Lisensies

Post Reply
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Lisensies

Post by Armand Steenkamp »

Maar nou ja, gister het die 220Swift en die 577/450 Martini se lisensie kaartjies gekom. Soos meeste van julle weet was daar n voud met die Martini st kaliber. Op my Ouma se kaartjie het gestaan dit is n .32Rifle. En na ek n wapensmids verslag gekry het het Kobus van Jagtersreg my Motivering gedoen vir n 577/450 Kaliber. En wragtag staan daar op die lisensie by Kaliber .32 rifle !!!!!!! Nou ja, eks gatvol en baie lus om hom net so te los.
User avatar
Tertius Steyn
Full Member
Full Member
Posts: 241
Joined: Tue Jan 20, 2015 11:21 pm

Re: Lisensies

Post by Tertius Steyn »

Armand Steenkamp wrote:Maar nou ja, gister het die 220Swift en die 577/450 Martini se lisensie kaartjies gekom. Soos meeste van julle weet was daar n voud met die Martini st kaliber. Op my Ouma se kaartjie het gestaan dit is n .32Rifle. En na ek n wapensmids verslag gekry het het Kobus van Jagtersreg my Motivering gedoen vir n 577/450 Kaliber. En wragtag staan daar op die lisensie by Kaliber .32 rifle !!!!!!! Nou ja, eks gatvol en baie lus om hom net so te los.
Weet nie hoekom print hulle so verkeerd nie, my 9mm Parabellum is as n 9mm short gelesensiër, eish cfr....
Groete Tertius

Howa Stainless Varmint .243
Parker-Hale .303 Nr 4 mk 2
Baikal 12Br dubble loop
Beretta M92 9mm Parabellum.
Gecado mod 25 windbuks.
_____________________

From a place they can not see, Comes a sound they will not hear >:D
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Lisensies

Post by JTM »

JTM wrote:My Creedmoor aansoek vorder ook so stadig aan. Nounet vanaf SAPS opvolg sms gekry, "Receiving attention at Central Firearms Register"

Dus 26 Nov '15 ingedien, 30 Dec '15 by Provincial ontvang en vandag by Central. Kom ons hoop dit loop mooi vir Feb om afgehgandel te wees.

My gat jeuk al goed. Is al op my tweede draadborsel!

Nounet gebêl 'n slag. Tans is aansoek nog in vir oorweging, maar hoort volgende week deur te wees volgens beampte. Sal maar sien of dit gebeur, hou alle duime vas...
Het vandag 'n SMS gekry dat my lisensie gefinaliseer is. Dit klink darem soos goeie nuus vir my hopelik.
Jannie Welman
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Lisensies

Post by JTM »

Sien nou DFO Brackenfell slegs Maandag tot Woensdag oop vir publiek.
Jannie Welman
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Lisensies

Post by JTM »

My Howa 6.5CM is uiteindelik tuis. Nou kan ek ook slag weer begin speel.

Polisie het dit fyn gesny met die aansoek. Dit het hulle 88 uit 90 werksdae geneem om die aansoek te verwerk.
14599529934300.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jannie Welman
User avatar
Tertius Steyn
Full Member
Full Member
Posts: 241
Joined: Tue Jan 20, 2015 11:21 pm

Re: Lisensies

Post by Tertius Steyn »

JTM wrote:My Howa 6.5CM is uiteindelik tuis. Nou kan ek ook slag weer begin speel.

Polisie het dit fyn gesny met die aansoek. Dit het hulle 88 uit 90 werksdae geneem om die aansoek te verwerk.
14599529934300.jpg
Baie baie geluk JTM!, hopelik die maand nog kan ek my CZ 7x57 ook gaan haal, maar eish hulle vat hulle tyd...
Groete Tertius

Howa Stainless Varmint .243
Parker-Hale .303 Nr 4 mk 2
Baikal 12Br dubble loop
Beretta M92 9mm Parabellum.
Gecado mod 25 windbuks.
_____________________

From a place they can not see, Comes a sound they will not hear >:D
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Lisensies

Post by Gawie(13mm) »

Veels geluk Jannie.
Nou begin die " Pimp my gun!" ;D
Wat gaan jy vir ons wys wat ons.nog nie op ''n HOWA gesien het nie?
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Forester
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am

Re: Lisensies

Post by Forester »

My aansoek vir verdere bevoegdhede lê nou al 99 werksdae. Ek begin darem al replies kry op eposse, al word daar eintlik niks gesê nie. Vanoggend se antwoord lees as volg:"Your application is still being processed, feedback will be reported to you in due course." Met die eposse is Brigadier in ge'cc. Is daar nog iets wat ek kan doen?
Wynand

470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Lisensies

Post by JTM »

Dankie.

Nee wat ou Gawie, sal maar baie dieselfde resep soos die .243 wees. Ek gaan nie karring aan iets wat al bewys is nie.

Nou nog net om daai Pro Varmint se loopgrief groter te kry vir die dikloop. Hou nie van die rubber kolf voorkoms nie.
Jannie Welman
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2598
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Lisensies

Post by JohanvB »

My 6.5 ook gister goedgekeur...41 dae by CFR..wag nou vi my Kaarchie...
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Lisensies

Post by JacquesT (Stompe) »

Geluk kêrels, ek hoop om volgende week my Creed se liksens in te handig. Ek sal maar vir tyd en wil kwyl oor julle sin.
Bernhardt
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Sun Sep 13, 2015 8:28 am

Re: Lisensies

Post by Bernhardt »

Ek het my Glock 19 lisensie aansoek (self defence) die 18de Januarie 2016 ingehandig, op 18de Februarie het ek die message gekry dat dit by provincial DFO aandig kry, 29 Februarie dat dit by CFR aandag kry, 2 Maart dat dit by CFR aandag kry en dit is gister (6 April) goedgekeur. So nou sal ons sien hoe lank vat die kaartjie om terug te kom

Groete
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Lisensies

Post by JTM »

Geluk JohanvB en Bernhardt.

Ek het ook nog 'n pistool hernuwing en bevoegdheid in die pyplyn. Sal maar sien hoe dit vorder.
Jannie Welman
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Lisensies

Post by Eduard Venter »

14 Desember 2015 aansoek vir bevoegdheid ingegee. Vandag is hy goedgekeur net so voor huntex. Ek dink dit is heel billik.
User avatar
TheBus
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Fri Sep 11, 2015 2:59 pm

Re: Lisensies

Post by TheBus »

Bevoegdheid gister goedgekeur!

Proses Opsomming:

Ingehandig: 4 Feb 2016
DFO SMS: 5 Feb 2016
CFR 1st SMS: 24 Feb 2016
CFR 2de SMS: 3 Mar 2016
Goedgekeur (ingebel): 7 Apr 2016

Totale Dae: 64
Werksdae: 46

Nou kan die geweer aansoek loop!
User avatar
fanie.myburgh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm

Re: Lisensies

Post by fanie.myburgh »

Halo manne.

Nou net n sms gekry van CFR my aansoek kry nou aandag. Die lesensie is begin Feb in gegee naaste polisie stasie in Somerset Wes. Na n maand eers my kluis inspeksie kom doen en nog n maand later eers by CFR.

Is dit van nou af nog 90dae of vandat ek my lesensie ingehandig het?

Hoop maar hy kom vinnig.

Groete
heinie07
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Sat Jan 23, 2016 3:59 pm

Re: Lisensies

Post by heinie07 »

jis is bly vir almal wat hulle goed gekry het ek wag nog in spanne het die 3 feb laas its van cfr gehoor!!!
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Lisensies

Post by Eduard Venter »

heinie07 wrote:jis is bly vir almal wat hulle goed gekry het ek wag nog in spanne het die 3 feb laas its van cfr gehoor!!!
Bel maar gereeld. Ek het net aan die begin sms'e gekry. Hou maar so rukkie aan dan gee mens net jou ID nommer vir hulle.

Sent from my LG-H735 using Tapatalk
heinie07
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Sat Jan 23, 2016 3:59 pm

Re: Lisensies

Post by heinie07 »

Dankie eduard ek sal so maak dalk skruk hulle wakker
heinie07
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Sat Jan 23, 2016 3:59 pm

Re: Lisensies

Post by heinie07 »

oja kan mens hulle oor n naweek ook bel of moet ek maar wag vir in die week?
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Lisensies

Post by Eduard Venter »

heinie07 wrote:oja kan mens hulle oor n naweek ook bel of moet ek maar wag vir in die week?
Soos ek verstaan kan mens enige tyd bel. Hulle is soms bietjie traag om te antwoord maar in die aande het ek meestal reggekom.

Sent from my LG-H735 using Tapatalk
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1616
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: Lisensies

Post by Francoisv »

Ek het Des 2015 vir 'n loop as komponent aansoek gedoen. Ek wag nou nog, dit is steeds by CFR.

Ook vroeg in Maart aansoek by Pta-Oos ingehandig vir 'n geweer. Na 5 week nog nie eers op sisteem.

Haal diep asem.......


Sent from my iPad using Tapatalk
Francois Vogel
User avatar
HeinrichPrinsloo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 314
Joined: Mon Apr 16, 2012 3:09 pm

Re: Lisensies

Post by HeinrichPrinsloo »

Het vandag n nuwe aansoek ingesit - Sec16

Met die hulp van Kobus - Jagtersreg

Nou die lang wag
Don't get confused between my personality and my attitude

My personality is who I am, my attitude depends on who you are
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Lisensies

Post by JacquesT (Stompe) »

Ook 2 aansoeke sopas ingehandig.

Nou is dit soos pap gooi, sit terug, ontspan en moenie die heeltyd dink aan die vis wat moet byt nie.

Sterkte kerels.
User avatar
TheBus
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Fri Sep 11, 2015 2:59 pm

Re: Lisensies

Post by TheBus »

Het nounet n epos van die DFO gekry wat op die punt is om my 30.06 lisensie aansoek in te dien.

Hier is wat sy se: "Also take note that the calibre of this firearm is registered as a 30 remington rifle on our system and not a 30-06"

Volgens die wapenhandelaar is daar baie 30.06, 308 ens wat geregistreer is as 'n "30 remington rifle" en dit is nie 'n probleem nie.

Sal hulle nog die lisensie aansoek so verwerk of gaan daar probleme wees by die CFR?

Andersins wat staan my te doen?

Sal julle advies waardeer - Dankie!
Post Reply