beste scope vir 22-250
-
PietBe
- Newbie

- Posts: 29
- Joined: Tue Apr 22, 2014 6:14 am
beste scope vir 22-250
enige voorstelle vir 22-250. meestal vir teikenskiet. verkieslik nie meer as R25k. hoe ver kan mens suksesvol skiet met 22-250?
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: beste scope vir 22-250
Tweedehandse Nightforce.
Nuut kan jy kyk na Sightron SIII 6-24x50
Nuut kan jy kyk na Sightron SIII 6-24x50
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13640
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: beste scope vir 22-250
Hoor by Sangoma oor sy 8-32 Nigjtforce wat hy verkoop.Jy kan n 222 so ver skiet soos wat jy kan sien en tot waar die koel se spoed so 1200fps is.Met die regte koel (regte twist loop) sal 1000y nie te lank vat om by uit to kom nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Vlakvark Soldaat
- Hero Member

- Posts: 1703
- Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am
Re: beste scope vir 22-250
Met so budget is jou keuses groot...maar met R/$ is jy effens geskroef...
Louis
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
-
Pinkes
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am
Re: beste scope vir 22-250
Ek het baie met my 22-250 1:14twist met 55gr VBT geskiet tot op 800m. Maar verder as dit nie
wil hy nie. Want die subsonic affekteer daai klein punt erg. Tussen 500-600
loop hy soos stroop. 8-32 sal ek ook verkies as dit meestal vir papier is.
wil hy nie. Want die subsonic affekteer daai klein punt erg. Tussen 500-600
loop hy soos stroop. 8-32 sal ek ook verkies as dit meestal vir papier is.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: beste scope vir 22-250
Ek wil nie hijack nie, maar dis tog effens relevant tot die topic...Pinkes wrote: 8-32 sal ek ook verkies as dit meestal vir papier is.
Waarom beveel julle manne die 8-32 aan? Ek het 'n 8-32 en skiet selde op groter vergroting as 24, self tot op 1 myl. Is dit nie beter om eerder 'n 6-24 te gebruik en die groter interne verstelling ( ek dink dis meer as 10moa wat die 6-24 meer kan stel as die 8-32) te gebruik nie? Die S&B PM2 en die NF BEAST, het altwee 25 as maksimum vergroting en is seker 2 van die beste LA teleskope in die wereld. Wat is julle gevoel?
Aim small, miss small
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13640
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: beste scope vir 22-250
Eugene ek skiet ook baie min met meer as 20 maar dit is lekker as jy 32 of 50 of 60x vergroting het om te gebruik as jy wil/kan. Een rede hoekom ek gese het om na die 32 te kyk is maar omdat mens baie meer 2nd hand 8-32NFe te koop raak loop as 5.5s en omdat daar n basies nuwe een te koop was vir 25k hier op die forum.Eugene wrote:Waarom beveel julle manne die 8-32 aan?Pinkes wrote: 8-32 sal ek ook verkies as dit meestal vir papier is.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Pinkes
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am
Re: beste scope vir 22-250
22-250 kan nie so ver skiet nie. Om tot by 1000m te kom gan hy seker 35moa nodig he. So daarvoor ht n 8-32 meer as genoeg. Hulle ht gewoonlik 60-70moa. As dit n lr geweer was sou ek ook gese ht gan v wat jy voorstel prokurower. As jou mirage ni pla dan kan jy 32 gebruik.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: beste scope vir 22-250
Nee ek is net bang ek mis iets erens! Toe ek begin belangstel het in LR skiet, wou ek sommer 'n 10-50 koop, maar het intussen besef dat selfs in die winter, die mirage meestal van so aard is dat jy nie eers op 32 lekker kan sien nie. Ek het self twee 8-32 Sightrons, maar as ek nou weer moet koop, sal ek na iets soos 5-25 of 6-24 kyk....
Aim small, miss small
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13640
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: beste scope vir 22-250
Of jy gaan groot en sit n 10-60 Mach op nePinkes wrote:22-250 kan nie so ver skiet nie. Om tot by 1000m te kom gan hy seker 35moa nodig he. So daarvoor ht n 8-32 meer as genoeg. Hulle ht gewoonlik 60-70moa. As dit n lr geweer was sou ek ook gese ht gan v wat jy voorstel prokurower. As jou mirage ni pla dan kan jy 32 gebruik.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Sangoma (IAN)
- Hero Member

- Posts: 1320
- Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
Re: beste scope vir 22-250
[quote="Capt. Oblivious"]
Of jy gaan groot en sit n 10-60 Mach op ne
PFFFFT!

Of jy gaan groot en sit n 10-60 Mach op ne
PFFFFT!
-
acssa
- Sr. Member

- Posts: 345
- Joined: Mon Jun 16, 2014 5:50 pm
Re: beste scope vir 22-250
[quote="PietBe"]enige voorstelle vir 22-250. meestal vir teikenskiet. verkieslik nie meer as R25k. hoe ver kan mens suksesvol skiet met 22-250?[/quote
Ek dink jy sal n IOR 6-24x56 FFP kan koop vir daai geld by Matoska. (onthou net dis n swaar scope)
Ek dink jy sal n IOR 6-24x56 FFP kan koop vir daai geld by Matoska. (onthou net dis n swaar scope)
-
PietBe
- Newbie

- Posts: 29
- Joined: Tue Apr 22, 2014 6:14 am
Re: beste scope vir 22-250
dankie almal vir insette. ek oorweeg zeiss 5-25 conquest of betaal meer en gaan vir swaro z5 5-25?
- Jaco v Zyl
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm
Re: beste scope vir 22-250
Ivm die swarovski,hou ingedagte dat hy ontwerp is vir n jagteleskoop.As jy nie te ernstig langafstand teikenskiet nie, kan hy seker week.
-
PietBe
- Newbie

- Posts: 29
- Joined: Tue Apr 22, 2014 6:14 am
Re: beste scope vir 22-250
enige kommentaar oor die zeiss conquest.?
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: beste scope vir 22-250
Jy kan maar die zeiss koop. Rapid Z reticle 65 moa interne verstellling, glas mooi helder en die prys is goed. Strepe van kruishaar is lekker fyn en is gekalibreer vir 22-250
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.