New Long-Range Scopes from Swarovski and Leica

CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Re: New Long-Range Scopes from Swarovski and Leica

Post by CarelG »

More more,

Ek het n X5 en het die naweek vir die eerste keer bietjie met hom gaan speel! Vir my is die teleskoop ONGELOOFLIK... Ek het n paar Swarovski's, maar die X5 is iets uit n ander wereld! Hierdie teleskoop se helderheid kan mens nie vir iemand verduidelik nie, veral op verder afstande, ons het hom getoets op afstande van 100m tot 970m en hy het almal wat saam geskiet het verstom, sy verstelling was ook elke keer presies....dit het amper te maklik gevoel en of mens kroek met die teleskoop ++>:

Ek het n March ook en kon die twee lekker teen mekaar opweeg. Die March staan glad nie vir die X5 terug nie maar ek moet eerlik wees en se die X5 klop hom op helderheid en ook op field of view. Oor die verstellings tussen die twee kan ek regtig nie kommentaar lewer nie want albei het op verskillende afstande presies verstel.My Swarovski en March se maksimum vergroting is albei x25 en dit het ook daar gevoel of die Swarovski se x25 groter vertoon as die March se x25.

Oom Koos sy vertellings meganisme is baie groot maar vir my het dit verstelling maklik, vinning en duidelik gemaak.

n Groot jammerte is dat die X5 nie in FFP kom nie en ek dink dit kan hulle verkope benadeel, vir iemand wat net in n FFP teleskoop belangstel sal ek verseker die March voorstel!

Jaaaaa die X5 is flippen duur maar na die naweek het ek van sy prys vergeet ( ok ok amper vergeet, nie heeltemal nie) en voel ek vir my is hy sy geld werd!

Ek oorweeg dit sterk om twee van my Z6'e te verkoop om nog so outjie aan te skaf ;D ;D

Groete
Carel
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: New Long-Range Scopes from Swarovski and Leica

Post by Geno »

Dankie Carel.
Jou March se max vergroting is 24, nie 25 soos gemeld in jou post nie.
Die Swaro se F.O.V sal ook groter wees omrede hy 'n 56mm lens voor het teenoor die 52mm lens van jou March.
Goed, beter, 6millimeter!
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: New Long-Range Scopes from Swarovski and Leica

Post by Koos Barnard »

Dag Carel
Ja ek het skoon vergeet, ek sou ook FFP in die X5 verkies het. Ek werk nou al 'n rukkie met 'n Vortex wat 'n FFP-kruishaar het en wens nou meer van my scopes het sulke kruishare gehad. Met my oë sukkel ek om die verskil in helderheid te sien tussen my twee Z6é en die X5. Maar ek is bly dat jy so in jou skik is met die X5. Geniet hom. Die presisie van verstelling is die X5 se groot bate in my oë.
Mooi loop
CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Re: New Long-Range Scopes from Swarovski and Leica

Post by CarelG »

Geno wrote:Dankie Carel.
Jou March se max vergroting is 24, nie 25 soos gemeld in jou post nie.
Die Swaro se F.O.V sal ook groter wees omrede hy 'n 56mm lens voor het teenoor die 52mm lens van jou March.
Oja sorry Geno ++>: ++>: maak nie n fout nie eks nogsteeds mal oor die March

Dankie Oom Koos...
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: New Long-Range Scopes from Swarovski and Leica

Post by Kalahari »

Baie dankie oom Koos, CarelG, Geno vir julle info.
Wat so lekker is met al die kennis op die forum, jy vra een vraag en dan kry jy antwoorde wat akkuraat is en jou baie help met besluite.
Waardeer dit.

Carel, hoe lyk die kruishaar se dikte vir jou op die afstande soos julle geskiet het, goed genoeg om fyn te mik?
CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Re: New Long-Range Scopes from Swarovski and Leica

Post by CarelG »

More Kalahari,

Op die baan het ek nog net tot op 300m na n 1 duim kol geskiet en kon ek dit gemaklik doen. Hys nie so fyn soos die BRX kruishaar van Swarovski nie, hy kan dalk net soos die BRH kruishaar wees....dalk bietjie fyner. Die naweek het ons na vlakvarke geskiet en so paar groot klippe wat langs die lande gele het maar hy het baie mooi gewerk, nie een keer gevoel hys te dik nie.

Groete
Carel
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: New Long-Range Scopes from Swarovski and Leica

Post by Kalahari »

Dankie Carel
Post Reply