Die twee kalibers? Nou laat ons sien.
Die 7X64 Brenneke in 'n diutse .270 Win, en 'n .270 Win is 'n amerikaanse 7X64 Brenneke.
Die .270 Win is die enigste kal wat 'n ware 7mm punt skiet, ja, gaan meet maar gerus die punt dia met jou skuif passer, die punt se dia is net oor die 7mm, as ek reg kan onthou 7,02mm of so iets. Die 7X64 en al sy ander neefs bv. 7mm Rem Mag, 7mmSTW en die ander skiet almal 'n 7,2mm punt. Die 7mm is dus nie 'n 7mm nie.
Die 7X64 is in 1917 deur 'n ene Wilhelm Brenneke ontwerp, terwyl die .270 Win deur die Winchester fabriek in amerika vervaardig is in 1925. Winchester het die gewilde 30-06 dop van 1903, van die Springfield fabriek afgenek na .277 van 'n duim en so het die .270 Win die lig gesien. Dus het die Brenneke die voorsprong gehad, maar nooit die gewildheid behaal wat die .270 Win het nie.
As gekyk word na herlaai matrys verkope in die VSA is die .270 onder die top 10 kalibers.
Watter een is beter, wel as jy by die duitsers in Nambabwe

(NAMIBIE) gaan jag sal die 7X64 natuurlik die keuse wees, en as jy in Askam, Andriesvale en Mier se wereld gaan jag, sal die .270 weer die keuse wees.

Ek grap sommer.
Balisties is die twee so na aanmekaar dat dit sinneloos is om vuis te slaan oor die 2 kalibers. Wat wel waar is, is dat daar meer punt gewigte besklikbaar is in 7mm, of eerder .280 van 'n duim as in .277 van 'n duim. Wat wel 'n feit is, is die lekker vinnige plat skiet vermoe van die .270 Win gelaai met 'n lekker lang 130gr punt teen trompsnelhede van meer as 3000ft/sek.
Die amerikaanse jag en skiet rubriek skrywer en groot jagter, Jack O Conner was verslaaf aan die .270 en het net in dit geglo, en ek wil met hom saam stem. Soms het hy homself in die moeilikheid in gepraat oor die vermoe van die .270. Maar hy het later darem beaam dat as dit by die groot jag spesies kom, veral by die amerikaasne spesies met hul dik wol jasse soos bruin beer ens. , die .270 so bietjie lig in die broek is. Dink net aan die ou lekker dik maarhaar kombers om 'n groot leeu mannetjie se nek en blaaie. 'n .270 skiet bv. 'n leeu wyfie mors dood, maar sukkel om deur ou groot leeu oom se wol hare kombers te skiet.
My gedagte en 2c oor die twee puik en vermoende kalibers.
Danie