Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
dit is n goeie idee om n tool te maak waarmee jy eers jou kamerlengte kan meet en daarvolgens jou doplengte bepaal, ek maak so n tooltjie wat uitstekend werk .
Dit is die maksimum volgens SAAMI en CIP. Die maksimum in jou geval gaan deur jou geweerkamer se spesifieke demensies bepaal word. Bly maar by die maksimum wat jy wen nie veel deur verby dit te gaan nie. Die minimum word ook deur jou bepaal en die norm is om nie jou nek korter te maak as jou kaliber in die 30-06 se geval 7,82mm nie. Die 30-06 het n redelike lang nek so n mens kan maar redelik afhaal. Gebruik jou kortste dop binne perke en sny dan al die ander doppe na hierdie lengte.
Wouter is reg. Die lengte wat ek gegee het is die maksimum, so as die dop oor die lengte gaan begin die slot moeilik toemaak ens.
Ek sny egter na ek gesize het nooit korter as die lengte nie, jy kan maar dan moet jy weer volgens jou spesifieke kamer dimensies gaan bepaal hoeveel, ek dink nie mens kan iets wen hierdeur nie.
Daai lengte wat ek gegee het is om te verseker dat regoor die wereld 'n 30-06 dop met daai lengte in enige ou se 30-06 sal pas.