Bosvark Roer

Hannes H
Newbie
Newbie
Posts: 47
Joined: Fri Jul 18, 2014 8:04 am

Re: Bosvark Roer

Post by Hannes H »

Wat van die CZ 527 Carbine in 7.62x39 (AK47). Lyk baie hanteerbaar met min recoil. 18.5" lopie met 1:9 twist en boks 'n magesyn. Klink na net die roer vir 'n vark!

Sien Wildman hou hulle aan teen R16995.

http://cz-usa.com/product/cz-527-carbine-223-rem/
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Bosvark Roer

Post by savage(P Coetzer) »

Ek het al met my mini 14, 30-30 en 303 met sintetiese kolf bosvarke geskiet hier op die plaas en om eerlik te wees klop die 303 die ander los hande in my oe. 10 skote in magazyn teen die 5+1 van die 30-30 tel baie! Het een aand 7 bosvarke met 9 skote met die 303 geskiet. So 3mnde terug het 3 bosvarke weggekom nadat ek die 30-30 gehad het. Is seker ek sou almal kon laat bloei met die 303. Met die mini 14 kry jy n valse idee van genoeg ammo al het jy n 30 skoot magasyn in. Om een of ander rede mik ek nie so sekuur soos met min rondtes nie. Skiet sommer 7 skote op n vark en voor jy jou kan kry is 30 skote op 4 varke geskiet. Sal nie saam honde jag met n 3006 nie. Oor penetrasie kan dalk n hond kos.
Ritchie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 444
Joined: Mon Sep 15, 2014 12:00 pm

Re: Bosvark Roer

Post by Ritchie »

Dankie Hak en Savage

Met verdere navorsing het ek agter gekom dat n semi auto (AR15) bietjie aan die duur kant gaan wees.

Die 303 opsie begin nou al hoe meer na die regte een te lyk. Sal verseker my sak beter pas en kan dan lekker red dot optics opsit.
Lei Aan Ernstige B.O.K
Biskruit Ontbrandings Koors!
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Bosvark Roer

Post by JJV »

Norinco AR223 gn jou R11500 kos, Marlin 30-30 is R10000, By Classic arms koop jy ou .303 vir R2500!
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Bosvark Roer

Post by Alwin »

karoo.vellies wrote:Is dit wettig in SA om met semi auto gewere te jag?
Jy moet maar jou provinsiale ordonansie gaan lees. Hier in Limpopo mag die gewone jagter nie wild met 'n semi-outo jag nie. Bosvarke is egter nie as wild geklasifiseer nie, dus mag jy. Selfde vir nagjag. Grondeienaars is natuurlik ook toegelaat met 'n semi, selfs op wild.

Van al die opsies genoem dink ek die 223's, 300 BLK's en 7,62x39 is die minste geskik vir bosvarke. Onthou dat skote gereeld op baie kort afstande is, en dat varke nogal aggresief kan raak, veral as dit 'n sog met kleintjies is. Gebruik iets met meer woema.

Die 303 is altyd 'n goeie opsie, veral as fondse beperk is. 'n Omgeboude geweer met kort loop en knaldemper kan baie handig wees van 0 tot 150m. Hier in my omgewing word die meeste bosvarke waarskynlik met sulke 303's geskiet.

Daai 30-06 pompaksie teen R6500 is uitstekende bosvark medisyne. Ek vermoed dis onder kosprys.

My persoonlike keuse sal 'n Marlin 45-70 wees, met lae vergroting (1-4x) teleskoop met verligte kruisdraad. 'n "Red dot sight" kan ook puik werk, veral op die vinnige hardloopskote. Ten spyte van die geweer se "stoot" (nie byt nie) is hulle verbasend vinnig met opvolgskote, mits die operateur geoefend is.

Ek self het 'n klompie bosvarke met 'n 375 H&H geskiet. Nie ene het meer as 1 skoot nodig gehad nie. 'n Kennis, wat hulle in sy mielielande jag, wel sy honde jaag hulle uit, sweer by sy 404 Jeffrey. Tot dusver het die varkies nie met hom kom argumenteer daaroor nie... ++>:
karoo.vellies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 76
Joined: Sat Jul 11, 2015 5:43 pm

Re: Bosvark Roer

Post by karoo.vellies »

Ja ek het 'n 303 wat ek nog wil laat oorbou in 'n beter jaggeweer, huidiglik is hy nog standaard, maar meeste mense se om so 303 te sporter is nie 'n goeie idee. Ek verstaan jy kan seker 'n nuwe geweer koop vir die selfde prys, maar ek het hom nou en hy moet werk. Dink ook hy sal goeie bosvark geweer maak.
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Bosvark Roer

Post by savage(P Coetzer) »

Om n 303 bosvark ready te maak gaan nie meer as R2000 kos nie. Ati plastic kolf en loop so paar duim korter. Kan nie beter nie.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Bosvark Roer

Post by spekieries »

Loer bietjie na die .303 "Scout" geweertjie op die Magnum se voorblad. Dit kan 'n wenresep wees.
Post Reply