Standaard .243 Win VS die .243 Ackley Improved

User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Standaard .243 Win VS die .243 Ackley Improved

Post by Janjak »

Daai AI met die 105 of 107 punte lyk vir my na besigheid.
Met daai BC.....
Hier praat die manne van die 6mmbr website ook daarvan. Hy doen dit egter met n gewone 243W.

http://www.6mmbr.com/243Win.html
"243 Win For Tactical Comps We asked GA Precision's George Gardner why he chose .243 Winchester for his Tactical Comp Gun. He replied, "Why would I run anything else? Think about it. I'm sending a .585 BC 115 at 3150 fps--that'll shoot inside the 6XC and .260 Rem with ease. I'm pretty sure I have found the Holy Grail of Comp Rifles. "

Danie, koste kan dalk n spanner in die werke gooi. Veral as jou 243 nou reeds so hard gooi. Gaan dit die Dies, Fireform ens regverdig?
Self sal ek eerder by die gewone 243 bly.
Krap en werk aan gewere bly maar lekker en ons kan dit gewoonlik enige kant toe motiveer.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Standaard .243 Win VS die .243 Ackley Improved

Post by Armand Steenkamp »

Ek worstel nou met die idee,maar die finansies lyk ma sleg.Dink ek moet maar eerder eers al die regte toolse en goete koop.
Dalk wanneer ek sy loop moet vervang ;D
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Standaard .243 Win VS die .243 Ackley Improved

Post by 243Songdaug »

Middag Danie.

Ek het by Oom Chris van Niekerk reggekom met 'n stel Wilson dies vir die Acley.  Die pryase is great - ons sukkel net tans om die Arbor press aan die hande te kry, maar dit gaan nie 'n probleem wees nie, ons wag net vir delivery nie.

Maki saak wat se 6mm jy gaan bou nie - 6mm bly koning!

Ek het nou al albei gehad en albei is fantasties, maar as ek moet s? sou ek die gewone 243 verkies het.  Persoonlike smaak - ewe akkuraat, ewe effektief.
Dont tell me, show me......
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Standaard .243 Win VS die .243 Ackley Improved

Post by Ponkie »

Manne

Ek weet hierdie topic gaan nou spesifiek oor die 243 AI, maar julle is die manne wat my sal kan reghelp, so julle sal dan hierdie post sien...
In die geval van 'n 22-250, is daar 'n baie groot verskil tussen die Ackley en die standard? Ekt nou lanklaas 'n 22-250 patroon vasgehou, maar ek verbeel my die standard 22-250 het alklaar sulke lekker plat skouertjies?

Jammer as ek nou onvanpas is, se net, dan maak ek maar 'n nuwe topic oop.

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Standaard .243 Win VS die .243 Ackley Improved

Post by Armand Steenkamp »

Ja Ponkie daars n redlike groot verskil.Sal gou kyk of ek n paar syfers vir jou met SA poeiers kan kry
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Standaard .243 Win VS die .243 Ackley Improved

Post by Armand Steenkamp »

Jis ponkie.  Standaard 22-250 met n 55gr punt loop so 3700fps hang ok nou ma van loop lengte en kruit en so an af.
Die ackley gan jou op n 55gr punt 4080fps ge.Oom Hendrik van Rensburg se die beste kruit is S355.S341 kan ook werk maar hulle se dit ge te gou druk probleme

Hoop dit help

Groete Armand
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Standaard .243 Win VS die .243 Ackley Improved

Post by Monrique (SJ) »

Wat kos so n Ackley conversion?? ??? ;D ???

Groetnis
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Standaard .243 Win VS die .243 Ackley Improved

Post by Francois Marais »

SJ

Skiet hier uit die heup uit, maar ek reken so R1000-R1500, die groot voordeel is jy hoef nie nuwe lisensie te kry nie, maar jy het amper n ander gun.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Standaard .243 Win VS die .243 Ackley Improved

Post by Monrique (SJ) »

FM

Shot man....  ;)

Groetnis
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Standaard .243 Win VS die .243 Ackley Improved

Post by tripodmvr »

As ek reg verstaan van 'n vriend van my is die Ackley 40 grade skouer juis daar om doprek te beperk. Nou moet jy net neck size en die Lee dies is voldoende om dit te doen. As jy nie reeds een het nie gaan dit jou R350 kos. Geen doprek so jy het nie FL sizer nodig nie. Lang doplewe en laer druk vir gelyke spoed. Akkuraatheid is blykbaar ook beter.

Tripod
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Standaard .243 Win VS die .243 Ackley Improved

Post by KalahariKlong »

SJ, daai klink mos na 'n plan.
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Standaard .243 Win VS die .243 Ackley Improved

Post by Monrique (SJ) »

KK

Ai man, sal dit sterk oorweeg as die loop klaar is!!  Nou moet daai kamer se merkie eers uit gepoleer word. Die plank moet nou eers mooi versien word!!! ;)

Groetnis
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Standaard .243 Win VS die .243 Ackley Improved

Post by Francois Briedenhann »

More ooms. 

Wat is ackley?dis dalk n dom vraag maar ek weet nie.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Standaard .243 Win VS die .243 Ackley Improved

Post by Louis102 »

Francois Briedenhann wrote: ... Wat is ackley?dis dalk n dom vraag maar ek weet nie ...
Francois, dis 'n ding wat jy maar kan doen om in te wees en saam te kan gesels.  Jy laat sny jou 243 se kamer groter/dieper met 'n "reamer" wat spesiaal vir die doel ontwerp is, sodat jou dop meer kapasiteit het en die skouers so bietjie skerper is en jy baie meer kruit kan ingooi voor die dop vol is.  Dan koop jy vir jou splinter nuwe matryse (die-set) om mee te herlaai, want jou oues gaan nou nie meer werk nie en jy gaan nie die ammunisie sommer op 'n geweerwinkel se rak kry nie.  Dan vuurvorm jy jou gewone 243 doppe om hulle hierdie ackley-vorm te laat aanneem, doen lading ontwikkeling dat jy so vinnig moontlik kan skiet sonder om jouself in gevaar te stel, laai swaarder ghoens met baie meer kruit om bietjie vinniger te skiet en hulle so 12m verder te laat trek voor die ghoens net soveel val as wat die standaard 243 sou regkry in trajek.  By die ligter ghoens is daar nie werklik soveel voordeel tussen die ackley en die standaard 243 nie, soos ek verstaan.  En dan het jy die op die koop toe voordeel dat jy meer gereeld 'n nuwe loop kan opsit, want jy gaan jou ackley so ietwat vinnger uitskiet as die standaard 243.

Dit is in kort hoe ek dit verstaan, maar ek is ook maar onkundig.  Miskien moet jy eerder na die raad van die slimmer ouens luister.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Standaard .243 Win VS die .243 Ackley Improved

Post by Francois Briedenhann »

Is dit nodig vir my wat net jakkies en wild skiet?as dit is wat kos dit om dit te laat sny of is dit beter en los my 243 standaard? 

Groete
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Standaard .243 Win VS die .243 Ackley Improved

Post by tripodmvr »

Ackley is om die lyfie van die gewone patroon swanger te maak. Die lengte van die patroon en kopspasie bly dieselfde, maar die lyf word silindries geboor met 'n 40 grade skouer. Nou kan meer kruit inkom en die tendens van die 243 om sy doppe do-nuts te laat vorm word grootliks uitgeskakel.

Die dop kan nou selfs slegs genecksize word en die gewone neck size die van Lee behoort nog te werk. Gewone 243 ammunisie kan nog afgevuur word, maar nie noodwendig met absolute akkuraatheid nie. Daarna kan die nuutgevormde dop herlaai word.

Ekself het nog standaard 243 maar die omskakeling klink baie logies. Mens hoef nie die spoed te jaag nie, maar die dopvorm kan akkuraatheid verbeter en doplewe baie verleng.

Tripod
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Standaard .243 Win VS die .243 Ackley Improved

Post by Louis102 »

Francois

Ek skiet net jakkalse met myne en hy is 'n standaard 243 en trek eintlik die Ackley manne se siel so bietjie uit.  

Hier is hoe ek dit verstaan in my opset:

Ek sien die pro's laat almal vir hulle ackley's bou, so daar is 'n geringe voordeel anders sou hulle dit nie doen nie.  As jy bv. 'n 70gr Blitzking skiet kry jy so 3500 fps uit jou standaard 243.  As jy 'n ackley het kan jy hulle seker tot 3800fps, miskien 3900fps jaag.  Nou die voordeel is dat jy met die ackley 'n teikengrootte van 'n jakkals so in die omgewing van 12m verder sal kan raakskiet sonder om af te mik.  (D.w.s. die ackley trek so 12m verder voor hy 2,5 duim val vanwaar jy mik, gemeet teenoor die standaard 243 as jy beide in die omgewing van 200-220m zero - met 'n 70gr punt en die spoed soos hierbo aangedui)  

Moeite werd om te laat Ackley?  As jy kan en jy wil, doen dit.  As jy twyfel, praat eers met diegene wat meer as ek weet.

Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Standaard .243 Win VS die .243 Ackley Improved

Post by Ponkie »

Armand

Dankie vir die terugvoer. Ek het intussen self ook met Oom Hendrik gepraat. Kom minstens 1-2 keer 'n week by Safari&Outdoor! Haha! Dis dan net om die draai hier van my af en klasloop is vir die voels!

Ek gaan my 22-250 eers Standaard hou en kyk wat ek uit hom kry. Is so opgewonde soos 'n laaitie wat se nuwe fiets oppad is!

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Standaard .243 Win VS die .243 Ackley Improved

Post by Armand Steenkamp »

Hahaha my fiets is reeds in die winkel! Moet nou license vir hom kry! ;)
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Post Reply