Doppe se Leeftyd

Post Reply
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Doppe se Leeftyd

Post by BLOK »

Ek wonder net wat is die gemiddelde hoeveelheid keer wat mens doppe kan gebruik om te herlaai. Ek glo dit sal verskil van kaliber tot kaliber en ook van een vervaardiger na n ander en van die drukking waarteen herlaai word. Maar iewers is seker tussenin n gemiddeld. Ek het in die week iemand op die baan gekry wat ook met 300H&H skiet en volgens hom is al sy doppe al meer as 20 keer herlaai hy begin nou sukkel met sy groeperings gaan nou nuwe doppe koop. Is dit algemeen om n dop so baie te laai of is hierdie n uitsonderlike geval.

Ek luister.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2474
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Doppe se Leeftyd

Post by Nico Harris »

Ek gebruik winchester doppe vir my 30-06 en hulle is al 9 keur geskiet-as ek hulle nou laai is dit die 10nde keur! hulle lyk nog soos die dag wat ek hulle gekoop het! my pa se 375 h&h doppe het ek nou al 5 keur gelaai en hulle lyk ook nog perfek! my broer se 7x57 se doppe laai ek so 7 keer dan begi n van hulle groet en dan koop ek n nuwe batch- die geweer het n baie groot kamer en doppe rek baie!

groete

nico
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Doppe se Leeftyd

Post by Stefan764 »

Blok ek sou reken 10 is n goeie gemiddeld om vanaf te werk.

Hoe styf jou kamer is gaan n verskil maak en dan natuurlik ook of jy vol size of neck size.

Ek vol size elke keer en ek het n stelletjie van so 30x PMP doppe wat ek nou die 16e keer gelaai het. Ek gebruik hulle glad nie meer vir groepe skiet nie, net vir "loopwarmmakers". Het wel vir die grap noudiedag 3x van hulle random uitgekies, gelaai en toe met 139gn SST n 6,4mm groep geskiet. Kyk onder Trofeepapierbokke, hys da.

Groetnis
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Doppe se Leeftyd

Post by Monrique (SJ) »

Ek sou reken dat die norm seker so tussen 8-12 keer se herlaai is. Afhangend met watter kal. jy skiet, jou kamer se grote is en of jy vol size of slegs nek size.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Doppe se Leeftyd

Post by BLOK »

Dankie manne

Aangesien ek maar nog nuut is met die herlaai ding wil ek nie kanse vat nie en toe die man vir my se 20 keer toe vat ek dit maar met n knippie sout. My vorige stel doppe het ek almal 10 keer herlaai en toe eenkant gesit ek voel vir veiligheid dat hulle hul kant gebring het.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Doppe se Leeftyd

Post by Monrique (SJ) »

Hier naby my is n man wat met sy 25-06, Remington doppe skiet, en hulle is al 15x herlaai. Sover ek weet nek size hy net, maar na elke 5 herlaai vol size hy weer 1 x keer.
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: Doppe se Leeftyd

Post by Boesman »

Dagse manne

Kyk bietjie na hierdie link. stevespages.com/caselife.html
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Doppe se Leeftyd

Post by THOMAST »

Ek het my eerste lot Lapua doppe 22 keer herlaai.
Die doppe se nekke is na elke 4de herlaai met hitte behandel . Die lading was nie uitermatig hoog gewees nie (7mm08). Ek het begin voel dat die slagdoppies met minder drukking geseat word en toe maar vervang. Ek het baie moeite aangegaan om te sorg dat die gelaaide patrone net-net in die kamer gepas het, maar darem nog goed funksioneer.
My 7mm Mag se Norma doppe het ek omtrent 12 keer herlaai voordat hulle begin moeg raak het. Die ou roer se kamer was maar ook aan die groot kant en die doppe is harder gewerk.
Post Reply