270Win vs 7 X 64 Brenneke

User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by Brno308 jagter »

Dag Manne

Ek sal graag by julle wil hoor watter van die bogenoemde kalibers sal julle verkies vir algemene jag van klein en medium grootte wild.?  ;D

Ek persoonlik sal die 270Win vat, maar sal graag julle opinies wil hoor oor die saak.. ;)

Ek wag vir julle opinies.!

Groete

Brno
"vir God, deur God en alles in Sy naam"
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: 270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by Louis Kriel »

Brno308 jagter wrote: Dag Manne

Ek sal graag by julle wil hoor watter van die bogenoemde kalibers sal julle verkies vir algemene jag van klein en medium grootte wild.?  ;D

Ek persoonlik sal die 270Win vat, maar sal graag julle opinies wil hoor oor die saak.. ;)

Ek wag vir julle opinies.!

Groete

Brno
Wel die twee (en die 280 remington for that matter) is so naby aan mekaar soos dammit aan 'n vloekwoord. Persoonlik sal ek die 7x64 vat om die eenvoudige rede dat daar 'n groter verskeidenheid 7mm punte beskikbaar is. Beide se dop volume is +- 68 grein. Die 7x64 se punt is 7,25 mm en die 270 s'n 7,06 mm. In alle opsigte dus naby aan mekaar.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by Francois Marais »

Brno/30-06

Moennie daai 280 Rem weggooi nie, self n lekker gun.

Ek sou ook vi die 7*64 gaan, omdat ek alles self laai, as ek sou winkel patrone skiet, die 270 net oor die rede van meer geredelik beskikbaar.

My 2c.........

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Re: 270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by Brno308 jagter »

Francois

Een van my friende het sopas sy lisensie gekry vir 270Win. Ek sal graag wil weet stel julle voor hy gebruik 130gr punte of 150gr punte.? Ek en hy laai saam en hou maar daarvan om "een" lading te kry wat jy 50/50 kan gebruik vir bosveld en vlakte.?

Kan enige van julle ook vir my se watter kruit werk die beste in die 270Win.?

Groete

Brno
"vir God, deur God en alles in Sy naam"
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by Jagtersdok »

Puik combo vir 270 win is

Wichester/Remington/Norma Doppe
S365 kruit
130gr Hornady Interbond/140gr Nosler Accubond
PMP/CCI250 primers
Seat so tussen 1 en 3mm van lande af
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: 270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by Louis Kriel »

Image

385 en 365 is die gewildste.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Re: 270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by Brno308 jagter »

Jagtersdok..

Ek sal graag by jou wil hoor watter spoed laai jy jou 270Win met 'n 130gr punt.? ;D

Doen jy net neck sizing of doen jy full lenght sizing.?

Groete

Brno
"vir God, deur God en alles in Sy naam"
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: 270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by Yalair »

Brno308
Ek laai met s355 kruit en kry uitstekende resultate. Norma doppe cci primer en 130g punte, huidiglik gebruik ek barnes mrx 130g punte maar hulle is duur. Spoed so 3020 f/s, kan my lading vir jou gee het dit nie nou by my nie. die rhino 130g punte doen ook goed in my geweer en skiet konstant en akuraat. Die 270 hou van 130g punte, 150 werk ook lekker en 110 sukkel in party gewere. Met 130 punte skiet ek als van vlakte tot bos en is bja happy.

Vra maar as jy nog wil weet sal my boekie kry en kan als vir jou gee, maar 47g s355 is goeie beginpunt vir 130g sal jou so +- 2850-2900 f/s te gee.

Groete
Ben
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by Francois Marais »

Tommie

Ek het nie baie ondervinding van die 270 nie, die waarvoor ek al ladings uitgewerk het, 130gr punte, S365 kruit, ek is nie seker van die lading nie, maar die spoed al almal (3) gelaaik het was so net oor 3000.

Sie die dok het goeie raad gegee, kyk dana.

Jy kan ook maar glo wat Ben skryf, hy is n man wat die 270 ken, lees net mooi, hy gebruik S355 kruit.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: 270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by Christo »

7x64 is in my arsenaal en ek laaik hom met 'n passion. Die 270 sou nie hoef terug te staan nie. Was my aanvanklike keuse maar vriende se oortuiging het gemaak dat ek 'n 7x64 gekoop het. Hy skiet so paar sentimeter verder en amper platter.

'n jakkals reg van voor met 'n 150gr Ballistic tip ontplof letterlik.

Die keuse tussen die 2 is maar skraal. Jy sal nie 'n fout maak watter kant toe ook al.

Christo

PS - koop net 'n .243 ook. dan is jy gecover
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by Francois Marais »

Christo
koop net 'n .243 ook. dan is jy gecover
Nou't jy die waarheid met hom gepraat........ ;) ;) :D

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by Jagtersdok »

Ek het jou pm met my ladings. Die 130gr stap so 3130ft/sek
Ek neksize
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Re: 270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by Brno308 jagter »

Dok..

Dankie vir jou PM het dit gekry.!  ;D

Ek hou persoonlik ook meer van die 270Win, maar dis net 'n persoonlike ding.!  ;)

Ek het 'n ander "Kennis" wat sy 7X64 aanbid, daarom like ek net nie die naam nie.! HaHa..  ;D Maar niks fout met die roer nie!

Het enige van julle al 150gr patrone geskiet in jul 270Win.?

Groete

Brno
"vir God, deur God en alles in Sy naam"
Danie Lombard .243

Re: 270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by Danie Lombard .243 »

Die twee kalibers?  Nou laat ons sien.


Die 7X64 Brenneke in 'n diutse .270 Win, en 'n .270 Win is 'n amerikaanse 7X64 Brenneke.

Die .270 Win is die enigste kal wat 'n ware 7mm punt skiet, ja, gaan meet maar gerus die punt dia met jou skuif passer, die punt se dia is net oor die 7mm, as ek reg kan onthou 7,02mm of so iets. Die 7X64 en al sy ander neefs bv. 7mm Rem Mag, 7mmSTW  en die ander skiet almal 'n 7,2mm punt. Die 7mm is dus nie 'n 7mm nie. ???

Die 7X64 is in 1917 deur 'n ene Wilhelm Brenneke ontwerp, terwyl die .270 Win deur die Winchester fabriek in amerika vervaardig is in 1925. Winchester het die gewilde 30-06 dop van 1903, van die Springfield fabriek afgenek na .277 van 'n duim en so het die .270 Win die lig gesien. Dus het die Brenneke die voorsprong gehad, maar nooit die gewildheid behaal wat die .270 Win het nie.
As gekyk word na herlaai matrys verkope in die VSA is die .270 onder die top 10 kalibers.

Watter een is beter, wel as jy by die duitsers in Nambabwe  ;D (NAMIBIE) gaan jag sal die 7X64 natuurlik die keuse wees, en as jy in Askam, Andriesvale en Mier se wereld gaan jag, sal die .270 weer die keuse wees.  :D Ek grap sommer.
Balisties is die twee so na aanmekaar dat dit sinneloos is om vuis te slaan oor die 2 kalibers. Wat wel waar is, is dat daar meer punt gewigte besklikbaar is in 7mm, of eerder .280 van 'n duim as in .277 van 'n duim. Wat wel 'n feit is, is die lekker vinnige plat skiet vermoe van die .270 Win gelaai met 'n lekker lang 130gr punt teen trompsnelhede van meer as 3000ft/sek.

Die amerikaanse jag en skiet rubriek skrywer en groot jagter, Jack O Conner was verslaaf aan die .270 en het net in dit geglo, en ek wil met hom saam stem. Soms het hy homself in die moeilikheid in gepraat oor die vermoe van die .270.  Maar hy het later darem beaam dat as dit by die groot jag spesies kom, veral by die amerikaasne spesies met hul dik wol jasse soos bruin beer ens. , die .270 so bietjie lig in die broek is. Dink net aan die ou lekker dik maarhaar kombers om 'n groot leeu mannetjie se nek en blaaie. 'n .270 skiet bv. 'n leeu wyfie mors dood, maar sukkel om deur ou groot leeu oom se wol hare kombers te skiet.

My gedagte en 2c oor die twee puik en vermoende kalibers.

Danie
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by Jagtersdok »

Ek het 'n pel wat sy 7x64 so aanbid het, tot ek sy gat toe geskiet het tot op 300m met my ou 303brit. Hy wou 'n weddenskappie maak want sy geweer skiet so plat en vinnig, maar ek ken my roere. Hehehe

Ja nee wat tussen die 2 kalibers is daal nie regtig veel soos tereg deur Danie genoem is nie. Dit gaan maar oor persoonlike keuse.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Re: 270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by Brno308 jagter »

Danie

Dankie vir jou puik terugvoer oor die twee kalibers, ek het dit nou regitg baie geniet. Ek hou self ook baie van die 270Win, en sal defenetief ook een moet aanskaf.

Ek weet die 270win is 'n baie populere kaliber en daarom sal mens altyd se ammunisie kry in wapen winkels.

Kan enige van julle dalk vir my vertel watter doppe werk goed in die 270Win.? Tussen winchester en remington watter doppe is die beste.? ;D

Brno
"vir God, deur God en alles in Sy naam"
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by Jagtersdok »

Ek het die 2 doppe getoets met hoeveel druk(gewig) nodig is om te size. Beide was omtrent dieselfde. Ook interne volume omtrent dieselfde. 200 doppe (nuut) geweeg van beide en die variasie was ook nie veel verskillend nie. Anders as PMP wat heelwat dikker wand het, "swaarder" is om te size en kleiner interne volume het. Dit beinvloed fireforming bietjie nadelig. En wat konstantheid in dop gewig betref ek moes 600 doppe weeg om 50 te kry wat in dieselfde klas is. waar met die Remington en Winchester ek dit kon regkry met 200 doppe. Ek klas my doppe in gewigte van 0.2gr max variasie. Dus die swaarste dop is net 0.4gr swaarder as die ligste een in 'n batch
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by Jagtersdok »

dus tussen Remington en Winchester het ek gevind altwee is ewe goed. Fireform lekker, trim maklik, hou ewe lank. Nie pyne om te laai nie
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Theo E
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 333
Joined: Thu Feb 18, 2010 7:44 pm

Re: 270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by Theo E »

HI BRNO 308

EK HET N RUGER 270WIN EN DIT IS MY GUNSTELING JAG GEWEER.EK LAAT MY JAGTERS WAT NIE GEWERE HET OM MET HOM TE SKIET.
HET AL BAIE GEKWESTE BOKKE MET HOM PLAT GETREK ,NAAMLIK ELANDE KOEDOES EN WILDEBEESTE (MAAR SKOOT PLAASING IS ALTYD BELANGRIK) 
EK LAAI CCI 250 PRIMERS MET 50.5GR S365 MET 150GR PRO AMM PUNTE EN FRONTIER SE 150GR SPARTAN MET 48.5GR S365  (KAN NET NIE DIE SPOED ONTHOU SAL IN MY BOEK MOET KYK ) WINCHESTER DOPPE IS MAAR VAN DIE BESTE.
HET LANK TERUG MET N 7 X 64 GEJAG EN KAN NIE SLEG PRAAT VAN DIE KALIBER NIE
OP DIE EINDE VAN DIE DAG MOET JY GEMAKLIK WEES MET DIE ROER
HOOP JY MAAK N GOEIE BESLUIT
GROETE

THEO
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: 270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by pietjacobs »

Ek kry ook op die 130gr SST met S355 goeie resultate, maar nou wil ek die Rhino 160gr punt laai. Watse kruit sal julle aanbeveel moet ek meer begin vir die swaarder punt?

Dankie manne.
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: 270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by Stefan764 »

More kerels

Ek skiet self die 7x64 en ek kan waaragtag nie een klagte oor my geweer uiter nie. Ek het die Tikka Hunter Deluxe model wat dit n bitter mooi geweer ook maak.

Ek het die afgelope 8 jaar net die een geweer gehad en moes dus als met hom doen. En voorwaar, my jagtersalbum spreek boekdele. Springbok (die verste een n Rowland rammetjie op 280m platgetrek!), Blesbok, Swartwildebees, Gemsbok, Koedoebul, Blouwildebees en Elandbul (het n allemintige 450kg uitgeslag). Die punt wat ek wil maak, is dat die kaliber nie die groot faktor is nie. Ek dink 1) skootplasing en 2) keuse van projektiel gekombineer met spoed is die 2 belangrikste faktore. My Eland het ek met 173gr S&B ammunisie van die rak af geskiet. Die skoot was skuins van voor en het deur die bors en deur die hart penetreer. Bygese, die skoot was op 90 meter, so die spoed was op daardie stadium nog redelik hoog en met kwaliteit ammunisie kon die projektiel tot in die enjinkamer penetreer. Skiet nou dieselfde Eland, in presies dieselfde omstandighede, maar verander die afstand tot op 250m en ek kan jou amper belowe jy gan vrek lank soek aan daai selfde Eland as wat ek nou so lekker eet!! Dit is my beskeie mening... Jy gaan presies dieselfde regkry met n 30-06, n .308win, n 7x57 en verseker ook met n .270win. Ons almal weet tog dat die verskillende kalibers (wat in dieselfde klas val natuurlik) nie gemaak is om met die een beter as die ander een te skiet nie, maar bloot uit smaakverskil. En alles op die mark werk tog maar so... Dink hoe swaar sou dit gewees het as ons almal met Isuzu-bakkies moes ry en nie die vryheid van verskeidenheid gehad het nie...

Anyway, ek dwaal nou bietjie. Altwee is wonderlike kalibers. Menigte van my vriende sal nie sy .270win vir enige iets in die wereld ruil nie. So ook die paar ouens wat ek ken wat 7x64 skiet. Ek moet ook byvoeg dat ek nie een ou ken wat enige een van bogenoemde kalibers besit het en dit verkoop/verruil het vir ENIGE ander kaliber of enige een van die 2 nie, en dit se ook baie.

My lading die afgelope 6 jaar was soos volg, gezero op 100m (ons skiet baie bosveld):

PMP doppe (ja ek weet, ek weet, ek kan nie n 10mm grouping op 100 tree opi skietbaan kry nie, mar hulle het die werk in die jagveld vir my gedoen)
52gr S365 kruit
150gr PMP punte
CCI 200 primers

Hierdie (weereens my persoonlike opinie) was n goeie "all-round" lading vir tot op 200m. As dit verder raak word lyfskote op n bok n waagstuk, aangesien jy kinetiese energie begin verloor oor ek hom nie so vinnag laai nie. (Maar my loop hou dam bietjie langer....)


Ek het nou my lading verander vir volgende jaar se seisoen oor ons 3x Kalahari-jagtogte geboek het en die afstande meer na 200-300m gaan verskuif... En vanwee die feit dat die .375H&H Sauer se deposito so te se die 100% merk bereik het en die 7x64 oor so 2jaar uit en uit n vlaktegeweer gaan word (waarvoor hy tog entlik gebou is...)
Ek laai nou 139gr Hornady punte met 54gr S365 kruit. Bietjie platter met so rapsie meer woema... Sal mar sien hoe maak hy in die veld volgende seisoen. Lyk belowend op die papierbokke....

Nou ja manne, voor ek julle begin verveel (die paar wat nog WEL my stukkie kommentaar lees, haha!) gan ek groet met die volgende:

Dankie vir al die moontlikhede wat herlaai ons bied. Dit haal die meeste uit jou geweer en dit verbreed vereker jou opsies (vra mar die manne wat met n 30-06 van n 120gr tot n 220gr punt kan laai...), oorweeg dit sterk as jy nog nie self daardie bitter genotvolle en selfbevredigende stokperdie/tydverdryf opgeneem het nie.

Jagters-groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: 270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by PITSMIT »

dagse brno 308jagter

ek self skiet net met my .270win en alhoewel ek n .308 ook het vrek ek oor my .270.
ek skiet 140gr hornady sst interbond punte en laai hulle 50.8gr s365 wat my so 2836 v/sek gee en ek doen goed met dit. dis n baie lekker gewig vir die .270 wat net mooi tussen die ander twee gewigte perform. ek probeer nou juis my spoed bietjie opjaag en geno jagtersdok het al n punt of twee gegee om mee te begin. dalk moet kyk om s355 tegebruik want ek oorweeg s361 ook.

het iemand dalk raad met s355 vir my vir die 140gr

groetnis
pitsmit
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: 270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by fanie17 »

As jy na 270 en 7x64 se balisties kyk is die 7x64 net heeltyd n bietjie beter as die 270.Ek self het egter n 270 waar oor ek gek is.Skiet 140gr Rhino in pmp doppe 51.5gr S365 teen 2960fts en het baie goeie akuraatheid.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: 270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by James Wilson »

Danie .243 wrote: Die twee kalibers?  Nou laat ons sien.


Die 7X64 Brenneke in 'n diutse .270 Win, en 'n .270 Win is 'n amerikaanse 7X64 Brenneke.

My gedagte en 2c oor die twee puik en vermoende kalibers.

Danie
Danie, dis nou mooi opgesom. ek jag gereeld saam met n vriend met n 270 met n silencer. ons laai sy geweer 130grn Sierra pro hunter, skiet so 3000f/s met die silencer op. ek was al baie verstom oor wat hy hy al met gemak geskiet het met die kombinasie.  ek gaan vir my vrou n 270 HOWA koop as haar bevoegdheid gekom het. tog hou ek baie van die 7x64, ek onthou as n kind het Dr Lukas Potgieter in die lanbouweekblad in sy rubriek die boer en sy roer geskryf oor sy liefde vir die 7x64. as ek reg onthou het hy een keer gese dat as hy net 3 gewere mag he sal dit n: 7x64; 300H&H en n 375H&H wees.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 835
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: 270Win vs 7 X 64 Brenneke

Post by Drenalinjunkie »

Danie, dis nou mooi opgesom. ek jag gereeld saam met n vriend met n 270 met n silencer. ons laai sy geweer 130grn Sierra pro hunter, skiet so 3000f/s met die silencer op. ek was al baie verstom oor wat hy hy al met gemak geskiet het met die kombinasie.  ek gaan vir my vrou n 270 HOWA koop as haar bevoegdheid gekom het. tog hou ek baie van die 7x64, ek onthou as n kind het Dr Lukas Potgieter in die lanbouweekblad in sy rubriek die boer en sy roer geskryf oor sy liefde vir die 7x64. as ek reg onthou het hy een keer gese dat as hy net 3 gewere mag he sal dit n: 7x64; 300H&H en n 375H&H wees.
[/quote]

Nou praat jy baie goeie sense...
Post Reply