beste scope vir 22-250

Post Reply
PietBe
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Tue Apr 22, 2014 6:14 am

beste scope vir 22-250

Post by PietBe »

enige voorstelle vir 22-250. meestal vir teikenskiet. verkieslik nie meer as R25k. hoe ver kan mens suksesvol skiet met 22-250?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: beste scope vir 22-250

Post by Arnold »

Tweedehandse Nightforce.

Nuut kan jy kyk na Sightron SIII 6-24x50 ;)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13640
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: beste scope vir 22-250

Post by Capt. Yoda »

Hoor by Sangoma oor sy 8-32 Nigjtforce wat hy verkoop.Jy kan n 222 so ver skiet soos wat jy kan sien en tot waar die koel se spoed so 1200fps is.Met die regte koel (regte twist loop) sal 1000y nie te lank vat om by uit to kom nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1703
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: beste scope vir 22-250

Post by Vlakvark Soldaat »

Met so budget is jou keuses groot...maar met R/$ is jy effens geskroef...
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: beste scope vir 22-250

Post by Pinkes »

Ek het baie met my 22-250 1:14twist met 55gr VBT geskiet tot op 800m. Maar verder as dit nie
wil hy nie. Want die subsonic affekteer daai klein punt erg. Tussen 500-600
loop hy soos stroop. 8-32 sal ek ook verkies as dit meestal vir papier is.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: beste scope vir 22-250

Post by Eugene »

Pinkes wrote: 8-32 sal ek ook verkies as dit meestal vir papier is.
Ek wil nie hijack nie, maar dis tog effens relevant tot die topic...

Waarom beveel julle manne die 8-32 aan? Ek het 'n 8-32 en skiet selde op groter vergroting as 24, self tot op 1 myl. Is dit nie beter om eerder 'n 6-24 te gebruik en die groter interne verstelling ( ek dink dis meer as 10moa wat die 6-24 meer kan stel as die 8-32) te gebruik nie? Die S&B PM2 en die NF BEAST, het altwee 25 as maksimum vergroting en is seker 2 van die beste LA teleskope in die wereld. Wat is julle gevoel?
Aim small, miss small
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13640
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: beste scope vir 22-250

Post by Capt. Yoda »

Eugene wrote:
Pinkes wrote: 8-32 sal ek ook verkies as dit meestal vir papier is.
Waarom beveel julle manne die 8-32 aan?
Eugene ek skiet ook baie min met meer as 20 maar dit is lekker as jy 32 of 50 of 60x vergroting het om te gebruik as jy wil/kan. Een rede hoekom ek gese het om na die 32 te kyk is maar omdat mens baie meer 2nd hand 8-32NFe te koop raak loop as 5.5s en omdat daar n basies nuwe een te koop was vir 25k hier op die forum.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: beste scope vir 22-250

Post by Pinkes »

22-250 kan nie so ver skiet nie. Om tot by 1000m te kom gan hy seker 35moa nodig he. So daarvoor ht n 8-32 meer as genoeg. Hulle ht gewoonlik 60-70moa. As dit n lr geweer was sou ek ook gese ht gan v wat jy voorstel prokurower. As jou mirage ni pla dan kan jy 32 gebruik.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: beste scope vir 22-250

Post by Eugene »

Nee ek is net bang ek mis iets erens! Toe ek begin belangstel het in LR skiet, wou ek sommer 'n 10-50 koop, maar het intussen besef dat selfs in die winter, die mirage meestal van so aard is dat jy nie eers op 32 lekker kan sien nie. Ek het self twee 8-32 Sightrons, maar as ek nou weer moet koop, sal ek na iets soos 5-25 of 6-24 kyk....
Aim small, miss small
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13640
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: beste scope vir 22-250

Post by Capt. Yoda »

Pinkes wrote:22-250 kan nie so ver skiet nie. Om tot by 1000m te kom gan hy seker 35moa nodig he. So daarvoor ht n 8-32 meer as genoeg. Hulle ht gewoonlik 60-70moa. As dit n lr geweer was sou ek ook gese ht gan v wat jy voorstel prokurower. As jou mirage ni pla dan kan jy 32 gebruik.
Of jy gaan groot en sit n 10-60 Mach op ne
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: beste scope vir 22-250

Post by Sangoma (IAN) »

[quote="Capt. Oblivious"]

Of jy gaan groot en sit n 10-60 Mach op ne

PFFFFT! :'( :o
acssa
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 345
Joined: Mon Jun 16, 2014 5:50 pm

Re: beste scope vir 22-250

Post by acssa »

[quote="PietBe"]enige voorstelle vir 22-250. meestal vir teikenskiet. verkieslik nie meer as R25k. hoe ver kan mens suksesvol skiet met 22-250?[/quote

Ek dink jy sal n IOR 6-24x56 FFP kan koop vir daai geld by Matoska. (onthou net dis n swaar scope)
PietBe
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Tue Apr 22, 2014 6:14 am

Re: beste scope vir 22-250

Post by PietBe »

dankie almal vir insette. ek oorweeg zeiss 5-25 conquest of betaal meer en gaan vir swaro z5 5-25?
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: beste scope vir 22-250

Post by Jaco v Zyl »

Ivm die swarovski,hou ingedagte dat hy ontwerp is vir n jagteleskoop.As jy nie te ernstig langafstand teikenskiet nie, kan hy seker week.
PietBe
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Tue Apr 22, 2014 6:14 am

Re: beste scope vir 22-250

Post by PietBe »

enige kommentaar oor die zeiss conquest.?
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: beste scope vir 22-250

Post by joe rocket »

Jy kan maar die zeiss koop. Rapid Z reticle 65 moa interne verstellling, glas mooi helder en die prys is goed. Strepe van kruishaar is lekker fyn en is gekalibreer vir 22-250
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Post Reply