wat nou-net in die geweer geskiet is, en uitgehaal is, nie weer wil toemaak, of swaar toemaak, asook die feit dat die die (matrys) koper afskuur op die kant van die dop, se vir my net EEN ding. Daardie geweer se kamer is nie reg nie, en het n bulge erens, of is redelik oversize, gewoonlik na die rim se kant toe. Ek het al sulke probleme uitgeskakel deur n die so n half mm aan die onderkant weg te vat, maar net in uiterse gevalle, het al n geval gehad waar dit ook nie gewerk het nie, en al oplossing om weer daardie dop te gebruik is om n uindersize die te bekom, weet Redding maak van hulle.

Ek laai al van 1980 af, het nog nooit 1 dop in my lewe anneal nie, skiet 90% PMP doppe.

Watter grein punte laai julle?? Die donut kan ook wel n probleem skep soos Tripod verduidelik het, maar sien julle het inside nek reamer gebruik. As jy die punt seat, druk die press eers maklik en dan die laaste klein stukkie moeilik??? As dit so is, is die donut die probleem, en is hy nie heel uitgehaal nie. n Baie maklikke oplossing vir donuts is om ligte (lees korter) koeels te gebruik, sodat die basis v/d koeel bo die donut is.

Mooi loop
Francois
Last edited by Francois Marais on Sun Apr 03, 2011 9:43 am, edited 1 time in total.
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: .243 doppe sit vas

Post by Jagtersdok »

Henka

Ai daai my vriend is 243 se pyne.

Ja doughnuts is deel van jou probleem moontlik.maar!!!!!

Daai klink vir my heel eerder of daai kamer nie die doppe reg shape nie.  As al die doppe na die tyd sukkel  om in te gaan en die slot mooi toe te maak beteken dit daai kamer het iewers in sy lewe 'n poepol gehad wat daar probeer polish het of iets en hom toe oneweredige dimensies gegee het.

243 wat se kamer bietjie groot is fullsize oor die algemeen maar heelwat moeiliker as ander kalibers, veral as jy PMP doppe gebruik die goed is damm hard, maar Lee se full size dies het ek ook al uitgevind se dimensies om die skag is partykeer bietjie klein.

Hier is nou wat jy moet doen

Kyk heeleerste of die die nie roes in het of grof binne is nie, as dit reg is
Dan vat jy ander maak fullsize die soos RCBS en size die doppe as dit makliker gaan weet jy die LEE die is die pyn
As dit ook so moeilik gaan beteken dit die doppe sit bietjie baie uit, enigste ding dan hier is size in stages bietjie vir bietjie.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: .243 doppe sit vas

Post by Jagtersdok »

Hel FM
Skryf ons dan nou dieselfde ding so op dieselfde tyd hehehehe
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: .243 doppe sit vas

Post by fanie17 »

Henk
Propeer om waneer jy die punte indruk die daai n bietjie uit te draai.Wanneer jy die pres druk tot op sy verste moet daar so 1mm gaping tussen die dop houer en die daai te wees.Ek vermoed die daai druk teen die bek van die dop,wat die dop vervorm.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
Henk
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Tue Mar 22, 2011 10:23 pm

Re: .243 doppe sit vas

Post by Henk »

Jagtersdok wrote: Hel FM
Skryf ons dan nou dieselfde ding so op dieselfde tyd hehehehe
Ja, kyk as twee sulke menere so dieselfde ding s?, dan moet ek wragtag luister ;D
Gaan paar dae vat om ander maak die hier op die plaas te kry ( Die 6:00 nuus kom eers 7:00 hier aan!). Miskien kan Attie my eers uithelp! (Dit was n skimp Attie!)
Ek het al gewonder oor daai kamer, maar dis nie maklik om vir n man te s? jy dink daars fout met sy Steyr Manlicher nie. :P
Hy gebruik op die oomblik 100 grein PMP punte, maar dit lyk my ons sal moet ligter/korter gaan om doughnuts ook sommer uit te skakel.
Die het nie roes binne en lyk ook mooi glad
Dankie vir al die raad. Gooi nog.....
Skiet naby....skiet raak !!
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: .243 doppe sit vas

Post by Jagtersdok »

Henk wrote:
Jagtersdok wrote: Hel FM
Skryf ons dan nou dieselfde ding so op dieselfde tyd hehehehe
Ek het al gewonder oor daai kamer, maar dis nie maklik om vir n man te s? jy dink daars fout met sy Steyr Manlicher nie. :P
Ek wou daai selfde s?, maar het dit maar in gehou. Het baie lekker gelag nou hier waar ek sit.

Vir my is 'n Steyer soos 'n Ducati, gewoonlik die manne wat hulle het weet glad nie hoe om hulle te gebruik nie hahahahahahahaha, maar dit is darem nie altyd so nie.
Jy kan wel daardie ou vinnig uitken want hy stel homself gewoonlik so voor.
Dag my naam is X en ek het 'n Manlicher/Ducati
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Henk
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Tue Mar 22, 2011 10:23 pm

Re: .243 doppe sit vas

Post by Henk »

fanie17 wrote: Propeer om waneer jy die punte indruk die daai n bietjie uit te draai.Wanneer jy die pres druk tot op sy verste moet daar so 1mm gaping tussen die dop houer en die daai te wees.Ek vermoed die daai druk teen die bek van die dop,wat die dop vervorm.
Dit klink soos iets wat ek ook kan probeer. Het die daai maar opgestel soos die instruksies s? en die punt so 1mm van die lands af gedruk. Moet nog baie speel met lading, seating depth, ens. Kan egter niks doen as ek nie doppe het nie....... ;D
Skiet naby....skiet raak !!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: .243 doppe sit vas

Post by Francois Marais »

Henk

Ek stel ma altyd my die wat die punte seat so op.......

Sit n doppie in jou shell holder en laat sak die handle al die pad, by die presse wat over cam, en sie shell holder weer laat sak, kyk dat die shell holder op sy hopogste piek staan. Draai nu jou die af totad jy kontak voel op jou doppie se bek, nou draai jy jou die so half tot driekwart draai uit, sodoende maak jy seker dat jou die nie as jy punte seat op die dop se bek druk en die dop vervorm nie.

Op groter kalibers, en pistool/revolwer patrone waar krimp toegepas word hou ek daarvan om dit in n aparte stap te doen, seat al die punte eers, dan draai ek die seater gedeelte uit, skroef die die dieper in en doen dan die krimp proses.

Dok
Great minds think alike :o :o :o :o

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .243 doppe sit vas

Post by tripodmvr »

'n Mens doen partykeer 'n ding ingedagte. Ek het ook al kleigetrap met die "seating die". Henk, maak net seker van jou verstelling. Sit dop in pers en neem dit tot vol bo. Draai die die in tot dit teen die dop vasdraai. Ek draai dan een volle draai terug. As die die te diep is druk dit die dop of heeltemal in sy glory in of dit veroorsaak slegs 'n uitbulting - dit kan dan ook die kamering proses heeltemal opdons.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .243 doppe sit vas

Post by tripodmvr »

'n Mens soek seker na al die onmoontlike dinge.

Ek het al egter baie gehoor van Manlicher's wat kopspasie probleme gehad het. 'n Swak gesnyde kamer kan ook seker voorkom.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Henk
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Tue Mar 22, 2011 10:23 pm

Re: .243 doppe sit vas

Post by Henk »

Nou gan ek n nuwe klip in die bos gooi.... ;D

Het vandag sy "dies" gan haal om hier by my te werk.

Het 10 doppe annea (hoop ek het dit reg gedoen :-[)l en 10 doppe net so gelos. Ek het al die doppe getoets vir doughnuts (punt pas maklik deur die nekke) so ek het NIE die nekke ge"ream" nie.

1. In my press druk beide doppe makliker....nie groot verskil, maar tog duidelik.
2. GEEN dop skaaf enige koper af nie.
3. Nie een dop het vasgesit nie.( Dieselfde smeermiddel is gebruik: Lee se paste.)
4. Meeste doppe wat gesize is pas perfek in kamer. Sommige van die doppe was baie lank en moes gesny word om te pas. ???
5. Het gekoopte PMP patroon geskiet en die dop 5 keer gedraai in kamer. Ek kon geen verskil agterkom op toemaak van slot.

Nou die klip: KAN daar fout wees met sy press? Is dit moontlik dat die press die doppe "skeef" druk? Ons het nog nie n ander kaliber probeer laai met hom nie. Sal dit nog doen.

As daar nog toetse is wat ek kan doen, moet julle maar s?.... Ek begin nou van voor af leer. :-\
Skiet naby....skiet raak !!
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: .243 doppe sit vas

Post by Jagtersdok »

Dit is goeie nuus as jy gekoopte ammo geskiet het en die doppe pas mooi in die kamer terwyl jy dit reg rondom draai. Dit wys dat daardie kamer okay behoort te wees. Om seker te maak moet man maar meet, maar eks amper seker die kamer is okay.

Anealed doppe size makliker dit is hoekom ons dit doen, om van daai werks verharding in die brass ontslae te raak.

Die wat net sommige doppe getrim moes word is nie snaaks nie, van die doppe vloei net meer as ander, dit is ook gewoonlik die doppe wat dikker wande het.

Daar kan verseker fout wees met die press. Ek het gedog dit is met jou instrumente wat jy gewerk het en dat jy weet of die press reg is.

maat van my het met Lee press daai aliminium jobbies gelaai, het toe begin grrot doppe werk, 375 H&H. dit het gemaak dat die press skeef trek en hy moes maar weggooi,want die ding het doppe opgeneuk.

Dit kan ook wees dat die skroefdraad opgehel is en die "die" skeef oplyn, of die RAM kan al uitgewerk wees.
As die "dies" in jou press mooi werk en die doppe en als kom mooi uit kandie fout net by die press wees of hoe dit aan die anderkant opgestel is
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: .243 doppe sit vas

Post by Francois Marais »

Henk

Ja, jou press kan foutief wees, en siende dat dit n LEE is, is die kans 2X so groot.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Henk
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Tue Mar 22, 2011 10:23 pm

Re: .243 doppe sit vas

Post by Henk »

Probleem blyk opgelos te wees.....
Het n nuwe matrys gekry (ook n LEE) en hom in die "skewe" press getoets....werk 100% !! Fout was toe by die matrys en nie by die press.

Ek het op die ou end selfs my ou LEE pressie gebreek om die doppe gesize te kry. Sal hom darem kan herstel met nuwe "skoen", maar daai
Redding Big Boss lyk darem maar uiters aantreklik......As S&O net hulle voorraad inkry gaan ek kyk.
Dit is nou al die 2de LEE matrys waarvan ek weet wat foutief was (243 + 270). Is daar nog van julle wat probleme gehad het, of is hierdie maar die uitsondering? Beide foutiewe matryse is darem onmiddelik omgeruil en dit s? baie vir hulle naverkoop diens, maar ek moet een van die dae nuwe matryse kry vir die .223 (as die liksens net wil klaarkom) en nou twyfel ek oor LEE.
Wat dink julle manne?
Skiet naby....skiet raak !!
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: .243 doppe sit vas

Post by Jagtersdok »

Henk
Lee se Collet Neck sizing matryse is magic, die ander toerusting is maar effe effe
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Henk
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Tue Mar 22, 2011 10:23 pm

Re: .243 doppe sit vas

Post by Henk »

JD
Moet saamstem oor daai neck sizing dies: Hulle werk wragtag lekker!
Ek het n neck sizing die van Forster (.222) wat ook baie lekker werk en nou neig ek nogal in hulle rigting, maar hulle pryse is aan die stywe kant...
Skiet naby....skiet raak !!
Post Reply